Author Topic: Madakaskar  (Read 2746 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Madakaskar
« on: September 22, 2018, 05:18:22 AM »
Goeie more maters!

Ek moet vanoggend weer die pad aandurf lughawe toe, afskeid neem van my vroulief en 2 kabouters en dan die groot gevlerkte motor klim.
Gelukkig is dit net vir 'n week, maar dit gevoel gewoonlik soos 'n ewigheid en tel ek al klaar die dae af om weer by die huis te kan wees waar my hart is.

Ek vlieg soos laas Antananarivo toe, oornag vannaand daar en more verder Noord-Wes na Majunga toe.   Orrnag Sondagaand in Majunga en dan klim ek Maandag oggend die klein gevlerkte motor  suidwaarts na Besalampy garnaal plaas waar ek die res van die week gaan deurbring - daar is NIKS!

Ek sal Vrydagaand weer op OR Tambo land.

Moet my tog nie teveel verlang nie  :toothy4:  Ek sal darem 'n bietjie aan julle dink.

'n Lekker week vir almal!
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Madakaskar
« Reply #1 on: September 22, 2018, 12:48:27 PM »
Sterkte matertjie.  Wees veilig en kom veilig tuis.  Ek dink aan jou en jou geliefdes tuis wat sonder manlief en pappa moet klaarkom.  Hoop die week vlieg gou verby.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Madakaskar
« Reply #2 on: September 22, 2018, 11:07:55 PM »
Sterkte met die verlange en die werksverpligtinge. Innige simpatie. Hoop ons gaan weer 'n prag samestelling sien van jou wedervaringe. Ek lief jou 'gevlerkte motor'  :hello2: :notworthy: :book1:

Van verlange geskryf. Ken hierdie emosie baie goed Anton. Vir lang jare het my wederhelf ver weg van ons af gewerk en net naweke kom 'kuier'. Vreemde land, vreemde kultuur en twee manne wat studeer terwyl moederlief huishou en 'n ogie gooi oor jong manne wat inskakel by die grille en giere van die nuwe maters en opgewarmde motors. Nagmerrie op sy beste.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Madakaskar
« Reply #3 on: September 28, 2018, 05:13:08 AM »
Ek is terug by die huis.  Kon darem 'n vroeer vlug gister namiddag van anders sou ek 'n oornag in Tana moes spandeer en eers van terugkom.
Ek was die week op die garnaal plaas en daar is NIKS, net plaas.  Het lekker kleur gekry nadat die son my geklits het van al die buite werk en proewe doen langs die water.

Alles was darem 'n groot sukses en nou begin projek onderhandelinge vir die volgende 2 maande, en as alles goed afloop dan behoort ek 'n projek bestellingte kry teen Desember / Januarie.

 Hierso is darem so een fototjie van die son wat sak oor die nagemaakte rivier wat die garnale voer - die water wat ek moet behandel om goggas dood te maak sodat die garnale mooi groei.

Kamp is koning!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Madakaskar
« Reply #4 on: September 28, 2018, 06:08:52 AM »
My 2de aand nog op roete Besalampy toe, het ek oornag in Majunga ...











Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Madakaskar
« Reply #5 on: September 28, 2018, 01:26:40 PM »
Welkom terug Anton.  Dit lyk heerlik rustig en sprokiesmooi.  Dankie dat jy dit gedeel het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Madakaskar
« Reply #6 on: September 29, 2018, 11:24:44 PM »
Lyk so ontspannend. Welkom terug van diekant van die aardbol af ook mater. Geniet jou fotos altyd deur!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Madakaskar
« Reply #7 on: September 30, 2018, 01:23:07 PM »
dankie vir die deel van wat so mooi is .... ek geniet jou vertellings  :coffee2:
adéle  :grommit: