Author Topic: Bygelowe: Hoeveel van hierdie ken jy?  (Read 533 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2855
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Bygelowe: Hoeveel van hierdie ken jy?
« on: October 17, 2018, 12:53:40 AM »
Ek wonder hoeveel van ons lesers het ook grootgeword met die volgende?

As jy van valstande droom gaan iemand dood in die familie.
As jy 'n sambreel in die huis oopmaak gaan iemand sterf.
'n Uil wat op die dak sit en skreeu bring ook 'n doodstyding.
'n Swart kat is ook ’n voorbode dat iets slegs gaan gebeur.

As jou vadoek val gaan jy kuiermense kry.
As jou mes val gaan dit 'n honger man wees wat kom kuier en 'n vurk wat val beteken dit gaan 'n vroulike gas wees.
Moet nooit vir iemand 'n mes of 'n of ’n skêr persent gee nie, dit gaan die vriendskap 'afsny'. Die persoon moet jou eerder 'n paar sent betaal daarvoor.
 
As jy jou klere verkeerdom aantrek gaan jy 'n geskenk ontvang. (Ek wil die ene probeer - sal laat weet of ek 'n persent gekry het!)
As jou linkeroog spring is die verloop van die res van jou dag 'flinker' en as jou regteroog spring gaan dit slegter gaan.
As jy 'n spieel breek gaan sewe swaar jare jou inwag.
Spieëls in die huis moet toegegooi word wanneer die weer begin opsteek.
As jy iets breek moet jy gou nog twee dinge breek want die onhandigheid geskied skynbaar in 'n kringloop van 3.

Vrydag is gewoonlik 'n dag waarna ek erg uitsien maar in die bygeloofkultuur is dit glo glad nie so wonderlike dag nie!
:icon_biggrin:

Vrydag, die dertiende, moet jy glo nie onder ’n leer deurloop nie (ek weet nie hoekom nie).
Moet ook nie 'n groot taak op 'n Vrydag aanpak nie, want dan gaan jy nooit klaar maak nie.
Moet ook nie met 'n nuwe werk op 'n Vrydag nie begin nie, dit kan beteken dat jy binnekort afgedank gaan word.

Sout het 'n hele bygeloof kultuur op sy eie:
As jy sout gemors het, moet jy 'n knippie oor jou skouer gooi.
Moenie aan tafel vir gaste die sout aangee nie, dit kan ontaard in 'n rusie, sit dit so neer dat die gas dit self kan neem.
Sout wat gemors was het trane voorspel.
Indien die soutpot breek het beteken dat daar sewe ongelukkige jare voorgelê het vir die persoon wat die soutpot laat val het.

Oorkruisgroetery met die hand het beteken dat daar binnekort ’n bruilof gehou sou word.
As jou linkerhand jeuk, is daar ’n brief van iemand besonders op pad na jou.
As jou regterhand jeuk, beteken dit dat jy iewers uit ’n onverwagte oord geld gaan kry.

'n Jong meisie wat op die tafel sit, gaan sy nooit 'n man kry nie.
Haar skoene op die tafel neersit of 'n deuntjie fluit, gaan haar ook op die rak laat beland.
’n Baba wat gebukkend staan en deur sy beentjies loer het beteken dat hy ’n nuwe boetie of sussie roep.

*Van die bygelowe was aangevul uit my eie kinderjare en die res is geleen.
https://klipindiebos.wordpress.com/2011/05/05/bygelowe/





« Last Edit: October 17, 2018, 06:24:41 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 289
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Bygelowe: Hoeveel van hierdie ken jy?
« Reply #1 on: October 17, 2018, 05:47:49 AM »
Dankie Meraai.   :notworthy:   Lekker gelees.  Ek ken ook 'n klompie van hulle. 

Gaan dit sommer oppie kampforum ook deel  :wave:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2855
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bygelowe: Hoeveel van hierdie ken jy?
« Reply #2 on: October 17, 2018, 06:27:31 AM »
Die liewe bygelowe ne! Anton, daar het 'n woord verdwyn wat ek gou kom terugsit het - 'as jou vadoek val gaan jy kuiermense kry.'

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: Bygelowe: Hoeveel van hierdie ken jy?
« Reply #3 on: October 17, 2018, 10:05:58 AM »
Ek ken die meeste daarvan, maar daar is 'n paar vreemdes.  Ons ruil altyd 'n paar sent vir 'n knipmesgeskenkie, natuurlik tong in die kies. 




In my soeke na meer inligting oor “met die helm gebore te wees” het ek op hierdie afgekom.  Dankie vir die deel Raaitjie. 
 
Artikel deur  Magiese Boer.
 
Daar bestaan 'n algemene wanbegrip onder die Afrikanervolk dat magie, alternatiewe en aanvullende medikasie en waarsêery volksvreemd is. Dit is gelukkig nie die geval nie. Die Afrikaner het van kindsbeen af as 'n magiese nasie grootgeword. Goëlery, goëlwoorde, beswerings, kruie medikasie, spoke, duiwels, sieners, is net so eg Afrikaans soos boeremusiek, boerewors en biltong.
 Op 'n stadium in die geskiedenis van die Boerevolk was daar eintlik min verskil tussen geloof en bygeloof.
 
 Calvinisme, en self Christindom in die algemeen, het nie 'n sentrale rol in die lewe van die Voortrekkers en die vroeë Afrikaner gespeel nie, en dit was eers met die aanbreek van die tweede Anglo-Boere oorlog, en die volksmoord deur die Britte, dat Calvinisme 'n houvas op die Afrikaner gekry het.
 
