Author Topic: botswana deel 3  (Read 3343 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana deel 3
« on: July 01, 2011, 02:26:40 PM »
DEEL 3

Na ons wild rit is ons terug kamp toe en neffens die kamp ‘n boot gehuur om sundown cruise te gaan vat.
Eie verversings saam geneem, koue bier en lekker koue Wit Badsberger. Witwyn in boksie wat vrek lekker is. Ek het die sak binne uitgehaal dat dit lekker koud kan raak in die yswater. Nou lyk dit soos ‘n papsak, maar ek gee nie om nie dis die inhoud wat tel.

Hiers paar fotos wat ons geneem het, die eerste klompie Faffa en die res ek.

Ons het die boot langs Xakanaxa lodge gehuur en die skipper vertel ons dat die lodge so om en by 600 US dollar per nag kos as ek reg kan onthou.


Foto 66 tot  70 deur faffa geneem wys die lodge, eintlik 2 lodges langs makaar die een duurder as die ander.






.







Fotos 72 tot 73 F lekker op die water en geniet lekker wynkie.







Ek was die skinker

Aangesien ek so veel as kan kaalvoet loop is my voetsole effe aan die harde kant en Nolene vra my wanneer ek verjaar. Sy sê sy wil vir my hier bo by Jasonshill by Lize ‘n voetmanekuur of so iets bespreek.
Ek wonner nou of Lizel se apparaat gaan hou en as sy die “anglegrinder” vat is ek bang sy vat so 7mm eelt weg en dan steek die dorings vrek seer.
Jammer as die foto effe aanstoot gee, blaai maar om dan………………………




Op paar seekoeie afgekom:







So ontspan mens lekker





Paar mooi voëls gesien






En water lelies






Skipper en Albertus


Lyk of ek familie van Eugene kan wees op die foto






Ons he took ‘ gesondheid op die produsente van wyn gedrink: op ons plaasarbeiders, ons boere, ons kelder personeel almal wat te doen he tom die produk uit die grond tot in die bottel of boks te kry.









En toe raak dit aand



Faffa het die sononder fotos geneem




Na donker by die kamp aangekom en die 2 dames het lekker kos gemaak, dankie Nolene en Alida.



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: botswana deel 3
« Reply #1 on: July 02, 2011, 10:13:51 AM »
Daai lodges lyk of my naam daarop staan,  maar ai,  ek sal eers die boerpot moet wen.   :icon_biggrin:

Pragtige foto's Lox. 

Ek het al gehoor hulle sê:  Daai ou is so skurf, hy loop sy skoene van binne af deur, of hy trap 'n skaapdoring dat dit omkrul.    Nou glo ek dit!   :icon_biggrin:
Nee jong,  na so 'n behandeling sal jy op stelte moet loop.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana deel 3
« Reply #2 on: July 02, 2011, 01:16:51 PM »
ja ek dink ook nie ek gaan daai behandeling vat nie want my pote sal dit nie hou nie
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.