Author Topic: Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)  (Read 48088 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)
« on: May 04, 2011, 02:04:21 PM »
Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie,
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink waterstrome
sing hy nou so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan,
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet.
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)
« Reply #1 on: May 05, 2011, 09:40:30 AM »
Lekker sing ek nou saam Naas.  Dit is so 'n mooi diamandjie uit toeka se tyd.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)
« Reply #2 on: May 05, 2011, 08:01:21 PM »
Ek onthou ons het die ander dag die woorde daar by jou gesoek toe Stof die Musiek-cone daar voor ons lippe geswaai het.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)
« Reply #3 on: May 05, 2011, 11:15:55 PM »
Ek sal dit nooit nooitnie vergeet nie!  Dit was heerlik heerlik uit die boonste rakke!  Hoekom lê my gisters so helder en klikklaar voor my geestesoog!  Wat lê in my mores opgesluit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)
« Reply #4 on: May 26, 2011, 08:12:10 PM »
met bak kieriebeentjies in 'n kortbroek en oopknoophemp wat eenkant half uit sy broek hang, kniekouse halfmas oor sy kuite, koffiekannetjie swaaiend aan die hand...... verkyk ek my aan hom, sy skouers reguit agtertoe en die trots in die swaai van sy skouers....
net jammer van die swaard van stoere name wat oor die arme pasgeborene se wiegie hang.....

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)
« Reply #5 on: May 26, 2011, 08:55:01 PM »
Ag maar wat!  Hy moet maar deel van die familie wees,  teen wil en dank!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)
« Reply #6 on: August 08, 2018, 09:10:37 PM »
Kom lees ek nou hierdie hier raak.  Ek het as kind daardie mannetjie so sien stap in my geestesoog met sy klein koffiekannetjie wat hy so swaai.

Ek het die voorreg gehad om iewers in 2015 vir Stof wat ook hier genoem word, te ontmoet.  Ek en my seun het na 'n Nataniel konsert in Pretoria gegaan, en het Stof en van sy vriende by 'n restaurant vooraf ontmoet.  'n Besonderse mens, uniek en enig.  Daarna het die lewe ons alweer ingesluk en het ek in meer as twee jaar geen idee hoe dit gaan nie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!