Author Topic: Vloekwoorde en Godslastering  (Read 1770 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Vloekwoorde en Godslastering
« on: October 17, 2018, 06:37:16 AM »
Goeie mooi oggend aan almal

Die dag is koel na lieflike reën. Maar pragtig. 'n Groepie van ons wat saterdagaand volkspele bygewoon het, het geslaap in die mooiste gastehuis. So lieflik skoon en netjies en ek lief die plante by die plek.

Ek lees deur my blad se plasings en besef dat ek iewers iets gemis het. 'n 'Onbekende' iemand in my vriendelys, se plasing wat my plek ontsier. Of dit nou onbedoel daar geval het, weet ek nie, maar dit sal nie weer gebeur nie. Ek het sommer alles uitgevee, met naam en foto's daarby en ont-vriend, al bestaan daar nie so 'n woord in afrikaans nie.

So lyk ons lewe ook soms! Vol lelik. Of dit die plekke is wat jy besoek, of woorde in ons lewenstoneel-opvoering of gedagtes in ons siel, dis daar. En ek begeer om dit te kan uitvee, wegtoor, uitrafel sodat dit deur 'n suid-oostewind weggewaai kan word. Maar helaas ... woorde gesê is soos kaf wat deur 'n warrelwind opgetel word. Dit kan nie weer die dorsvloer van jou lewe bedek nie.

En wanneer jy 'n kunstefees besoek, 'n opvoering bywoon, of 'n fliek op jou tv in jou huis kyk, sien jy die ouderdomsbeperking vooraf raak? Is dit die moeite werd om jou gedagtes met vloek en Godslastering te oorlaai?

Want wat is die verskil tussen vloekwoorde en Godslastering? As jy 'n kind van God vloek, doen jy dit aan Hom ook. Maar die euwel word bedek met die term 'dis kuns'

Ek wonder hoekom die kunste dan die slegste in die samelewing moet ophemel? Hoekom dit nie gebruik om juis die mooi as voorbeeld vir ons te gee nie?

Ons Vader in die Hemel, gee ons vandag u genade om veilig tuis te kom. Gee ons 'n wag voor ons lippe en by ons gedagtes om niks te bedink of te uiter wat U nie tot eer strek nie. Amen amen Here.
adéle  :grommit:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Vloekwoorde en Godslastering
« Reply #1 on: October 17, 2018, 07:28:10 AM »
Ek stem volkome saam met jou Adele en bevind myself ook skuldig.   Dit is asof dit al aanvaarbaar geword het om godslasterlike dinge op 'n TV te kyk in jou eie huis.   Dit wat aantreklik is in die vermaaklikheidswereld is juis al die dinge (of meestal) dit wat die woord vir ons leer is nie reg nie.
Kamp is koning!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vloekwoorde en Godslastering
« Reply #2 on: October 17, 2018, 07:35:50 AM »
Dit is so ... ek is ook skuldig, gee gewoonlik so twwe keer of wat kans ... maar desedae al geleer om dan te loop. Dan wonder ek elke keer hoekom ek hoegenaamd begin kyk het as die ouderdomsbeperking "Taal" iets aangedui het .... :crybaby2:  :dontknow: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vloekwoorde en Godslastering
« Reply #3 on: October 17, 2018, 10:18:37 AM »
Oeps!  Gee aan daardie liniaal sodat ek myself oor die vingers kan tik!   :nono:
Om te weet is om te verstaan.