Author Topic: 7 Klippies  (Read 8940 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
7 Klippies
« on: November 04, 2018, 02:14:12 PM »
Hoe mooi beskryf dit ons lewe...

7 Klippies
 
  Daar's sewe klippies in jou sak
  Deur die Here vir jou ingepak
  Sodat jy ene weg kan gooi
  Vir elke tiende jaar voltooi.
 
  Eerste klippie, geen probleem
  Die spel sal donkiejare neem,
  Dink ons in ydel kinderwaan
  Die lewe gaan vir ewig aan.
 
  Op twintig waai die tweede klip,
  Pragtig en rooi van lip,
  Windmakerder kan jy nie kry,
  Wat ek wil, skuld die wêreld my.
 
  Klippie drie die laat jou dink,
  Vir dertig jaar het jy rinkink,
  Vier sewendes is daar nou oor,
  Om op te maak vir tyd verloor.
 
  As uit jou hand die vierde val,
  Dan vlek die grys jou slape al,
  En dit wat in die sak oorbly,
  Te min om als gedoen te kry.
 
  Dan kom jy by vyftig,
  Nou galop die tyd te vlytig,
  En na die bult-op lewenspad,
  Beginne jy die afdraand vat.
 
  Voorlaaste klippie nommer ses
  Glip uit die sak voor jy sê mes
  Die wat gewerk het vir n baas
  Kry sy persent en groet vir laas.
 
  O wee, o wee, nou klippie sewe,
  Skriftuurlik  het jy klaar gelewe,
  Daar kom nou veel genade kort
  Vir die wat dalk wil tagtig word.
 
  Daar is natuurlik taai kalante,
  Jy sien hul soms in die koerante,
  Wat net nie wil die emmer skop
  En eers na honderd om sal dop.
 
  Of jy nou tot vervelens lewe,
  Of tata sê hier rondom sewe,
  By watter klip jy ookal stop,
  Gaan sal ons, die tyd raak op.
 
  Ek wens jou dus n sakvol klip,
  Genoeg vir daardie honderd trip
  En vreugde tot jou knië daar op
  oudag knak.
 
  Nou ja, ou maat, daar het jy dit,
  Al wat ons nou kan doen is bid
  Vir gesondheid, liefde en geluk,
  Met voorspoed vir die oorblystuk!
(Skrywer onbekend)
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 7 Klippies
« Reply #1 on: November 04, 2018, 03:53:42 PM »
Dit is regtig mooi, dankie vir die deel Anton.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 7 Klippies
« Reply #2 on: November 04, 2018, 11:03:58 PM »
Laat mens diep dink... ek is soooo lief vir klippe. Waar ons ook al kampeer neem ek altyd een of twee terug huistoe (soms meer as Outop nie loer nie  :icon_biggrin:))

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 7 Klippies
« Reply #3 on: November 04, 2021, 12:10:12 PM »
Kom ek weer hier verby vanaand en waardeer van vooraf. Dankie baie baie kampmater van ons. Ek wens julle elkeen 'n sak vol van die mooiste klippertjies toe. Oe, wens ek kon julle ons klipversameling wys. Die wieletjieshuis was gelaai en as dit die liewe Heer se wil is, gaan ons hom nog baie so laai. Gaan juis die naweek weer gratis kamp saam ons ou vrinne en dan gesels ons net in Afrikaans. Hoe geseend is ek nie! Dit beteken dat ek weer van more af to Sondag aand ons tyd, stil gaan wees. Daar waai die wind jou seine in nege-en-negentig windrigtings!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 7 Klippies
« Reply #4 on: November 04, 2021, 12:15:26 PM »
Hoop jy geniet dit 'n kat uit 'n boom uit Raaitjie.  (Ons het nou genoeg honne.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 7 Klippies
« Reply #5 on: November 04, 2021, 12:19:12 PM »
Lekker kamp Ta Raaitjie. Glo my ek is lekker Jantjie diekant van die aardbol.
My vooruitsig vir die naweek is pak vir die groot trek. Hopelik my laaste trek voor ek in sipreslane afgedra worre.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: 7 Klippies
« Reply #6 on: November 04, 2021, 08:50:15 PM »
Sterkte met almal se naweek beplanning...
Kom loer in.
Hierdie 7 klippies is baie oulik vewoord

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: 7 Klippies
« Reply #7 on: November 11, 2021, 02:30:30 PM »
Goeiemiddag!   :wave:
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 7 Klippies
« Reply #8 on: November 11, 2021, 03:59:07 PM »
Dagsê Anton.  Welkom, ons het jou gemis. 
Om te weet is om te verstaan.