Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!

(1/4) > >>

Anton Louw:
Laat ek met julle deel, een van my passies / stokperdjies   en om partykeer die kop skoon te kry.    Ek hou daarvan om foto's te neem van hierdie goed wat mens gewoonlik net in boeke sien.     Ek noem dit ook time travel, want van die lig wat op my kamera se sensor val is partykeer 100 de en duidende en honderde duisensde tot miljoene jare terug afgeskei en bereik nou eers ons spikkel.

Southern Pinwheel Galaxy beter bekend as Messier 83   -   15 miljoen ligjare -  yip, die lig het 15 miljoen jaar geneem om by my kamera uit te kom!


So 'n bietjie nader, snaaks dat hierdie planeet waar vroumense vandaan kom soos 'n hoofpyn pil lyk? Venus


En nog 'n bietjie nader, ons eie maan


ok, nog enetjie,   Mars

Meraai vannie Baai:
Trippel WOW!!! So dankbaar ek kan dit sien. Dit is fantastiese fotografie. Liefffffff die hoofpyn ene   :`ip2:

Ek moet hierdie blad met Outop deel. Hy gaan dit so waardeer.

adele:
dankie Anton! ek geniet ook die verre-ewige-ruimte se foto's

Anton Louw:
Hierso nog 'n klompie.

Een van my gunstelinge, Saturnes:


En hierdie een, my heel gunsteling!  Orion Nebula:  Dit is nou die middelste "sterretjie" wat mens in Orion se gordel kan sien en is eintlik nie net 1 sterretjie nie!  In die foto kan al 3 gesien word van heel links na regs.

Naas:
My kan maar nog van die plaas Anton. Dit maak die ruimtereisiger in my wakker.




  :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version