Author Topic: Wanneer God oorneem en iets fataal keer  (Read 59 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1639
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Wanneer God oorneem en iets fataal keer
« on: September 14, 2018, 04:44:42 PM »
Julle weet ek vertel graag stories en skryf dagstukkies en gedigte, maar tog 'getuienis' ek minder in woorde. Ek leef dit liewer uit sodat iemand ons Skepper agter my, langs my kan raaksien. Maar hierdie ongeluk wat gister moes gebeur, kan nie on-vertel gelaat word nie.

Gister het ek weer beleef hoe God oorneem en ons vas hou. Ek moes (baaaie teen my sin) gisteroggend Philip Sanders-oord toe ry, so ent van Bloemfontein af. Ek wou nie, en kon net oor die tydmors-sessie kopskud. Ek het eers 18:45 die vorige aand daarvan gehoor en dit omtrent verloor (waaroor ek vanoggend bitterlik skaam is) maar nou geleer dat as God jou stuur, moet nie teëstribbel nie. Hy wil ‘n wonderwerk wys!

In elk geval, met rondbel en reëlings tref, is ek toe vroeg op pad want elkeen naby my het ‘n ander draai ook gehad en ek moes dus alleen ry. Maar net toe ek die werksbakkie gaan haal en magtigingsvorms optel, laat weet Nico, oordbestuurder, ek moet hom gaan oplaai. En saam luister ons die inligtingsessie deur.

Ons vat die pad toe so ná drie-uur terug. Ek ry oor die algemeen nooit oor spoed nie, maar omdat ons moeg was, raak die naald so aan die 120. En seker so 20 km van Winburg af, verander net die klank van die bakkie se dreuning op die teer. Geen geruk of geswaai, geen gegly nie. Nico het net gevra of ‘n wiel pap is. Ek weet nie wat ek geantwoord het nie. Maar ek weet ek was verstom toe ek sien die wiel is oopgebars, nie net pap nie.

Want ek het net die stuurwiel vasgehou, my voete opgetel en gedink ‘moet net nie nou briek trap nie’ tot die bakkie op die los gruis langs die pad tot stilstand gekom het. Die veld loop daar baie skuins af en ek was bang ek laat die bakkie omval. Maar Nico het dit tot amper oor die randjie getrek, so ver moontlik net van die teer af. En ek het nie, alleen, langs die pad bly staan nie.

Die verkeer op die pad was vol swaar voertuie, van kleiner tot ekstra-groot. Maar op daardie minuut wat die band gebars het, kan ek nie onthou dat daar enige voertuig agter my was nie, want ek het nie briek getrap nie. Toe ek stilgehou het, was daar egter dadelik weer voertuie wat verby geswiep het. Ek wil nie dink aan wat ‘kon’ nie. Net elke kort-kort my oë toemaak en sê ‘dankie, dankie Here.’

adéle theron

Raaitjie, inboks vir my jou selfoonnr, dan stuur ek die foutokie vir jou.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2481
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wanneer God oorneem en iets fataal keer
« Reply #1 on: September 16, 2018, 11:13:28 PM »
Sooooooooo maar so dankbaar jy was onder Beskerming liefste mater van ons. Ek moet skandelik erken ek ken nie ons selnommer nie. Sal Meisiekindjie vra om hom vir my neer te skryf. Kan jy dit dalk met FB se message stuur. Sal graag fototjie wil sien sebliefie!!
Ons het self ook 'n getuienis vanoggend. My Meisiekind en haar manlief was die naweek met motorfiets see en berge toe. Dit was omtrent 'n 7 ure trip. Ek was sooooo bang sy raak aan die slaap en hou nie meer vas nie. Op 'n stadium net gevoel ek moet weer bid en spesifiek vra dat sy nie aan die slaap sal raak nie.

Gisteraand se sy vir my dankie dat ek gebid het want gedurende die tyd wat dit op my hart geplaas was om in te tree, het sy amper aan die slaap geraak!!! Hulle het toe afgetrek en bietjie ontspan.
« Last Edit: September 16, 2018, 11:15:42 PM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1639
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wanneer God oorneem en iets fataal keer
« Reply #2 on: September 17, 2018, 05:37:00 AM »
Sooo dankbaar sy is ook oukei .... maak so. die foto is ook op my fb, dalk kan jy dit daar optel. Gistermiddag het Chris ook dinge genoem wat kon skeefloop, ai, soveel genade ....
adéle  :grommit:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 216
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Wanneer God oorneem en iets fataal keer
« Reply #3 on: September 17, 2018, 07:27:43 AM »
Bly jy is ok Adele. 
Kamp is koning!