Author Topic: Houvas aan jou ruk en pluk  (Read 1999 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Houvas aan jou ruk en pluk
« on: September 12, 2018, 01:50:54 PM »
Soms gaan dit moeilik met my en dan wil ek moed verloor.  Ek kruip vir 'n rukkie weg onder die bed, maar pasop as ek daar uitkruip.  Vol stof en spinnerakke gryp ek my ruk en pluk terug en ek slaat daai swart hond dat hy tjank!   :icon_biggrin:


Dit help nie ek sit en mor en tjor oor hoekom dinge so verkeerd loop nie, dit mors net my tyd.  Aanvaar dit.  Klim uit die gat en kyk die wêreld weer in die oog. 


Dit is nie so maklik as wat dit klink nie, maar wat is die alternatief?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Houvas aan jou ruk en pluk
« Reply #1 on: September 12, 2018, 05:40:11 PM »
Ai, jy moet net skree as jy 'n tou of hand kort.  Ek val ook af en toe in daardie gat.  Uitkom en gou ook, is die beste
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Houvas aan jou ruk en pluk
« Reply #2 on: September 12, 2018, 11:11:15 PM »
Ek klou verbete aan my ruk en pluk diekant van die aardbol.  Met innige simpatie bied ek ook aan soos Anastasia dat jy moet skree as ons kan help uitklim.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Houvas aan jou ruk en pluk
« Reply #3 on: September 13, 2018, 07:37:42 AM »
Hier is vir jou 'n flits lig om onder die donker bed te kan sien asook 'n lekker stewige knopkierie om daai hond by te kom.
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Houvas aan jou ruk en pluk
« Reply #4 on: September 13, 2018, 08:24:43 AM »
Baie dankie julle.  Ek waardeer julle ondersteuning.  Ek gryp al die hande vas en dankie vir die flits en die knopkierie Anton.  Nou is ek gereed vir die dag. 
Om te weet is om te verstaan.