Author Topic: net 'n vinnige in en uit draf  (Read 2643 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
net 'n vinnige in en uit draf
« on: September 19, 2018, 08:34:31 PM »
Ek draf gou hier in om te kom sê ek is bietjie afwesig.  Het bietjie probleme met my gesondheid.  Gister die kardioloog gaan sien.  Dinge lyk nie te lekker nie.  Gaan Dinsdag eerskomend vir 'n angiogram en dan verdere prosedures wat ookal nodig mag wees.  Alles ook maar byproduk en nadraai en eventuele verloop van die lupus.  Ek glo ek kom kuier eersdaags weer voluit.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #1 on: September 19, 2018, 11:10:38 PM »
Vou jou toe met omgee liefste brawe mater van ons. Sterkte op die pad vorentoe met die reeks toetse en wat daarmee gepaard gaan.  :love7:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #2 on: September 20, 2018, 05:39:48 AM »
Baie sterkte Anastasia en ek hoop jy en jou hartjie word gou beter.
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #3 on: September 20, 2018, 01:46:59 PM »
Ek dink aan jou my maatjie.  Hoop die uitslae is na wense.  Sterkte vir jou en manlief.  Laat weet asseblief sodra jy nuus het.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #4 on: September 21, 2018, 09:41:18 AM »
Anastasia as jy hier lees, daar is nuwe inligting by die PH artikel wat jy dalk handig kan vind matertjie.  :love7:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #5 on: September 24, 2018, 10:22:51 AM »
Dankie, Meraai.  Dankie Anton.  Dankie PM.  Is maar in die verband merendeels my seun wat my hierin bystaan.  Hy is egter 'n absolute stukkie goud.  Dis nie agv onwilligheid aspris van my wederhalf nie.  Dis ook maar agv ouderdomskwale wat veroorsaak dat daar nie meer gehoop kan word op ondersteuning nie.  Dis maar 'n hartseer storie op sy eie.   
« Last Edit: September 24, 2018, 10:28:26 AM by Anastasia »
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #6 on: September 24, 2018, 10:26:07 AM »
Ek dink aan jou my maatjie.  Hoop die uitslae is na wense.  Sterkte vir jou en manlief.  Laat weet asseblief sodra jy nuus het.

Skuus, sien nou dis PM wat die woorde van wense gewens het, nie Anton nie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #7 on: September 27, 2018, 07:15:15 AM »
Ek is eindelik weer tuis. Dankie vir die goeie wense. Die uitslae van die toetse was goed. Die Angiogram toon mooi oop are, geen hartskade. Verdere longskanderings en longfunksietoetse toon dat vir my jare en onaktiwiteit die longfunksie heel goed is. Die spesialis rule uit dat dit pulminere hipertensie kan wees.

Alhoewel ek steeds so naar voel, met 'n beklemming om die bors en hartkloppings met duisel spells, weet ons nou daardie dinge is reg.

Ek het wel 'n erg flukturerende glukose en suiker vlak, wat ek met regte dieet onder beheer moet kry. Ek het in verlede juis 'n soet ding gegryp as ek so voel, wat die vlakke natuurlik verder versteur het.

Goeie nuus is dat ek ook nou 'n afspraak het agv al die omswerwinge by 'n goeie rumatoloog wat my rumatiek en lupus verder gaan ondersoek en behandel, en ook 'n ortopeed, wat gaan poog om my skeefgetrekte 'chassis' stuk vir stuk reg te kry, van die enkels, knieee en heupe af. Hopelik kan ek dan ook meer aktief weer raak.

So, alles maar ieperkonders van 'n ou vrou!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #8 on: September 27, 2018, 10:56:10 AM »
"hiepiekonders" seg u vir my!
Oud word is nie vir sissies nie hoor.  Ons het nou maar almal ons skete en kwale en het geen ander keuse as om daarmee saam te leef nie.  Sorg net dat die elmboog gesond bly.   :angel4: :occasion14:


Ek is dankbaar dat daar soveel positiewe uitslae is.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #9 on: September 27, 2018, 11:13:18 AM »
 "Alhoewel ek steeds so naar voel, met 'n beklemming om die bors en hartkloppings met duisel spells, weet ons nou daardie dinge is reg."

As jarelange diabeet kan ek jou waarborg dat dit die gevolg is van vinnige verandering in jou bloedsuiker. Bly weg van suiker en vetterige rooivleis.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: net 'n vinnige in en uit draf
« Reply #10 on: September 28, 2018, 06:19:32 AM »
Dankie almal.  Ja, Naas, ek roem my toe altyd nog daarop dat my suiker tellings mooi is.  Teenoor my man wat 'n diabeet is.  Nog altyd net die vinger prik toetse gedoen, en dan was dit goed.  Nou egter met die volledige toetse, eers vastend, dan glukose drankie en weer toetse, blyk dit ek is nie 'n diabeet nie, maar dat my vlakke vreeslik vinnig op en af.  Dis tekenend van pre diabeties wees.  Ek sal nou maar my lekkertjies moet wegpak.  Ek is iemand met 'n soet tand.  En ek was nog altyd lief vir 'n lekker vet biltongtjie of skaaptjoppie.  Sal maar soet wees en die soet in die lewe vermy.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!