Author Topic: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.  (Read 3781 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« on: August 17, 2018, 07:24:06 AM »
Wiskunde Graad 9
Gee die formule om die oppervlakte van 'n sirkel te bepaal. -  Paai straal kordaat.

Aardrykskunde Graad 10
Hoe het berge ontstaan?    -  Deur baie sterk winde.

Rekenaarstudie Graad 12
Waarom moet rekenaargebruikers gereeld rugsteunkopiee maak?  -  Sodat hulle nie rugpyn kry nie.

Geskiedenis Graad 11
In watter jaar het Suid-Afrika 'n unie geword?

Ek weet nie meneer. Maar 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar vir meneer en meneer se gesin.

Afrikaans

Voltooi: Hoe kaler jonker...       -  Hoe stouter indie donker.

Wiskunde Graad 8
Wat is regoorstaande hoeke?     -  Dit is hoeke wat vir mekaar kyk.

Geskiedenis Graad 8
Waarom is die Mona Lisa-skildery so baie werd?    -  Omdat sy so 'n mooi vrou was.

Bybelkunde Graad 8
Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?   -  In Jerusalem en Gauteng.

As kinders nog te klein is om pille te sluk, hoe kan 'n mens vir hulle medisyne ingee?  -  Tepelsgewys. (teelepelsgewys)

Wat is 'n vlieende piering?      -  'n Ding soos hierdie: O

Waar word sykouse vervaardig?      -  By Pep Stors.

Waarom is die seun in die verhaal gestraf?  -  Omdat hy sy eie virgin van die volkslied  gesing het.

Noem drie soorte grafiese rekenaarpakkette wat'n mens kry.  - Reghoekiges, rondes en langwerpiges.

Noem die vier seisoene.           -  Sout, peper, mosterd en asyn.

Hoe word dou gevorm?             -  Die son skyn op die blare en dan sweet hulle.

Wat veroorsaak getye in die see?    - Die getye is 'n geveg tussen die aarde en die maan. Al die water wil na die maan vloei, want daar is nie water op die maan nie. Ek het vergeet waar die son in die geveg inkom.

Watter waarborge kan 'n bank vereis as hulle 'n huisverband toestaan?   -
As jy 'n huis koop, kan hulle aandring dat jy goed geërf het.

Hoe belangrik is eleksies in 'n demokratiese samelewing?     -  Baie belangrik. Voortplanting kan slegs gebeur as 'n man 'n eleksie het.

Wat is 'n terminale siekte?   -  As jy op die lughawe siek word.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #1 on: August 17, 2018, 07:58:24 AM »
Wat is die ewenaar? Wanneer mnr naar is en ek naar is dan is ons ewenaar.  – Gr9.
Die Afr juf vra in hul eksamenvraestel wat beteken die idioom: Uit die veld geslaan. Sy antwoord: ‘n 6.
Gr. 9 Afrikaans (EAT) Begripstoets vraag: Wie, volgens jou, kyk gewoonlik na sepies op televisie? Antwoord: Die remote
My gunsteling: Gr. 10 Afr. HT. Maak ‘n verklarende sin met “poets”. “Aspoestertjie se poets is deur muise getrek!”.
Manlike vorm van ‘n weduwee is ‘n skaduwee.
Gr 6 NW. Hoe weet jy as iemand diaree het. Antwoord: Hy het gietergat….
Verduidelik asb die verskil tussen “Gratis” en “Verniet”  Antwoord.- Malema het gratis skoolonderig ontvang, maar dit was alles verniet…



 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #2 on: August 17, 2018, 09:32:38 AM »
Hahahaha. Ek wonder altyd of die goed regtig uit vraestelle kom Naas? Weet Gawie het my al 'n paar vertel wat haar outjies kwyt geraak het. Daardie gietergat een het sy hoeka in die week weer gebruik. Ek weet ons jongste het verseker sy Afrikaanse juffrou vermaak.

Maak 'n sin met strompel.
"Die strompel le in die asblik". (Toe ek hom vra weet jy wat beteken strompel, toe is hy baie gou om te antwoord dit is 'n mielie se binneste!

Maak 'n sin met waggel.
"Die waggel is stikkint." (Hier het hy gedink dit is 'n kaggel - die koorsteen was verstop lol)

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #3 on: August 17, 2018, 09:39:07 AM »
Ja. Die goeies raak soos die weermag stories wat oor en oor vertel word en met elkeen gebeur het.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #4 on: August 17, 2018, 01:10:35 PM »
Verduidelik die idioom:  Die loef afsteek.

My pa het my sussie se kêrel se loef afgesteek toe hy hulle op die bank betrap het!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #5 on: August 17, 2018, 01:12:07 PM »
Ek staan altyd verstom as ek sien hoe vindingryk ons kinders is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #6 on: August 17, 2018, 01:12:46 PM »
Smaak my daai kêrel het sy loef probeer wegsteek?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #7 on: August 17, 2018, 01:16:30 PM »
Hierdie is almal kostelik.  Geen van hierdie het met my gebeur nie, maar as Engels tweede Taal onderwyseres wat gaan vraestelle nasien het, het ek altyd 'n pen en papier byderhand gehou vir die skreeusnaakses.  Maar helaas, nie bewaar nie.  Dit was so snaaks.  Onder andere kan ek die een onthou:

This past holiday I lay on the bitch the hole day!  (versus lay on the beach the whole day)

Ja, Naas, daardie arme drommel se loef sal nooit weer lowergroen wees nie!  Ha ha
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #8 on: August 17, 2018, 03:00:17 PM »
Rêrig êrig!  Julle laat my lag.  Hoe lekker is dit nie om weer hier te kuier nie.  Al wat ek erenstig mis (behalwe die ander matertjies) is my gatseggies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #9 on: August 17, 2018, 03:01:41 PM »
Nou speel ek hier om na my gatseggies te soek.  Ek sien my "message" icon werk nog.  Wat gebeur nou as ek die ding daar vergeet . . .
« Last Edit: August 17, 2018, 03:03:53 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #10 on: August 18, 2018, 05:38:30 AM »
Oe my liewe genade - ek sal nooit weer die uitdrukking 'loef afsteek' kan lees sonder om onvroulik te bulder nie.  PM, hoop jy spoor jou gatsiggies gou op. Hier is ene wat jy gewoonlik gebruik het en elke keer as ek dit sien, dink ek aan jou  :bootyshake:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #11 on: August 18, 2018, 05:51:39 AM »
Ja, daardie boude wys, was deel van PM!  Ek voel skuldig as ek hom gebruik, voel of ek iets van PM Steel.  En die smurfie Naas.  Eiendomsreg.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #12 on: August 19, 2018, 05:39:51 AM »
Anastasia, ek verkrukkel my: This past holiday I lay on the bitch the hole day!  (versus lay on the beach the whole day)

 :headbang: :`ip2: :icon_biggrin:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #13 on: August 19, 2018, 01:47:44 PM »
Ek wou in rooi pen daarby skryf:  Spog jy of kla jy?  Hie hie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Oues - toe kinders nog getoets was.
« Reply #14 on: August 20, 2018, 12:33:12 PM »
Vandag het ek my gatseggies   :hello2:    :notworthy:    :love7:   en my gatseggies.   :bootyshake:    :pottytrain2:   


Julle is meer as welkom om dit te gebruik, ek deel graag.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.