Author Topic: Verbastering van Volkspoësie.  (Read 5563 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Verbastering van Volkspoësie.
« on: November 07, 2018, 12:34:52 AM »
Uittelrympies:  Dit is rympies wat kinders tydens groepspeletjies ritmies opsê. Soms is van die uittelrympies totaal onverstaanbaar weens verbastering. Ek deel 'n paar sprekende voorbeelde van hoe uit die 'brokke en skerwe' van reeds bestaande rympies, nuwes kon ontstaan:  :icon_biggrin:

Ellietjie, kelellietjie kelykeklok,
Uitgestole uit die hok,
Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, ag, nege, tien,
Die beul blaas op sestien.
 
(Zastron).

Bik, boek, baas,
Een pond kaas,
Eet dat jy nie meer kan in kry,
Dan is jy vry.
 
(Die Huisgenoot, 17 Maart, 1924, bl. 29).

Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe,
Om die hoek van mama's skewe,
Ongeluk - dientje, ongeluk - daantje
Môre kraai die honderhrantjie.
Kejoeps! Suiker en kaneel 
 
(Die Huisgenoot, Jan. 1923 bl. 384)

Hoendertjie, kapoendertjie, gebraaide spek;
Die man op strooi,
Ver van die huis af is so mooi.
Tot by tot, hamba sot,
Jan Kapelonie, op-sy-dot.
 
(Die Huisgenoot, Des. 1922 bl. 334).

Een, twee, drie, vier, vyf, ses,
Sewe, ag, nege, tien, en elf,
Die koning van Delf,
Die koning van Dort,
Gaan jy maar vort.
 
(Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335).

Drie dae melkrys,
Drie dae vry,
Ses soldaatjies op 'n ry.
 
(Die Huisgenoot Des. 1922 bl. 334.)

Een patat, twee patat,
Drie patat, vier;
Vyf patat, ses patat,
Sewe patat weer. 
 
(Die Huisgenoot, Jan. bl. 385.)

Ek is ek en jy's my gek,
Bonte vark en dikke spek,
Alles in 'n groot swart pot,
Vat dit en jy het die vrot.
 
(Die Huisgenoot Des. 1922 t.a.p.)

Een, twee, drie,   
My moeder heet Marie,   
En heet sy nie Marie,   
Dan heet sy tog een, twee, drie.   

(Tante Kota, bl. 29, Worcester)

Onder die groene bome,
Daar leg 'n Engelse skip.
Die Fransman is gekome,
Hy is so gek as ek;
Hy dra 'n hoed met pluime,
Gans bedek met lint en strik.
Kom laat ons telle
Onder onse selwe:
10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100.
Ou Delima blaas op sestien.

Ena dena kat op sena, solder jana,
Polka pana, elsie pelsie, troef!
 
(Die Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335.)

BRON:
https://www.dbnl.org/tekst/toit004suid01_01/toit004suid01_01_0004.php
 
« Last Edit: November 08, 2018, 05:12:03 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #1 on: November 07, 2018, 06:27:40 AM »
Wat is 'n telrympie?
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #2 on: November 07, 2018, 08:53:21 AM »
Anton, kan jy onthou dat ons as kinders wanneer jy wou kyk wie bly oor, of wie is 'aan', 'n uittelrympie gehad het nl. olka bolka? Dit was ook 'n uittelrympie. Die kinders staan in 'n ry met hulle vuisies toegemaak. Dan het iemand die rympie opgese en op elke hand geklap. As die rympie se laaste woord ge-eindig het met 'n klap op jou hand moes jy daai hand agter jou rug hou. So het die uittelrympie aangehou tot een persoon oorgebly het as ek reg onthou.

Van hierdie telrympies was soms speel-speel vir klankoefeninge gebruik en baie van dit is aangepas uit ander tale en vandaar die 'verbastering'. Van die uittelrympies was ook tongknopers.

Heel dikwels dien getalle as uittel-eenhede, maar daarnaas ook die name van voorwerpe: diere, spyse en dranke, kledingsstukke, liggaamsdele, verwantskapsname, en selfs eiename.

Ek haal aan:

'... Sewentig jaar gelede, volgens Schonken bl. 66, was hierdie rympie 'n spreekoefening op skool. Hier volg Schonken se versie naas die van Die Huisgenoot:

Arme Flippie, hy kon slokke grote blokke,
'n Koei met 'n kalf,
'n Dooie perd en 'n half,
'n Honderd skape,
'n Berg vol rape.
En tog kon die arme Flippie
Van honger nie slape.
 
(Die Huisgen. Jan. 1923, bl. 385.)
 
