Author Topic: Vader Tyd  (Read 3304 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vader Tyd
« on: April 21, 2011, 05:03:33 AM »
Met die rustige reëntjie wat val
sing die geut ‘n eentonige deunjie.
Ritmies tik-tik-tik-tik-tik-tik-tik,
sewe tikke per twee sekondes,
elke tik kondig gister aan.
Met tyd wat verby is
sal jou meule nooit weer maal nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vader Tyd
« Reply #1 on: August 15, 2018, 03:41:12 AM »
704 keer misgelees en geen kommentaar.
So diep waar soos die see homself.
Tyd en water is soos woorde. wanneer dit eers uit is kan niks dit weer omdraai, terugdraai of ongedaan maak nie.
Die water wat verby is sal die meule nooit weer draai nie.
So hartseer dat sekere gesegdes hulle Oemph verloor met die tyd saam. Hoeveel van ons kleinkinders weet bv nog wat 'n meule is en hoe dit werk.
Kan ons dus se: "Met die woorde wat vergeet is sal die jongeling nooit meer verstaan nie."?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vader Tyd
« Reply #2 on: August 15, 2018, 05:17:57 AM »
Klop klop, hier kom ek op nommer 705 ook aanmeld.

My kinders wat Afrikaans grootgeword het, kan om die dood nie 'n kale kluitjie by die oor bring in my geskrifte nie. Vertel my ek kan net so wel in Grieks skryf. Skoondoggie vertel my suutjies dat sy soms ons oudste vra om vir haar te vertaal dan antwoord hy 'darling, to tell you the truth, I have NO clue what my mum is saying!'

 :icon_bigsmurf: :dontknow:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vader Tyd
« Reply #3 on: August 15, 2018, 06:55:06 AM »
Ek dink nie ons moet onsself in karbonkels in bekommer daaroor nie. Net soos die taal gaan die lewe ook aan. Soos vernuwing gebeur gooi die lewe die ou velle af. Houtstowe word vervang met elektriese stowe, perdekarre en waens met motors en vragmotors. En ongelukkig verdwyn nie net die perdekar en die ossewa nie maar al die taal (woorde en gesegtes) rondom dit raak in onbruik omdat dit doodeenvoudig nie meer deel is van allerdaagse gebruik nie. My kinders wat Afrikaans vlot praat weet ook nie meer wat 'n lunsriem of 'n naaf is nie.
In nuwe Afrikaans: Dis sad maar true.  :crybaby2: :triplets: :crybaby2:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vader Tyd
« Reply #4 on: August 15, 2018, 07:21:09 AM »
Snik-snik. Groot waarheid.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vader Tyd
« Reply #5 on: August 16, 2018, 12:20:56 PM »
Ek weet ek klink soos 'n fiets se agterwiel met 'n kartonflappie aan, maar ek kyk altyd na hoeveel keer 'n onderwerp gelees word. 
Naas, ek wonder hoeveel kinders weet wat "karbonkels" is. 

Ek het hier in Leeupoort 'n vroutjie ontmoet vir wie ek my hoed lig en my knie knak.  Sy het by 'n paar geleenthede vir my verduidelik hoe 'n mens leestekens in 'n gedig kan interpreteer. Ek kan nie wag dat Em haar internet aan die gang kan kry om saam te kom kuier nie.  Ons het ook 'n paar keer gesels oor "archaism" en dit is soos jy sê.  "So bad, your dad."
Om te weet is om te verstaan.