Die Biblioteek > Vervloeë woordskatte

Nuwe en ou gesegdes

(1/2) > >>

PM:
Ek het op 'n paar gesegdes afgekom wat nie alom bekend is nie.  As julle nog kan byvoeg sal ek dit waardeer. 


Jy was jou gesig met 'n ander ou se waslap - Dit is soos om met 'n ander ou se osse te ploeg -


Hy is fyngelap - netjies aangetrek -


Elke donkiemerrie dink haar vul is 'n reisiesperd - elke ma dink haar kind is die beste -


Wind sny vir iemand - om behulpsaam te wees -


Afval wat vleis word en dink dit is rugstring - 'n arm persoon wat ryk trou en homself dan belangrik voordoen -


Kop vol tande, bek vol bril - Hy dink nie voor hy praat nie -


Hy is soos 'n satelliet sonder sein - Iemand wat kan hoor, maar nie kan luister nie -


Maak vir jou vriende vir die jongste dag - om vriende te maak wat jou sal bystaan deur dik en dun -


Om lakens uit te deel - om baas te speel in die huis -


Iemand wat op droe grond visvang - iemand wat sy bes probeer om 'n geheim te wete te kom -


Kriekspring - lynreg van mening verander -


Ek sal more nog 'n paar plaas.   :wave:



Anton Louw:
Dankie Petra ons wag vir die ander.

Hier op kampforum geplaas:  https://www.kampforum.co.za/node/2710

PM:
Groot plisierigheid Anton.   :toothy4:


Hier is nog 'n paar:


Hy praat 'n dooie jakkals aan die draf - hy praat baie -  hy praat jou ore van jou kop af -


Die asem sit nog - 'n Antwoord op "hoe gaan dit" -


Klein klippies rondskop - As daar belangrike werk is om te doen dan hou die persoon hom besig met onbenullighede -


Hy is 'n kortsokkie - iemand wat onervare is -


As iemand dwarsgebek is - hy stry gou en maklik -


So sonder arms rondstaan - hy staan ledig rond sonder om te help -


Sê dat sê sy sit kan kry - Wanneer iemand dikbek is en nie sy mening wil lig nie -


'n Ketel aan die tuit beet hê - As iemand 'n saak verkeerd aanpak. 


Nuljoenêr - Iemand wat maak of hy ryk is -


Die bruid op elke troue, die lyk by elke begrafnis - iemand wat altyd die middelpunt van belangstelling wil wees -




Dit is genoeg vir vandag, anders raak julle verveeld.  More bring ek nog.   :wave:

Anton Louw:
Dankie!  Ek het hulle oorgeplaas  :icon_bigsmurf:

PM:
Jy het die skakel vergeet.   :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version