Author Topic: Vergelding  (Read 1125 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vergelding
« on: September 20, 2018, 04:37:37 PM »
Vergelding

Soms huil ons
dit is goed,
om te huil is goed.

Soms lag ons,
dit is beter om te lag
om te lag is beter.

Soms is ons stil,
om stil te wees is nodig,
dit is noodsaaklik.

Soms praat ons
om te wys ons is mens,
om ons pyn te deel.

As ons nie praat nie,
as ons die pyn binne hou,
dan sterf ons elke dag ‘n bietjie
tot eendag     eendag verdwyn die pyn.

Saam met die pyn verdwyn die huil    en die lag.
Sonder pyn en huil en lag is ons niks.

Al wat oorbly is die stilte.
As daar net stilte is,
is jou siel versmoor,
jou menswees verloor.

My raat aan jou;
verhef jou stem,
deel jou smart,
sê jou sê
dit sal werk as dit
vergelding is wat jy wil hê,
(of om jou sinne te behou.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vergelding
« Reply #1 on: September 20, 2018, 04:39:50 PM »
Ouens kom help asseblief om hierdie stukkie werk uitmuntend te maak.  Bring al die gedagtes, ek sal dit waardeer.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.