‘My pa bou 'n huis’ is een van die mees wyd en syd verbreide uittelrympies in Suid-Afrika. In Nederland skyn hy onbekend te wees,

My vader het 'n huis.
In die huis is 'n kamer
In die kamer is 'n kas
In die kas is 'n laai,
In die laai is 'n brief,
In die brief staan geskrywe:
Jan Kalintjie hoenderdief.
 
(Die Huisgenoot, Des. 1922.)
« Last Edit: November 07, 2018, 12:54:00 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #3 on: November 07, 2018, 11:45:19 AM »
Dit is baie goed gedoen Raaitjie.  Ek erken die uittelrympies waarmee ons groot geword het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #4 on: November 07, 2018, 12:30:41 PM »
Olke bolke riebieke stolke
Olke bolke knor
Airy cherry chickery cherry
Airy cherry tjorts.

Koljander, koljander
So deur die bos
My mamma en pappa kook lekker kos
My boetie verstik aan 'n druiwe tros
Ek nou's die duiwel los.

Twee van ons rympies.
Die tweede een het twee gestaan met hande in die lug voor hulle terwyl almal onderdeur hardloop. Op die woord "los" het hulle hulle hande last sak en die een wat dan onder is "gevang"

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #5 on: November 07, 2018, 12:53:19 PM »
Ek lief ons taal julle. Ek onthou nog so goed hoe ons deur die hande-dakkie gaan Naas! Ons was vanaand al in die bed toe probeer Outop en ek nog uittelrympies onthou. Nou snork die ou al en ek is wawyd wakker  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #6 on: November 07, 2018, 12:57:31 PM »
So jy het hom uitgetel...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #7 on: November 07, 2018, 01:02:46 PM »
Ek Olka bolka nog toe die snork die ou al langs my   :toothy4:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #8 on: November 07, 2018, 03:54:11 PM »
Dit is 'n moege man wat so slaap.   :icon_biggrin:


Wat van:  Eina deina dana das
skotla weina wana was
ink pink poeding stink   ???


Wat van die a,b,c?


A-Abel
B-Babel
C-Cnoffel             
D-Doffel               
E-Edelman         
F-Fijgeman
G-Goudsmit       
H-Hoenderdief
I-Inkpot                 
K-Kandelare
L-Langbeen
M-Mospot         
N-Neutekraker
O-Olifant             
P-Piepnes           
Q-Quagga           
R-Roert-die-pot
S-Skuim-die-pot
T-Trommeldik
T-Tafelmaker
U-Uil
V-Vlermuis
W-Wamaker     
X-Eks, Y, zee,
Dit is die laaste van die a,b,cee.
 
« Last Edit: November 07, 2018, 07:15:18 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #9 on: November 07, 2018, 07:14:03 PM »
Ek dink die rympies is so wyd soos kinders se verbeelding.

ienkie pinkie ponkie
Oupa ry n Donkie
Ouma roep
Donkie poep
Oupa slaan die klonkie

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: November 07, 2018, 07:35:17 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #10 on: November 07, 2018, 07:16:13 PM »
Dit is steeds groot pret om te speel met die abc.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #11 on: November 07, 2018, 08:45:35 PM »
Soos van ouds kon ek nie wag om te kom loer wie het wat aangedra nie. Lief dit!  :love7: :hello2:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #12 on: November 08, 2018, 05:07:39 AM »
Moontlik die kortste voorbeeld van ’n uittelrympie is:

Huis
Paleis
Pondok
Varkhok!

Hierdie vierwoord-rympie word egter meestal nie as ’n gewone uittelrympie gebruik nie, maar eerder om grappenderwys mense se kamtige woonplekke aan hulle toe te ken. Iemand met vier knope aan ’n hemp sal byvoorbeeld gestuur word om tussen die varke te gaan woon, terwyl iemand met ses hempsknope sy swierige woonplek met die koninklikes sal kan deel (in ’n paleis). In die laasgenoemde geval sal die ses knope só afgetel word: Huis — Paleis — Pondok – Varkhok – Huis — Paleis!

Bron: http://www.mieliestronk.com/uuu_uittelrympies.html

Hier is nog 'n paar wat julle (PM en Naas) lankal gedeel het:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3956.0
 
« Last Edit: November 08, 2018, 06:14:02 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #13 on: November 09, 2018, 01:23:23 PM »
Dit is jammer dat vandag se kinders soveel ander dinge het om te doen as om buite te speel.  Al die ou speletjies wat soveel tradisie het uit ons verlede.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verbastering van Volkspoësie.
« Reply #14 on: November 10, 2018, 10:50:15 AM »
Ons weet darem heelwat van ons erfenis uit toeka se dae word hier bewaar en waardeer liefste forummoedertjie  :love7: