Author Topic: 'n Gedig oor diere  (Read 7638 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Gedig oor diere
« on: October 11, 2018, 04:19:16 PM »
Kom skryf 'n gedig oor diere.  Enige dier.  Afrikaans of Engels.  Net so lank as wat jy wil.  Enige struktuur.  Kom speel saam.   :hello2:


 :wav:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #1 on: October 12, 2018, 08:17:28 PM »
klipplate se dassies

toegewaai deur dik lae stof,
skarrel spoortjies
kruis en dwars
al agter dassies aan
tot waar hulle verdwyn
agter klip en bos.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #2 on: October 13, 2018, 11:29:52 AM »
'n Vark
is 'n vark
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #3 on: October 15, 2018, 11:56:40 PM »
Pragtig Adele! Anton jou weergawe van 'n diere gedig het my lekker laat giggel en onwillekeurig aan  Jan Verwey se vark laat dink:

Jan Verwey het ’n vark gekry,
Hy’s nie klein nie,
Hy’s nie groot nie
Hy’s lewendig
en nie dood nie
Hy snork en snork sê Jan Verwey
Hy’s die regte vark vir my.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #4 on: October 16, 2018, 05:40:42 AM »
giggellll mal oor Jan Verwey se varkstorie
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #5 on: October 16, 2018, 01:19:21 PM »
Julle is baie goed hoor!   :hello2:   


Ek sit net hier en wag vir nog.  Intussen probeer ek ook iets skrabbel so tussen erge maagkrampe deur.   :icon_scratch:





Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #6 on: October 18, 2018, 06:06:59 PM »
Ons liewe PM het 'n plaas
Hou jy verby kry jy sommer raas
Dus pen ek maar my diertjie vas
En hoop om PM te verras

KATALOGUS

In hierdie huis kan jy nie trap
Sonder 'n wolhaar onder hak
Dink mooi waar jy jou voet gaan plaas
In hierdie huis is katte  baas

En roep natuur vir een of twee
Dink ma verniet, o wee, o wee
Dat sy minuut, of twee of vier
Vergun word, kat se kind is hier!

My kieliebaard die moet jy streel
Maar net so lank ek aanbeveel
Want duur dit langer - hoor vir my
Dan kry ons tweetjies lelik stry

Saans as ons lekker lepel lê
Ag, wat kan ek nou meer wil hê?
Vang ek die grootste slaapdroom muis
En sleep hom stertlangs na ons huis

Ons almal, al vier wat hier is
Weet hierdie: dis beslis gewis-
Dit is die kattehemel, hier
En plek beslis beperk tot vier

Is ons tevrede, vra jy my?
Beter sal ons nie sommer kry!
Ons spinmasjientjies werk oortyd
Van stille kattevredenheid!

















Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #7 on: October 18, 2018, 10:56:11 PM »
Ek spin soos jou wolhaar-hartspunte  :bootyshake: :hello2: :headbang: :icon_salut: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #8 on: October 19, 2018, 10:35:05 AM »
 :hello2:   Baie dankie Nooi, jou boete is betaal. 
Dit is 'n pragtige gediggie, ek sien jou en jou katgeliefdes snoesig in die bed. 
Ek lief die titel van jou gedig. 
« Last Edit: October 19, 2018, 10:37:36 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #9 on: October 19, 2018, 12:27:09 PM »
Dankie, PM en Meraai.  Ja, PM, om hierdie huis deur te loop is omtrent soos om deur 'n Kat katalogus te blaai.  Ek het lekker met die woord gespeel.  Dis sommer maar net 'n rymversie.  Maar ek dink, ten spyte daarvan dat katte uiters spirituele wesens is, (dink ek nogal) het 'n katversie hom nie geleen tot dieper vrae nie.  Hie hie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #10 on: October 19, 2018, 12:35:23 PM »
Dink net, as dit nie was dat ons forummoeder jou beboet het nie, was hierdie puik gedig dalk nooit gebore nie  :crybaby2: Ons het mekaar nodig! Sela.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #11 on: October 19, 2018, 01:54:34 PM »
Ek is mal oor jou "rymversie" Anastasia.  Dit is in goeie gees gedoen en ek lief jou daarvoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #12 on: October 20, 2018, 07:49:08 AM »
Hier is ‘n kwikkie
met 'n skerppuntbekkie,
kieriedun beentjies
en 'n lang, lang stertjie!
Hy wip rond
hop-hop hop
en pik na 'n saadjie in die stof.
Sy ogies mis niks
na links en na regs,
want vir kat se kind
is hy glad nie lus.
Fyn is sy lyfie
wel ingestel op gevaar,
en waarsku hy vir vroulief
nog voor hy ‘n aanval gewaar.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #13 on: October 20, 2018, 09:40:02 AM »
Baie goed gedoen Adele, ek sien jou daar op jou stoep sit en voeltjies kyk en versies skryf.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Gedig oor diere
« Reply #14 on: October 20, 2018, 12:21:44 PM »
Net voor ek kooi toe gaan, gou kom loer. Pragtige dierevers mater.