Woordskuur > Kreatiewe Skryfstyle

Kortste Gedigte & Stories in die wêreld

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Ek het my verstom.

Aram Saroyan het 'n eenwoordgedig geskep waarvoor hy $500 ontvang het by NEA:
Lighght

Mohammed Ali se gedig op aanvraag van die gehoor in 1975 met slegs vier letters:
Me
We

Strickland Gillilan
"Fleas"
Adam
had'em

Gyles Brandreth
 "Ode to a goldfish"

Oh wet
pet.

En dan is daar nog die volgende:
"Fit"           "Nought"
  n                   t

jwcurry het die letter i gebruik en die kolletjie was sy vingerafdruk!

Ernest Hemingway se seswoordstorie word beskou as die kortste storie in die wêreld:
For sale. Baby shoes. Never worn.

Wat gebeur as 'n skrywer niks skryf nie?
R.W. Watkins het 'n gedig geskep met slegs drie naakte lyne as spasies waar woorde geplaas kan word!
   
By die kommentare onder die youtube plasing vind ek die volgende:
The shortest pessimistic poem ever:
Hope?
nope.
(BadBoiFilms)

In een van ons eie gedigstruktuur albums het ek 'woordlose gedig' opgeneem. Dit was slegs 'n foto.
Vandag kon ek nie help om die volgende te skep na aanleiding van al die gekorswel rondom hierdie onderwerp:

Swart Humor
Verbrand
dit!
©

Bron: https://www.youtube.com/watch?v=6F7quI-MbzY

Anton Louw:
Swart humor  -   baie oulik, dankie Meraai

Meraai vannie Baai:
Dit is my "Afrika Kultuur" skepping Anton  :toothy4:

Naas:
Kortste gedig.

Ode aan 'n 80 jarige virgin.

Nee.


 :icon_bigsmurf:

Anton Louw:
Oooh!   Ek het gedink dit het te doen met jou kos wat altyd aanbrand  :evil6:-  grap net.      Ek kon die Afrika mooi daarin sien  :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version