Die Biblioteek > Liedjies uit die oude doos

Verbastering van Volkspoësie.

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Uittelrympies:  Dit is rympies wat kinders tydens groepspeletjies ritmies opsê. Soms is van die uittelrympies totaal onverstaanbaar weens verbastering. Ek deel 'n paar sprekende voorbeelde van hoe uit die 'brokke en skerwe' van reeds bestaande rympies, nuwes kon ontstaan:  :icon_biggrin:

Ellietjie, kelellietjie kelykeklok,
Uitgestole uit die hok,
Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, ag, nege, tien,
Die beul blaas op sestien.
 
(Zastron).

Bik, boek, baas,
Een pond kaas,
Eet dat jy nie meer kan in kry,
Dan is jy vry.
 
(Die Huisgenoot, 17 Maart, 1924, bl. 29).

Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe,
Om die hoek van mama's skewe,
Ongeluk - dientje, ongeluk - daantje
Môre kraai die honderhrantjie.
Kejoeps! Suiker en kaneel 
 
(Die Huisgenoot, Jan. 1923 bl. 384)

Hoendertjie, kapoendertjie, gebraaide spek;
Die man op strooi,
Ver van die huis af is so mooi.
Tot by tot, hamba sot,
Jan Kapelonie, op-sy-dot.
 
(Die Huisgenoot, Des. 1922 bl. 334).

Een, twee, drie, vier, vyf, ses,
Sewe, ag, nege, tien, en elf,
Die koning van Delf,
Die koning van Dort,
Gaan jy maar vort.
 
(Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335).

Drie dae melkrys,
Drie dae vry,
Ses soldaatjies op 'n ry.
 
(Die Huisgenoot Des. 1922 bl. 334.)

Een patat, twee patat,
Drie patat, vier;
Vyf patat, ses patat,
Sewe patat weer. 
 
(Die Huisgenoot, Jan. bl. 385.)

Ek is ek en jy's my gek,
Bonte vark en dikke spek,
Alles in 'n groot swart pot,
Vat dit en jy het die vrot.
 
(Die Huisgenoot Des. 1922 t.a.p.)

Een, twee, drie,   
My moeder heet Marie,   
En heet sy nie Marie,   
Dan heet sy tog een, twee, drie.   

(Tante Kota, bl. 29, Worcester)

Onder die groene bome,
Daar leg 'n Engelse skip.
Die Fransman is gekome,
Hy is so gek as ek;
Hy dra 'n hoed met pluime,
Gans bedek met lint en strik.
Kom laat ons telle
Onder onse selwe:
10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100.
Ou Delima blaas op sestien.

Ena dena kat op sena, solder jana,
Polka pana, elsie pelsie, troef!
 
(Die Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335.)

BRON:
https://www.dbnl.org/tekst/toit004suid01_01/toit004suid01_01_0004.php
 

Anton Louw:
Wat is 'n telrympie?

Meraai vannie Baai:
Anton, kan jy onthou dat ons as kinders wanneer jy wou kyk wie bly oor, of wie is 'aan', 'n uittelrympie gehad het nl. olka bolka? Dit was ook 'n uittelrympie. Die kinders staan in 'n ry met hulle vuisies toegemaak. Dan het iemand die rympie opgese en op elke hand geklap. As die rympie se laaste woord ge-eindig het met 'n klap op jou hand moes jy daai hand agter jou rug hou. So het die uittelrympie aangehou tot een persoon oorgebly het as ek reg onthou.

Van hierdie telrympies was soms speel-speel vir klankoefeninge gebruik en baie van dit is aangepas uit ander tale en vandaar die 'verbastering'. Van die uittelrympies was ook tongknopers.

Heel dikwels dien getalle as uittel-eenhede, maar daarnaas ook die name van voorwerpe: diere, spyse en dranke, kledingsstukke, liggaamsdele, verwantskapsname, en selfs eiename.

Ek haal aan:

'... Sewentig jaar gelede, volgens Schonken bl. 66, was hierdie rympie 'n spreekoefening op skool. Hier volg Schonken se versie naas die van Die Huisgenoot:

Arme Flippie, hy kon slokke grote blokke,
'n Koei met 'n kalf,
'n Dooie perd en 'n half,
'n Honderd skape,
'n Berg vol rape.
En tog kon die arme Flippie
Van honger nie slape.
 
(Die Huisgen. Jan. 1923, bl. 385.)
 
‘My pa bou 'n huis’ is een van die mees wyd en syd verbreide uittelrympies in Suid-Afrika. In Nederland skyn hy onbekend te wees,

My vader het 'n huis.
In die huis is 'n kamer
In die kamer is 'n kas
In die kas is 'n laai,
In die laai is 'n brief,
In die brief staan geskrywe:
Jan Kalintjie hoenderdief.
 
(Die Huisgenoot, Des. 1922.)

PM:
Dit is baie goed gedoen Raaitjie.  Ek erken die uittelrympies waarmee ons groot geword het. 

Naas:
Olke bolke riebieke stolke
Olke bolke knor
Airy cherry chickery cherry
Airy cherry tjorts.

Koljander, koljander
So deur die bos
My mamma en pappa kook lekker kos
My boetie verstik aan 'n druiwe tros
Ek nou's die duiwel los.

Twee van ons rympies.
Die tweede een het twee gestaan met hande in die lug voor hulle terwyl almal onderdeur hardloop. Op die woord "los" het hulle hulle hande last sak en die een wat dan onder is "gevang"

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version