Author Topic: My Paradys  (Read 123 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9520
  • Gender: Female
My Paradys
« on: October 25, 2018, 04:10:01 PM »
My paradys.

Ek sit hier op die hoogste spits van twee koppe wat ‘n diep kloof vorm. Ek kyk af op die water wat daar ver onder my, vrolik ligvoets oor die klippe dartel. Die lowergroen bome staan soos krale ingeryg langs die walle van ‘n rivier wat reg onder my vurk. Links vloei ‘n swakkerige sytak met klippe wat plek-plek uitsteek. Regs vloei die stroom redelik sterk maar diep genoeg om nog die klippe wat op die bodem lê te sien. Die son bak heerlik warm op die wit verbleikte, ronde rivier klippe wat droog gelê is deur die pas voltooide wintermaande. In die riete baljaar die vinkies en goggatjies. Die voëls sing van plesier oor die heerlike warm somersdag.

‘n Bietjie regs, hoër op teen die groot kop, hoor ek die gedreun van ‘n voertuig. As ek in daardie rigting kyk sien ek hoe rustig die lang teerslang in die son lê en bak. Ek kan nie glo dat daar so ‘n pragtige rustige plek, so in die stadsgewoel kan bestaan nie. As iemand my in die nag hier sou kom aflaai sou ek sweer ek is in die paradys.
Die rustigheid en kalmte wat oor my kom, laat my sommer vurig wens dat ek net vir ‘n week daar onder tussen die bome, koel skaduwees, koue water en warm son kon bly. Maar ek weet sommer dat ek nooit weer sal terug gaan na die gewoel en gewerskaf van die stadslewe na ‘n week in die paradys nie.


Die lang uitgerekte geroep van ‘n sonbesie laat my weereens bewus word van die pragtige natuurskoon aan my voete en ek wonder of ek die duiwel sou kon weerstaan as hy vir my sou sê........aanbid my en ek gee jou al hierdie........maar dit is net ‘ n lawwe gedagte.

‘n Beweging trek my aandag, tussen die riete sien ek ‘n man met ‘n meisie aan die hand loop. In die nou, ongelyke voetpaadjie met skerppunt-rietblare en boomtakke oorvleuel, stap hy voor, met haar versigtig agter hom aan. Hulle kom tot stilstand voor die eens sterk rivier en sonder om haar hand te los skop hy sy skoene uit en kaalvoet loop hulle voel-voel oor die los klippe wat hier en daar uitsteek. Onbewus van ‘n toeskouer kom hulle te staan voor die ander deel van die stroom wat met groot spoed voortsnel. Ek sien die verruking op haar gesig en die glinster in sy oë soos hulle die skoonheid van die natuur indrink.

Sy tree vornetoe en stap in die stroom in, sy huiwer, want die krag van die water is sterker as wat sy gedink het. Sy gaan sit op die wal met haar voete in die water en hy gaan sit knap langs haar.

As sy vir hom kyk sien ek hoe teer haar oë oor sy gesig gaan en hy trek met sy vinger ‘n patroontjie oor haar gesig. Hulle praat nie, kyk net vir mekaar. “Ek het jou lief” sê sy saggies en hy vat haar hare agter haar kop vas in ‘n ligte greep. Hy trek haar versigtig nader en soen haar liggies op die neus. Daar gaan ‘n trilling deur haar lyf. As sy strelend haar hande agter sy kop sit, gryp hy haar stewig vas en soen haar vurig op haar mond.

Sy hand soek-soek agter haar en rol ‘n paar wit verblykte klippe uit die pad en laat sak haar stadig agteroor. Sy kibbel nie, plaas net haar een arm om sy lyf en streel saggies met die toppe van haar vingers oor sy keel en sy gesig. So lê hulle in omhelsing, salig onbewus van die wêreld om hulle, terwyl die son welgeluksalig sy seëninge oor hulle uitstort, en die voëls luiddrugtig hulle gekwetter voortsit.

Met die wind wat saggies deur sy hare vee staan hy op en trek haar liggies teen hom vas. Vir ‘n rukkie hou hy haar so teen hom vas. Hy lei haar dan, met sy arm oor haar skouer, terug soos hulle gekom het, oor die stroompie en op teen die voetpaadjie. Vir ‘n oomblik is hulle uit die gesig net om weer ‘n entjie verder tussen die lower sigbaar te word.

Hy kyk rond en sien ‘n boom met takke wat laag oorhang. Onder hulle voete lê ‘n dik blaremat en hy trek haar onder die boom in die buiging van sy arms in. Hy neem haar gesig saggies in sy hande. As hy die knoop van haar romp losmaak val dit in ‘n hopie om haar voete. Hy lê haar teer op die blaremat neer.

Hierdie keer neem hy haar dringend in sy arms en soen haar oor haar keel en nek, in die holte van haar skouers en oor die volheid van haar bors. Sy kreun saggies. Haar naels krap liggies oor sy skouer en af in die holte van sy rug. Met haar voete vryf sy oor sy bene en haar liggaam kriewel onder sy gewig. Met haar hande druk sy sy onderlyf styf teen hare vas. Sy is bewus van die sterk manlikheid wat haar binnedring en met genoegdoening gee sy haarself oor. Dan neem hy haar, hy maak haar syne en hulle snak saam in ekstase.

Krampagtig klou sy hom vas en as hy haar liggies soen, proe hy die souttrane op haar wange en hy vou haar teer toe in sy arms. Bewend lê hulle so, en dan eers word hulle bewus van die bosduif se geroep.

As die son sy laaste strale oor die aarde gooi besef ek dat ek net sit en droom. Styf-styf staan ek op, gooi ‘n laaste blik oor die nou halfduister kloof en vat die klein kronkelpaadjie terug om my lewe in die betonoerwoud voort te sit.

Piet Magriet

Datum gepubliseer:17 Jan 2008
« Last Edit: October 25, 2018, 04:17:08 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.