 Die Amerikaanse sendeling Daniel Lindley, het die Boere in 'n brief (geskryf op 17 Julie 1839) beskryf as “heidene” wat tot bekering moet kom. Verder beskryf hy die Boere as uiters bygelowig, mense wat in voortekens glo, en wat van volkegeneeskunde gebruik maak. Hy noem die geval waar Boere voorgestel het dat hy 'n seer tand lans en die bloed in 'n boom inent, dit sou die pyn laat verdwyn.
 
 Olive Schreiner, dogter van 'n sendeling, wat wêreld beroemdheid verwerf het met haar boek “The Story of an African Farm”, het in 1892 'n artikel geskryf oor die sielkunde van die Boer. Daarin kom dit duidelik na vore dat die Afrikaner staat gemaak het op volksgeneeskunde, geloofsgenesing en simpatetiese magie.
 
 Een van die oorspronklike Afrikaner kure teen 'n besering was om 'n boerbok te slag, die maag te verwyder en oop te sny. Die beseerde ledemaat is dan in die warm maag vir 'n paar minute gedruk.
 'n Ander beproefde kuur was vir griep. 'n Skaap is geslag en die warm vel is op die sieke se bors geplaas.
 
 Kruie is ook gerol en gerook, ander kruie is weer op 'n oop vuur gegooi en die rook is dan ingeasem as 'n teëvoeter vir 'n benoude bors, longontsteking of asma.
 
 Simpatetiese magie is ook gebruik in sekere gevalle. 'n Boompie sou netjies in twee gekloof word. Daarna is die twee helftes oopgeforseer. Die sieke sou dan tussen die gesplete boom stap, waarna die boompie gespalk sou word. Indien die boompie herstel, is geglo dat die pasiënt ook sou herstel.
 Toordery, heksery en goëlery onder Afrikaners is selfs in die laat negentiende en vroeë twintigste eeu in kerkrekords aangeteken. In 1910 en 1911 het die sinode van die Hervormde Kerk in die Vrystaat goëlery onder die Afrikaners bespreek, so ook glo ander sinodes.
 
 Maar die mees algemene vorm van tradisionele geloof (of bygeloof) onder die Afrikaner volk is die aanvaring van mense wat met die helm gebore is - sieners. Die bekendste Afrikaner profeet was sonder enige twyfel Siener van Rensburg.
 
 Spoke en geeste, en hul beswering, water-, lug- en aardgeeste was ook nie juis baie vreemde wesens vir die vroeër Afrikaner nie.
 
 ‘n Paar bekende Boere bygelowe.  (geleen by Die Ou Man)
 Moenie onder 'n staande leer verby loop nie. Dit bring ongeluk en tweespalt.
 Raak aan 'n stuk hout as jy positiewe opmerking maak.
 Swart kat oor die pad sien stap, beteken onheil.
 13 is 'n ongelukkige nommer (abnormale vrees vir die 13de: triskaidekaphobia.)
 7 is 'n gelukkige nommer.
 'n By in die huis beteken dat kuiermense op pad is.
 As die wolke 'n sekere formaat aanneem, voorspel dit ook onheil of dood.
 As die weerlig en donderweer slaan, moet jy 'n kombers oor die spieël gooi.
 Slegte dinge gebeur in drieë.
Kap 'n pennie op jou drumpel vas om bose geeste uit te hou.
 Hang varkspek in jou huis om bose geeste uit te hou.
 Kap 'n perdeskoen aan jou kosyn vas met die oopkant na bo, vir geluk.
 Mayflower in die huis bring die dood.
 Ossewaens op die Groot Trek is aan die binnekant blou geverf om bose geeste uit te hou.
 'n Bruidegom mag nie die bruid in haar trourok voor die troue sien nie.
 Tel die aantal vratjies op jou liggaam. Sit soveel klippies in 'n twaksak en gooi dit oor jou skouer sonder om te kyk waar dit val. Die vratte sal dan verdwyn.
 Sny 'n vrat en ent die bloed in 'n keep wat uit 'n aartappel gesny is. Plant die aartappel en die vratte sal verdwyn wanneer dit opkom.
 




« Last Edit: October 17, 2018, 10:08:04 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 289
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Bygelowe: Hoeveel van hierdie ken jy?
« Reply #4 on: October 17, 2018, 07:41:29 PM »
Ek het dit toe gaan deel oppie kampforum en nou ja, wat kan ek se?  Ons het darem reaksie gekry  :toothy4:
 Kliek hier vir die draad:  https://www.kampforum.co.za/node/2670
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2855
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bygelowe: Hoeveel van hierdie ken jy?
« Reply #5 on: October 18, 2018, 12:25:43 AM »
PM mater, duisend en tien dankies vir die inligting. Het dit geniet! Kosbare byvoeging.

Anton ek het my verkrukkeld gelag toe ek jou skakel na die kampforum volg. Hahahahahaha. Myth busters draad... en wat daar op volg.  :headbang: :icon_biggrin: :bootyshake:

Met hierdie ene sal Outop beslis saamstem al glo hy aan geen bygeloof nie: Hierdie bygeloof is regtig egtig!
As jy op n Sondag gaan kamp in Limpopo en jy het jou dop vergeet gaan jy moet water drink tot Maandag toe want die bottelstore in Limpopo is toe op Sondae!

 :toothy4: :coffee2:
« Last Edit: October 18, 2018, 12:46:01 AM by Meraai vannie Baai »