Author Topic: Poppe gebedjies van die kinderwêreld  (Read 6287 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« on: November 06, 2018, 11:53:28 PM »
Kosbaar is die 'wilde gebedjies' uit toeka se dae. Verskeie variasies het ontstaan. As jy jou eie geleer het vir die kabouters aan't huise, kom deel dit groot asseblief.

Die bekendste is gewis 'Biesie, biesie bame'. Die eerste twee reëls gewoonlik konstant; daarna tree die variante in:

Zastron:
 
Biesie, biesie bame,
hôu jou handjies same,
Stomp stert, visvang,
Amen.

II.
 
Biesie, biesie bamen,
hou jou handjies samen,
Eers 'n bietjie vleis,
Dan 'n bietjie rys.
Amen.

Petrusburg:
 
Biesie, biese bame,
of: (Bietjie, bietjie brame)
hou jou handjies same.
Kook 'n potjie rys
en 'n potje vleis.
Amen.

Heilbron:
 
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same,
kook 'n potjie rys,
dan 'n potjie vleis.
Kadoes, stompstert.
Amen.

Calvinia:
 
Biesie biesie bame,
hou jou handjies same,
sit die hande in die skottelgoedkas,
knoop die duiwel aan die agterpoot vas.
Amen.

Koffiefontein:
 
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
kook 'n potjie rys,
kook 'n potjie vleis,
koes, koes, kindere.
Amen.

Paarl:
Biesie, biesie bame,
hou julle handjies same;
braaibout is op die tafel,
stomp stert.
Amen.

Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
katjie eet die kossies op,
Amen.

Wilde Dankgebedjies

Ek ben versadig en verkwik,
My maag is vol, my pens is dik.

Heilbron
Here gee pere vir die onbekeerde,
Appelkose vir die goddelose,
Pruime vir die opgeruimde.

BRON:
https://www.dbnl.org/tekst/toit004suid01_01/toit004suid01_01_0004.php


« Last Edit: November 07, 2018, 08:55:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #1 on: November 07, 2018, 01:27:13 PM »
Dankie dat jy kom deel het Raaitjie.  Dit is kostelik. 
My kleingoed moes maar self "dank" en kon hulle dank! . . . en dankie vir my ma en dankie vir my pa en so kry alles 'n beurt, die kat, die hond die vis, totdat ek later sê:  Amen.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #2 on: November 07, 2018, 01:39:03 PM »
En as jy arm grootgeword het..

Segen Vader
Segen sop
Hier en daar 'n kuikenkop
Toegedraai in 'n ertjiedop
Amen


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #3 on: November 07, 2018, 03:29:50 PM »
 :icon_biggrin:   Groot pret!  Wat het ons gedoen met "dis die blond dis die blou".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #4 on: November 07, 2018, 07:05:55 PM »
Dis die blond
Dis die blou
Dis die Brooklax wat ek kou
Dis die pyn op my maag
Wat my toilet toe jaag
Dis die toilet se deur
Wat my volle vaart keer
Dis die ding in my broek
Wat my ma laat vloek.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #5 on: November 07, 2018, 08:46:56 PM »
O my lieven love, ek bulder van die lag tien voor vyf (ons oggend) diekant van die aardbol  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #6 on: November 09, 2018, 01:28:28 PM »
Ons het pret gehad met daardie een.   :icon_biggrin:


Wat van Ou tante Koba,
sy wou nie maar sy moes,
toe glip die ketting
en dit slaan haar op haar maermerrie.  (Dit was as die oumense geluister het.)   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #7 on: November 10, 2018, 10:48:39 AM »
My pa het hierdie liedjie altyd gesing en sy laaste twee reels sal mens nie eers in die koffiekroeg kon herhaal sonder om vir ewig enne biekie verdoem te word tot in die duisternis  :toothy4: :headbang:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #8 on: November 10, 2018, 02:12:14 PM »
Ou tante Kowa
Sy was so woes
Sy slaan haar sussie
Met 'n spanner dat sy hoes.

Ou tante Kowa
Sy was so mank
Sy speel viool
Dat die honde tjank


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: November 10, 2018, 02:34:03 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #9 on: November 10, 2018, 02:33:25 PM »
Hierdie weergawes nog nooit voorheen gehoor nie. Dankie Naas  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #10 on: November 10, 2018, 02:35:47 PM »
Daar is so baie weergawes maar meeste daarvan hoort nie hier nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #11 on: November 12, 2018, 09:46:48 AM »
Dit verskaf nog steeds pret, al moet 'n ou dit net "onthou".   :icon_biggrin:


Daar is nog die apie en die mossie het lekker gedjol . . . 


Wat het my pa gesê?  My kind, as hulle so ordentlik is sal hulle tog nie weet waarvan ons praat nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #12 on: November 12, 2018, 10:27:14 AM »
Ek weet nie van Apie en Mossie se eskapades nie. Jy sal moet vertel?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #13 on: November 12, 2018, 10:28:35 AM »
Stem saam Naas. Jy sal MOET kom vertel matertjie  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #14 on: November 12, 2018, 11:00:56 AM »
 :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poppe gebedjies van die kinderwêreld
« Reply #15 on: November 12, 2018, 11:19:10 AM »
 :angel4: Wag vir jou in die kroeg.