Author Topic: Hoe hanteer ons woede  (Read 4136 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe hanteer ons woede
« on: October 25, 2018, 03:19:50 PM »
Hoe kan ‘n mens jou kind help om sy woede te hanteer?
In die eerste plek moet die kind weet dat ‘n mens mag kwaad word. Ons word almal kwaad. Ons hanteer dit net nie almal dieselfde nie.
My pa het ‘n bokskryt gebou (sommer met ‘n tou om ‘n paar bome) met twee pare handskoene.
Met agt seuns in die huis was dit nie altyd maklik om die vrede te handhaaf nie.
Ek moet net verduidelik. My pa het al wat ‘n hawelose was bymekaar gemaak.
Daar was ‘n permanente slaansak aan een van die bome. Ons het almal geweet, jy kan enige tyd die slaansak gaan bykom as jy gefrustreer of woedend was.
Daar was ‘n voorwaarde aan verbonde. As jy klaar geslaan het, en jy het goed afgekoel, dan moes jy kom praat!
Jy moes die ou wat jou so omgekrap het saam bring na Pa toe. Daar sou Pa dan rustig sit en elkeen se storie aanhoor. Nie ‘n deurmekaar gepratery nie, een-een. Soos ‘n hofsitting het Pa dit hanteer en hy was die regter.
Die skuldige een moes dan voorstel wat die straf moes wees. Die onskuldige se opinie omtrent die straf is dan aangehoor. As die saak nie besleg kon word nie, en dit het maar min gebeur, is altwee bokskryt toe.
Hulle moes eers ‘n goeie sessie slaansak slaan, totdat hulle tonge amper op die grond gehang het, dan in die kryt klim en mekaar aanvat.
Vandag dink ek Pa het dit gedoen om hulle so moeg te maak dat hulle nie nog kans gesien het vir ‘n lang geveg nie, want dit was altyd gou verby.
Altwee het dan hande geskud en vrede gemaak.
Ek weet egter ook dat dit die beste manier is om van jou frustrasies ontslae te raak.
Ek lag sommer hard as ek dink aan my ma. Ma het gesê “soen mekaar om te wys julle is nie meer kwaad nie”. Ek dink, net die gedagte daaraan, het die vrede in ons huis onder die manne bewaar.
‘n Kind moet leer dat hy nie ‘n ander persoon mag te lyf gaan nie. Hy mag nie ‘n ander persoon se eiendom, of sy eie, beskadig nie. Hy moet sy frustrasies met iemand wat hy vertrou bespreek. Iemand wat vir hom raad en leiding kan gee en help om die probleem op te los.
Baie goeie raat is om jou kind te leer dat jy altyd oop is vir bespreking. Kyk asseblief na die probleem uit die kind se oogpunt en spreek dit aan met waardigheid. Vind ‘n oplossing vir die probleem.
Ons as ouers is dikwels die oorsaak van ons kinders se frustrasies.
Ek sê geensins dat ouers moet toegee aan al die kinders se eise nie.
Ons kan wel tot ‘n kompromie kom. As die ouer ‘n toegewing maak, dan moet die kind sy kant bring.
Die ouer leer die kind sodoende om nie rigied te wees nie, maar buigsaam.
Ouers maak nie toegewings of kom tot ‘n kompromie met reëls en regulasies nie. Die reël kan wel aangepas word soos die kind ouer word, maar daar moet ‘n nuwe riglyn gestel word wat nagekom moet word.
Onthou altyd dat ‘n kind se sekuriteit in roetine, dissipline en konsekwensie lê. ‘n Kind kan geen vertroue in ‘n ouer hê wat self nie weet wat reg of verkeerd is nie. ‘n Ouer wat vandag iets toelaat en dit more verbied, skep onsekerheid by sy kind.
‘n Ouer is ‘n kind se anker. Ek hoop hierdie stukkie gee uitkoms vir iemand.
As daar iemand is wat nog onsekerheid het, skryf asseblief vir my, ek sal graag wil help waar ek kan.
Liefies
Piet Magriet
« Last Edit: October 25, 2018, 03:33:40 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Hoe hanteer ons woede
« Reply #1 on: October 25, 2018, 04:20:15 PM »
Watse handige woorde vir my met die 2 seuns wat alewig in mekaar se hare is!

Dankie!
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe hanteer ons woede
« Reply #2 on: November 12, 2018, 11:04:33 PM »
Lig my hoed en knak die knieg vir hierdie wyse raad aan ouers PM  :notworthy: :icon_salut:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Hoe hanteer ons woede
« Reply #3 on: November 13, 2018, 08:15:58 AM »
Oupa se altoos: "Buig die boompie terwyl hy klein is ander breek die lewenswinde hom as hy groot is. En moenie vergeet om sy wortels te voed nie."



 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe hanteer ons woede
« Reply #4 on: November 13, 2018, 08:43:38 AM »
Wyse oupa wat jy het Assie. Inderdaad BAIE wys. Dink ons sou 'n kangeroe uit die Bloekomplantasies kon kuier.