Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

September vakansie

(1/2) > >>

Trapsoetjie:
Waar was ek, sjoe dis 'n vraag wat maar deurmekaar geantwoord kan word. So baie dinge het gebeur van dat ek hier weg is. Slegte dinge, mooi dinge en weer slegte dinge. So om dit op te som "LEWE"

September gaan ons darem vir 'n week weg, ek kan nie wag nie.
Teniqua Treetops, ons gaan in die bome bly. Daar is lekker wandel paaie. Ek hoop dat ons by die Olifante 'n draai kan maak, dalk op een sit. Sal nog moet sien.
Maar ek kan nie wag nie, net lekker weg kom van alles hier. Lekker rus.

 :angel12:

adele:
trappies!!!! hoe wonderlik om jou spoortjies hier te sien   :love7:

Meraai vannie Baai:
Ek gaan nou sommer 'n dubbel-koffie skink. Sooooooo opgewonde. Trappies, geniet die uitsien nooi!

PM:
Welkom welkom! Dit is wonderlik om jou hier te sien en ek hoop jy gaan nou hier bly anders gaan jou naeltjie uitskroef en jy gaan op jou boude beland.  Ha-ha!
Vertel van julle wedervaringe sustertjie.  Ek wag in spanning. 
(Skuus, my gatseggies het hulle doodgeskrik vir my en nou speel hulle wegkruipertjie.)

Trapsoetjie:
 :color:  Skaam kry ekke nou. Dankie julle.  :love7:
Wel van my huis wat gebrand het al die nare dinge gaan ek eerder nie 'n woord rep nie, dit bly in die verlede.

Ons huweliksherdening, 31 jaar, so ek en my beter helfde gaan bietjie dros van die winkel af.  :hello2: :hello2:

Ons gaan paar dae vir skoonsus kuier in Mosselbaai dan van daar in die bome bly, ons laaste paar dae gaan ons weer by skoonsus bly.

 :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version