Die Biblioteek > Liedjies uit die oude doos

Poppe gebedjies van die kinderwêreld

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Kosbaar is die 'wilde gebedjies' uit toeka se dae. Verskeie variasies het ontstaan. As jy jou eie geleer het vir die kabouters aan't huise, kom deel dit groot asseblief.

Die bekendste is gewis 'Biesie, biesie bame'. Die eerste twee reëls gewoonlik konstant; daarna tree die variante in:

Zastron:
 
Biesie, biesie bame,
hôu jou handjies same,
Stomp stert, visvang,
Amen.

II.
 
Biesie, biesie bamen,
hou jou handjies samen,
Eers 'n bietjie vleis,
Dan 'n bietjie rys.
Amen.

Petrusburg:
 
Biesie, biese bame,
of: (Bietjie, bietjie brame)
hou jou handjies same.
Kook 'n potjie rys
en 'n potje vleis.
Amen.

Heilbron:
 
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same,
kook 'n potjie rys,
dan 'n potjie vleis.
Kadoes, stompstert.
Amen.

Calvinia:
 
Biesie biesie bame,
hou jou handjies same,
sit die hande in die skottelgoedkas,
knoop die duiwel aan die agterpoot vas.
Amen.

Koffiefontein:
 
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
kook 'n potjie rys,
kook 'n potjie vleis,
koes, koes, kindere.
Amen.

Paarl:
Biesie, biesie bame,
hou julle handjies same;
braaibout is op die tafel,
stomp stert.
Amen.

Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
katjie eet die kossies op,
Amen.

Wilde Dankgebedjies

Ek ben versadig en verkwik,
My maag is vol, my pens is dik.

Heilbron
Here gee pere vir die onbekeerde,
Appelkose vir die goddelose,
Pruime vir die opgeruimde.

BRON:
https://www.dbnl.org/tekst/toit004suid01_01/toit004suid01_01_0004.php


PM:
Dankie dat jy kom deel het Raaitjie.  Dit is kostelik. 
My kleingoed moes maar self "dank" en kon hulle dank! . . . en dankie vir my ma en dankie vir my pa en so kry alles 'n beurt, die kat, die hond die vis, totdat ek later sê:  Amen.   :toothy4:

Naas:
En as jy arm grootgeword het..

Segen Vader
Segen sop
Hier en daar 'n kuikenkop
Toegedraai in 'n ertjiedop
Amen


PM:
 :icon_biggrin:   Groot pret!  Wat het ons gedoen met "dis die blond dis die blou".   :icon_biggrin:

Naas:
Dis die blond
Dis die blou
Dis die Brooklax wat ek kou
Dis die pyn op my maag
Wat my toilet toe jaag
Dis die toilet se deur
Wat my volle vaart keer
Dis die ding in my broek
Wat my ma laat vloek.

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version