Author Topic: Sit jy net en wag  (Read 2429 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Sit jy net en wag
« on: November 04, 2018, 09:39:35 PM »
Sit jy  net en wag dat alles moet gebeur of doen jy  jou deel.  Help jy elke dag om 'n nuwe onderwerp te plaas of sit jy en wag dat ander dit moet doen?  Kla jy dan dat hier niks aangaan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sit jy net en wag
« Reply #1 on: November 04, 2018, 11:10:34 PM »
 :`ip2: Skuldig mater. Erken eerlik dat ek soms sit en wag om ander se plasings te beloer want die dinge waarmee ek my besig hou en oor gesels is nie altyd 'n gesellige onderwerp nie maar daar is tog behoefte aan die inligting vir diegene wat in dieselfde oorlog veg.

Persoonlik voel ek dat die moderators van verskeie afdelings verantwoordelik moet wees om te sorg dat daar gereeld 'n onderwerp geplaas word by die onderskeie afdelings of terugvoering gegee word waar moontlik oor die onderwerpe wat hulle begin het.

Die gewildste onderwerp op die oomblik by Anton se 'koffie-erf' is die sprekende bewys daarvan! Hy is feitlik elke dag daar, gereed om ons bekers te vul. 'n Eenvoudige, warm uitnodiging en walla..... 12 blaaie vol as bewys dat ons lief koffie. En dieselfde met sy kamp-afdeling. Daar is altyd 'n oogplesier vir hierdie buitelander wat kampverslaafd is.

 :bootyshake: :coffee2:
 
« Last Edit: November 04, 2018, 11:19:15 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sit jy net en wag
« Reply #2 on: November 05, 2018, 09:37:55 AM »
Net ter verduideliking matertjie.  Ons het met iemand anders gesels wat gekla het dat hulle forum morsdood is en een van die dae gaan afsluit.  My vraag aan haar was dan:  "Sit jy net en wag?"  Dit was nie op iemand hier gemik nie.   :color:
Raaitjie, jy doen jou deel en jy is elke dag op die forum. 
Ek wens net AB wil weer sy mooi foto's kom plaas. 



Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sit jy net en wag
« Reply #3 on: November 05, 2018, 09:55:15 AM »
Ek verstaan helemal hoor  :love7: