Die kuierstoep > Die Gorrel plek

My seun se 'speel met woorde'

(1/2) > >>

Anastasia:
My seun het die wonderlike vermoë om met woorde te speel, en hulle een vir een in die komieklikste rye te ryg, dat jy jou slap lag. 

Whatsup hy my anderdag:  Watter soort vrug eet 'n towernaar?  Nee, antwoord ek, jy HET my!  Watter vrug eet hy?  Antwoord hy:  Dis 'n Peer!  (Disappear!)

Verlede jaar het ek 'n skeur in my kolon gekry.  Groot moles, want die afvoer materiaal het natuurlik gegaan waar dit einlik niks verloor het nie!  Bo en behalwe die feit dat die oorsaak daarvan ernstig kon wees, soos moontlike kwaadaardigheid wat dit weggevreet het, het 'n groot operasie gewag, met groot ingrypende lewensveranderende gevolge:  dit was 'n uitgemaakte saak dat ek 'n stoma sou kry, en die ongemak en bang daarvan het maar aan my gevreet.

Kom hy een aand van die werk af, en kry my op my bed in 'n bondel aan die huil.  Sit hy sy arm om my en troos:  Ag ma, dis mos nie so erg nie.  Jy is mos al die jare 'n Engelse taalonnie gewees.  Al wat dit behels is dat jou colon nou in 'n semi-colon gaan verander!  Nodeloos om te sê, my glimlag was dadelik terug geplak op my bakkies.

Die operasie was juis geskeduleer vir daardie angswekkende oggend toe ons deur die inbrekers oorval was.  Die hele Bester gesin het toe saam in een saal opgeeindig.  Soms skud ek my kop vir die vreemde storie van my lewe. 

Maar die goeie nuus is, dat ek stoma vry is.  Die dr het 'n hegting gedoen wat 'n 30% kans op sukses gehad het, wat toe 100% suksesvol was! 

Braai hy en sy kollegas een aand.  Hy is 'n geswore oujongkerel van 34.  Vra die een so vir hom met die vleis aanbieding vir sy bord:  Die Wors?  Nee, antwoord my seun.  Ek was nog nooit gedroud nie~ (Divorce)

Naas:
Wonder waar hy dit vandaan kry?  :notworthy:



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ek lag en vee 'n traan af terselfdertyd. Jou seun klink na 'n moeder se hartspunt mater en sooooooo dankbaar dat jy stoma-vry is!

Anastasia:
Ja, nee Naas, die appel val seker nie te vêr van die boom af nie?  Of Dis 'n Peer (dalk?)  hie hie

Meraai, omtrent.  Daardie seun ondersteun sy ma behoorlik.  Maar ons doen na beide kante toe.  Ek is daar vir elke sterkmankompetisie wat hy aan deelneem, en my stem klink luid!  Sorg vir die regte kosse vir die oefenprogram, tel die wasgoed LANGS die wasmandjie  op ens ens.  My man grom baie dis waarom hy nog nie uit die nes gevlieg het nie, ook maar met 'n kamma kwaai gesig.  Daardie kind is ons oudag se vreug en ondersteuning.

PM:
Ek is ook bly jy is stoma-vry matertjie.  Hannes was amper daar, maar gelukkig het hy dit ook vrygespring.  (Tot nou toe.)

Dit is wonderlik om so 'n seun te het.  (Buig my knie vir hom.)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version