Author Topic: In ons laning  (Read 4298 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
In ons laning
« on: September 30, 2018, 08:41:43 AM »
Dalk net dalk is hier iemand wat my kan help.  Deur Segekok op kampforum.

My ma het toe ek veel jonger was. seker so oud soos die kabouters  of dalk net so n bietjie ouer altyd n gedig vir ons voorgedra...  Ek kan die eerste gedeelte onthou maar dit is waar dit eindig.  Het geen iedee wie dit geskryf het nie of selfs uit watter bundel dit kom nie.  Kry ook nie inligting by anti Google nie... 

Hier is die eerste paar reels....

"In onse laning staan 'n boom
wat lekker groot amandels dra,
maar langs ons woon 'n kwaai ou oom
wat ons altyd daar weg kom ja!
Kamp is koning!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: In ons laning
« Reply #2 on: September 30, 2018, 04:45:31 PM »
Dankie Naas!  :notworthy:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: In ons laning
« Reply #3 on: October 01, 2018, 05:42:20 AM »
Ek het ook gaan loer en het op hierdie oulike skakel afgekom met sy woordskatte uit vergange se dae.
https://www.gutenberg.org/files/19729/19729-h/19729-h.htm

Die Sterretjie.

Fonkel, sterretjie, fonkel,
Hoog in die lug so blou!
Kort is die dag, en lang is die nag;
Dood is jou skyn, eer die son jou verwag:
Snel sal jou glans in die môre verflou:
Fonkel, sterretjie, fonkel!

Fonkel, sterretjie, fonkel,
Hoog in die lug so hoog!
Engele daar kan jy byna gewaar,
Onder die wolke die hemelse skaar,
Elk met jou silwerwit skit'rende oog:
Fonkel, sterretjie, fonkel!

Fonkel, sterretjie, fonkel!
Lag in die lug daar bo!
Hier is dit sleg, want die dag is mos weg,
Oor al die veld het die nag hom geheg,
Tot as jy skyn—ja, dan kan 'n mens glo:
Fonkel, sterretjie, fonkel!

Fonkel, sterretjie, fonkel,
Bo in die lug so blou!
Kort is die nag, en lang is die dag,
Hier, waar ons lewe en pligte verwag,
Lig van die son, maar tog swart van die rou:
Fonkel, sterretjie, fonkel!

Project Gutenberg's Oom Gert Vertel en Ander Gedigte, by C. Louis Leipoldt

*This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with
almost no restrictions whatsoever.  You may copy it, give it away or
re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included
with this eBook or online at www.gutenberg.org


Title: Oom Gert Vertel en Ander Gedigte

Author: C. Louis Leipoldt

Contributor: Johannes J. Smith

https://wikisource.org/wiki/Oom_Gert_vertel_en_ander_gedigte
« Last Edit: October 03, 2018, 08:45:04 PM by Meraai vannie Baai »