Die kuierstoep > Kom kuier saam

Wie is Elizabeth Kungl?

(1/1)

Anton Louw:
Sit ek hier met 'n lekker beker kits koffie  :icon_biggrin: en lees so deur die Forum se kategorie en ek sien daar is 'n "New Kid On the Block"  en moderator ook?

Wonder ek so by myself wie is hierdie Elizabeth Kungl?    Of is dit dalk net die naam vir 'n nuwe tipe komper / forum  program wat outomaties ons insette modereer?   Of is dit 'n werklike persoon?

Sal ons altyd moet wonder?  Weet iemand?

PM:
 :icon_biggrin:   Ja, ek weet.  Elizabeth of Liesbet of EK is 'n dame wat hier in Leeupoort woon.  Sy is net besig om 'n paar "goetertjies" uit te sorteer en sodra sy terug is sal sy haar insette kom lewer.  Ek was dalk 'n bietjie vinnig.  Julle ken my mos, die dinge moet NOU gebeur.   :icon_biggrin:


EK is haar voorletters hoor.   :icon_biggrin:

Elizabeth Kungl:
Jammer dat ek julle so aan 'n lyntjie gehou het. Ek is gebore Elizabeth Conradie op 29 November 1959. My pa Franz Conradie, was 'n skrywer en baie lief vir geskiedenis en veral die Afrikaanse taal en geskiedenis. Meeste van die onderwerpe sal dus van sy skrywe wees, want ek was bevooreg om al sy skrywe te erf, daarom wil ek dit graag met mense deel wat ook 'n passie vir Afrikaans en sy mense het. My pa het ook 'n boek geskryf oor Sterrestories, dus deel ek dit ook graag. Dan wil ek graag mense inlig oor bipolêre gemoedsteuring.
Wees geduldig met my want ek is besig om 'n nuwe besigheid te begin en dit vat nogal baie van my tyd. Ek moet ook nog leer hoe om die program goed te gebruik.  :wave: EK

PM:
Baie welkom EK.  Ek glo ons gaan lekker lees en  saam kuier op die forum.   :hello2:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version