Author Topic: Al die veld is vrolik!  (Read 4283 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Al die veld is vrolik!
« on: September 01, 2018, 05:44:45 AM »
Dis heerlike lente, die winter's verby;
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o!
 Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o.
Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o!


Woorde: THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ



Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier.

[koor..]

Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil;
in die groot ou eikeboom droom ‘n oupa-uil.
Oral in Karooland is ‘n ruik versprei:
boegoeblom en appelkoos–kan jy beter kry?

[koor..]

Bind vir my tesame katjiepiering wit,
bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid,
varings van die klippe, oral, ai só mooi,
rooi kalkoentjies uit die vlei–blomme uitgestrooi.

[koor..]

Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei!
Elke koggelmannetjie het sy maat gekry.
Elke gons’rig’ goggatjie is getroud of vry:
vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei!

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!


Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT
Musiek: J. WEBER; verwerk: PIETER DE VILLIERS





[2x]
Kyk, dis September weer; laat al die vure brand!
Dan hou ons weer ‘n keer braaivleis doer by die strand.

[REFREIN]
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby.
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby.

[2x]
Lente is oral weer, blou branders aan die strand,
velde vol blommefleur; knoop nou die liefdesband.

[REFREIN]
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby.
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby.

Woorde: C.G.S. DE VILLIERS
Musiek: Italiaanse melodie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT

Kamp is koning!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Al die veld is vrolik!
« Reply #1 on: September 01, 2018, 06:00:08 AM »
Dankie Anton. Nou lekker met jou saamgesing op ou bekende wysies.
Ek hoop vir lekker vroeë lentereëns hier by ons. Ons damme is nog dors.



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 01, 2018, 06:05:18 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Al die veld is vrolik!
« Reply #2 on: September 01, 2018, 06:04:17 AM »
Goeie more Naas.  Ag hoe lekker was dit nou om saam met jou te sing.
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Al die veld is vrolik!
« Reply #3 on: September 01, 2018, 11:21:33 AM »
'n Mens kan nie anders as om vrolik saam te sing nie  :toothy4:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Al die veld is vrolik!
« Reply #4 on: September 01, 2018, 02:47:51 PM »
Dis seker die warmste lentedag is jare in die Vrystaat, heerlik, al waai die wind gevaarlik vir veldbrande. Ander jare is dit nog lekker winter gewees op 1 September.
DAnkie Anton, wat 'n lekkerte om saam te sing.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Al die veld is vrolik!
« Reply #5 on: September 11, 2018, 10:41:09 AM »
Hier het ek ook nou saam gesing.  Dit laat 'n mens se hart warm klop.  Dankie Anton, ek is so bly jy is deel van ons groepie.   :wav:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Al die veld is vrolik!
« Reply #6 on: September 11, 2018, 06:43:46 PM »
Al probleem, 'n week later toe ons nog so dans-dans deur die aand, tref die koue sneeuwinde vanuit die Karoo en die Drakenberge hierdie Vrystaatse vlaktes en vries alle bloeisels in die paar oggende se -6 grade. Maar omdat dit nie meer Juniemaand is nie, haal ons alweer asem.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Al die veld is vrolik!
« Reply #7 on: September 12, 2018, 12:22:03 PM »
Ons het die koue tot hier in die Limpopo beleef.  Jy weet, hier is dit so warm, as 'n ysbeer nies dan vries ons.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.