Author Topic: Afrikaner sy taal?  (Read 4053 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Afrikaner sy taal?
« on: September 12, 2018, 08:14:55 AM »
Afrikaner sy taal.   Nou wie is hierdie Afrikaaners eintlik?

Luister ek juis op Maandag?  'n praaitjie op my gunsteling radio stasie RSG wat gehandel het oor Afrikaans, die Afrikaner en 'n paar miskonsepsies wat deur die jare ontwikkel het.

Dit het my nogal laat wonder en ook laat besef hoe maklik die mensdom die waarheid kan verander om by sy eie ideologie in te pas.

Waarop dit neergekom het is dat in vandag se politieke klimaat die woord Afrikaner en Afrikaans geassosieer word met die Wit man!  Ja die wit tokkelos  :icon_biggrin:

..... maar inderwaarheid is dit glo nie die werklikheid nie?  Die Afrikaner en die Afrikaanse taal is blykbaar volgens menige kundiges iets wat ontstaan het vanuit die nie blanke gemeenskappe van die vroeer jare in die Zuid Afrikaanse geskiedenis.  YIP!   Dit was die taal van die bruin mense and swart mense wat ook saam met Jan se kinders hulle potjie gekrap het - dit het daar ontwikkel en was eerste deur hulle begin praat.  Die Wittes het blykbaar nog vir lank hulleself behou by die meer oorspronklike Hollandse taalverbruik en eers later begin aanpas by die meerderheid wat die "nuwe" Taal gepraat het.   En so het Afrikaans gegroei.

Dus is dit heeltemaal van koers af om die afrikaanse taal teen te staan asgevolg van 'n wrok teen wit mense!

Nou ja, bogenoemde is maar my interpretasie van wat ek gehoor het op die draadloos en miskien het ek net gehoor wat ek wou? 
« Last Edit: September 12, 2018, 11:07:46 AM by Anton Louw »
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaner sy taal?
« Reply #1 on: September 12, 2018, 01:28:01 PM »
Net 'n paar feite:
Die Moslem-gemeenskap in die Bo-Kaap het die eerste Afrikaanse skool begin. 

In 1858 is 'n privaatskool in Paarl begin waar Afrikaans 'n vak was.
In die middel van die 19e eeu verskyn die eerste boeke in Afrikaans.

'n Groep mense het in 1875 begin stry vir Afrikaans as amptelike taal. 

In 1876 het die eerste Afrikaanse koerant, "Die Patriot", verskyn. 

In 1925 het Afrikaans die tweede amptelike taal van Suid-Afrika geword en in 1933 verskyn die Bybel die eerste keer in Afrikaans.
Tans is Afrikaans die derde grootste taal in Suid-Afrika.
Afrikaans groei daagliks: daar is talle nuwe Afrikaanse tydskrifte, koerante, radiostasies en 'n groot aantal Afrikaanse webblaaie.

Afrikaans word al hoe meer in ander lande gepraat as gevolg van Afrikaners wat hul daar vestig. 
« Last Edit: September 12, 2018, 01:32:28 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.