Author Topic: Die wonder van die naghemel  (Read 43 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Elizabeth Kungl

  • Global Moderator
  • Suigeling
  • Posts: 9
  • Passievol Afrikaans!
Die wonder van die naghemel
« on: September 20, 2018, 07:03:22 AM »
Wie die eerste mense was wat die sterre met meer as net belangstelling bestudeer het, sal ons seker nooit weet nie. In Europa en Rusland is rots-tekeninge en stukkies gekerfde ivoor gevind wat sterrre en planete uitbeeld. Dit word bereken dat dié tekeninge en ivoorstukkies sowat 20 000 jaar oud moet wees. Wie die kunstenaars was, weet ons nie...
Baie van wat ons van die sterrekennis van lank gelede weet, het ons uit die ou geskrifte van die Babiloniërs (Assiriërs) geleer. Maar dit is duidelik uit hulle geskrifte dat hulle weer van mense vóór hulle geleer het. Wie hulle was, weet ons ook nie...
Tog is baie bekende sterrebeelde soos die Skerpioen, die Vis, die Jagter, die Bul, ens., deur dié onbekende mense ‘uitgeken’ en name gegee. Deur oorlewering is dit tot vandag toe nog so aan ons bekend.
Miskien moet ek net eers die verskil tussen galaktieë en konstellasies verduidelik. Galaksies is broers en susters van ons eie Melkwegstelsel. Hulle is oneindig ver, en net twee kan ons met die blote oog sien. Hulle is die Wolkies van Magellan. Konstellasies, daarenteen, is groepe van sterre in ons eie melkwegstelsel wat die ou astroloë in beelde omskep het. Met ander woorde, dit is prentjies wat beelde voorstel; soos ’n krap, ’n kruis, ’n bul – en so aan.
Die ‘ou’ mense het ook die vyf duidelikste planete herken en name gegee, maar hulle is later deur die Grieke ander name gegee. Die ‘ou’ astroloë het blykbaar aanvanklik gedink dat daar ses planete is.
Dit was Venus wat hulle laat kleitrap het. Omdat Venus sommige maande van die jaar die ‘aandster’ en sommige maande die ‘môrester’ is, het hulle gedink dit is twee verskillende planete.   
Die meer onlangse geslagte Sjinese; die Amerikaanse Rooihuide; die mense van die Stille Oseaan, en andere, het wel die sterre bekyk en bestudeer, én geleer om hulle as navigeerbakens te gebruik   maar hulle het nie veel meer van die sterre as die onbekende oermense geweet nie.     
Hoewel omtrent elke beskaafde volk wat die wêreld geken het, die hemel-ruim bekyk en bestudeer het, het hulle byna sonder uitsondering bonatuurlike magte daarin gesoek. Met ander woorde, hulle wou die toekoms voorspel, of ten minste sien hoe die sterre en planete die mens se lewe beïnvloed. Hulle was astroloë, nie astronome nie.
Dit was die ou Griekse geleerdes en filosowe, met hulle dors na kennis, wat meer van die hemelliggame wou weet en leer: nie om die toekoms te voorspel nie, maar om die kennis as sodanig...
Ná Alexander die Grote (356   323 V.C.) se roemryke veldtogte, het sy opvolger 'n groot biblioteek in die stad Alexandrië (na Alexander vernoem) opgerig.
Beroemde geleerdes soos Thales, Aristoteles en Eratosthenes het daar studeer, gepeins, debatte gevoer, hulle eie oortuigings verkondig   en dit alles vir die nageslag op skrif gestel.
Met die opkoms van die Romeinse Ryk, is die Griekse geleerdes toegelaat om hulle gang te gaan.
Die Romeine het nie regtig in dié sterrewetenskap belang gestel nie. Nee, oorlogvoering en argitektuur en die beeldende kunste was meer in hulle kraal.
Julius Caeser het byvoorbeeld 'n Griekse geleerde, Sosigenes, gevra om 'n ordentlike kalender met behulp van die sterre saam te stel.
Sosigenes het met die seisoenale verskyning en verdwyning van die helder ster Sirius bo die horison, jare lank dopgehou. Hy bereken toe dat die jaar 365,25 dae lank moet wees. Om die lastige ‘kwart dag’ in berekening te bring, het Sosigenes die skrikkeljaar ingestel. Daarop kon tot nog nie veel verbeter word nie.
Vandag weet ons dat die tyd wat die aarde neem om een sirkel om die son te voltooi - die jaar - presies 365,256 dae lank is. Net komma 006 dag langer as dié van die ou Griekse wetenskaplike.
Teen die jaar l80 N.C het die Romeinse Ryk begin verkrummel. Die Roomse Kerk, wat toe magtig geword het, het baie van die ‘ongewenste’ boeke verbrand, maar die Biblioteek van Alexandrië het darem bly voortbestaan.               
Maar sowat 400 jaar later, ongeveer 640 N.C., het 'n Arabiese sjeik, Kalib Omar, die biblioteek van Alexandrië totaal vernietig. Hy het dit gedoen omdat hy die boeke in die biblioteek òf as heidense en duiwelse lektuur beskou het, òf, indien dit met die Koran saamgestem het, het Omar dit as ‘onnodig’ ge ag.
Net hier en daar het weggesteekte perkamentrolle of papirusvelle die vandalis-me vrygespring. Party geskrifte was gelukkig in ander tale vertaal en het in dié lande bewaar gebly.
Dit is uit die paar bewaarde of vertaalde geskrifte dat ons vandag weet hoe ver die ou Griekse geleerdes op die pad van die waarheid was...
Volgende keer gaan ons ’n paar van hulle prestasies en waarnemings kyk.
Sterrestories deur Franz Conradie

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 143
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Die wonder van die naghemel
« Reply #1 on: September 20, 2018, 07:24:05 AM »
Baie dankie Elisabeth.

Andromeda is die naaste Galaksie aan ons, en onder regte omstandighede (baie donker en regte tyd van jaar -volgende paar maande) kan die met die oog gesien word, slegs 2.5 miljoen ligjare weg.

Ek het vir myself hierdie boek aangeskaf wat vertel van die geskiedenis van die sterrekyker.

Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9114
  • Gender: Female
Re: Die wonder van die naghemel
« Reply #2 on: September 20, 2018, 01:42:02 PM »
Wil julle twiekies nog weet wat doen julle hier?   :toothy4:


Baie dankie, ek het lekker gelees.  Dit is goed uiteengesit en almal kan dit verstaan.  Ek wag nou vir "volgende keer". 
Om te weet is om te verstaan.