Author Topic: botswana deel 2 A  (Read 3603 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana deel 2 A
« on: July 01, 2011, 02:24:08 PM »
DEEL 2
Steeds in die Moremi

Foto 0046 en 47 A opsaantyd in Xakanaxa.








Volgende dag het ons weer in die veld gaan ry, en die keer baie versigtig gewees vir enige water in die pad en besluit nou geen kans vat nie want die trekker is nog verder weg as gisteraand en dis nou werktyd vir daardie mense. En nie een van ons het kans gesien om deur die water te stap nie want men sweet nie wat is agter die bos of in die water wat kan seermaak of doodmaak nie.

Foto 48 A



Die plek waar ons gisteraand vas gesit het en Genosi-hulle ons kom uittrek het. Die grootpad loop daar agter teen die bome waar heen ons gemik het, so naby en tog so ver.

Ons het so klompie diere en voëls gesien. Was heerlik om so in die veld te kan ry.

Foto 049 tot 054 almal deur Faffa en Alida geneem.













Foto 055 K wys hoe hoog die water nog was in die delta en heelwat paaie is nog toe onder water gwees.




Foto 0056 F





Ek en Warick by panvol water, die pad loop eintlik daar agter ons maar ons kon gelukkig ompad ry.



Foto 057 F Vierde brug





Foto 58 derdebrug




Die laaste paar km voor 3 de brug was die veld stil ons het net een seekoei gesien wat wei. Ons het so entjie verby 3 de brug gery en besluit om om te draai. Daar kom toe ‘n safari bakkie van voor en ek vra hom of dalk iets interssant gesien het. Hy verduidelik toe so paar km aan voor ‘n palmboom is 3 leeus en ons ry verder om te gaan loer. Die veld was maar stil want dit was oor middag en dit was lekker warm gewees. Klaarblyklik was die leeus dik geeet en lui van die hitte.

Foto 060 F en 061 A
Dit lyk of dit Simba is.





Nog ‘n paar diere langs pad gesien met ons terug ry. Ook een keer in dik sand vasgesit maar darm met bietjie oopgrawe en bande afblaas en help stoot al 2 bakkies uitgeky.

Foto  062 tot 064 F






Ons ry ander pad by die vliegveld verby waar die mense aan die pad werk en kry vir Genosi met sy trekker. Ons stop toe om hom weer te bedank en gee vir hom paar stukke klere wat ons van die huis af saam gebring het vir wie weet ons nie. Na gisteraand se episode het ons geweet dis vir hulle 3 en hy het dit vreeslik baie waardeer.

Foto 65 A




Word vervolg
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.