Author Topic: Outop en die halwe blou pilletjie  (Read 4369 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Outop en die halwe blou pilletjie
« on: August 16, 2018, 05:31:07 AM »
*Uit 'n Woesgeskrif van toeka.

Ons het netelige gedoente gehad diekant van die aardbol. Skoonseun het vir Outop so piepkleine bloupilletjie met 'n knipoog gegee toe ons daar gaan kuier het 'n paar jaar gelede met die waarskuwing dat hy vir die wis en onwis net eers 'n halwe moet neem. 

Nou is ek via Meisiekind so tussen die lyne deur ingelig oor die halwe blou gedoente en ek laat my nie twee maal nooi vir iets wat net lyk na opwinding nie. Uitgevat, versier ek ons slaapkamer soos in die romantiese flieks. Dit het net die roosblare gekort, dan het ou Meraai uitgehang in vyfstergehalte!

Nog besig om reg te druk en trek toe hoor ek hier kom Outop die gang af. Die plankvloere kraak in harmonie met my opgewonde hartklop. Hy gaan staan voor die spieëlkas en bekyk homself.

Ek moet myself keer om te vra of hy nou al 'n gevoelentheid het dat die goete begin werk of nie? Skielik hak hy ewe droog af "Hmmmm! Die goed werk!"

Ek trek my swart kant dingetjie nog so stootjie na links oor 'n skouer en loer met verwagting na hom.

"Kyk ... my hare begin weer groei!" En hy vryf so oor sy blink bles. Baie in sy skik! Toe kan ek dit nie meer hou nie. "Sal jy nie maar nog so halwe enetjie probeer nie my ouman?"

*Waarskuwing: die goete gee hartkloppings as jy oordoseer en is 'n verskuilde passiemoordenaar!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #1 on: August 16, 2018, 05:39:10 AM »
Ek lag uit volle bors!  En erken skaamteloos dat die titel my vol verwagting hierdie forum deurtjie laat oopmaak het!  Die storie word so oulik vertel, ek het letterlik dieselfde gevoel beleef:  een van 'n wiel wat stadig afblaas!  En soos die Engelsman sê: "Pun INTENDED!"  Ha haaaaaaaa!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #2 on: August 16, 2018, 05:47:41 AM »
Arme ou mens het behoorlik les opgese matertjie en dit was ons laaste probeerslag om kunsmatig te verhoed dat die stingel in 'n menslike rangskikking verlep  :icon_biggrin:
« Last Edit: August 16, 2018, 11:21:42 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #3 on: August 16, 2018, 05:52:52 AM »
Ons kon nog nooit daardie eksperiment doen nie.  My man is op hart medikasie, en dis blykbaar gevaarlik vir hartleiers.  Om een of ander rede.  Maar ek is ook maar eintlik verlig.  Wat maak mens as jy meer kry as waarop jy graag sou wou hoop?  Hoe lekker lag ek vir die woorde se dubbelsinnigheid.  Dit mag jou dalk laat voel jy het meer op jou bord as wat jy kan afbyt.  Bwaaahhhh, stop dit,  Stop dit Anastasia!  Al jou woorde klink erg kinky@
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #4 on: August 16, 2018, 06:08:19 AM »
Die rangskikking-uitdrukking van Outop kom eintlik al 'n lang pad  :icon_bigsmurf:

Ek't alweer 'n sinkplaatgiggel aan my hiehiehiehie. Outop het mos baie jare gelede die 'slim' idee gekry dat ons weer moet 'date'. Ag mens nastasia, was dit 'n storie. Ek weet nie of jy daardie tyd wat ons dit op die ander blad gedeel het, betrokke was nie.

Hier is Outop se weergawe van daardie onvergeetlike aand (en ja ons het amper meer afgebyt as wat op die bord was lol).

As 'n vrou haar web spin is dit tiekets met jou Boetie

Haar strikke was gespin
soos die web van 'n spinnekop
en ek weet daai ou sing ware ding
as sy jou eers beetkry in haar kloue
is dit tiekets met jou Boetie.

Die deur klokkie die lui,
ek staan getof en getaai,
want vir my kom kuier
Meraai vannie Baai.

So flits die woorde deur my kop terwyl ek ewe gespanne en senuweeagtig deur toe stap. Ek het ‘n ‘Date’ vanaand en dit met my lewensmaatjie van byna agt en twintig jaar.

Hoe het dit begin die “ge-datery” tussen my en Meraai?  Dit het seker so week of wat terug gebeur. Ons het ‘n vleisie gebraai en ‘n soet wyntjie gedrink. Toe word ek mos slim. “Ek het ‘n plan” sê ek met ‘n breë glimlag! Nou moet ek ook sê dat as ek planne maak, raak Meraai maar bekommerd!

“Kom ons reel ‘n date vir ons!” Sê brawe ek.

Man is mos 'n snaakse ding. Sê vroulief nee dan kerm hy ja. So daar moet betyds planne gemaak word. Kreatiewe strategie.
Donderweer en blitse pyl op my af. Ek koes en proes, die oumens het my verkeerd verstaan.

“Ek bedoel nou, jy kom haal my vir ‘n date. Jy reël alles en ons maak of mekaar nie ken nie. So moet ons mekaar leer ken vir die aand” kry ek benoud uit!

Die deurklokkie roep my terug in die hede.

Ek maak die deur oop en daar staan ‘n pragtige vrou met ‘n senuweeagtige gegiggel. Sy lyk te seksie in haar uitrusting en dierbaar bekend. Die vroulike rondinge verbasend uitlokkend. Dit maak 'n honger in my wakker vir aanraking en die Adam in my ontwaak onwillekeurig.

Nog nooit my vrou in sulke gewaagde vyeblare getooi gesien nie.

“Goeie middag” Groet ek ewe formeel . “My naam is Jan Anderland”

‘n Skaam stemmetjie sê: “Meraai vannie Baai”

“Kom binne” Nooi ek baie vriendelik uit en ons stap na die sitkamer toe.

Nou ek moet sê ek en Meraai sit elke aand en gesels vir ure aaneen, bespreek alles van A tot Z. Maar daai aand sukkel ons om te gesels, sulke ongemaklike vragies word gevra en beantwoord. Amper soos om op eiers te loop.

Tussendeur het Meraai die sporadiese giggelbuie onder beheer gekry en kon ons die pad vat hotel toe. Sy aan die stuur van die tierkarretjie. Ek sit en verkyk my aan die maat van 28 jaar wat my kom 'optel' het. Wat hou die aand vir ons in?

By die outydse hotel met sy kaggelvuur aangekom voel dit toe so vreemd om nie onmiddelik my lewensmaatjie by my arms te voel inhak nie, dat ek dink hierdie “bright idea” was  nie so skerp nie. Ek wil haar vashou en net weer die bekendheid voel. Hierdie 'date' van my het ander planne.

Ek gaan uitgehonger word en ek hoop die bloemiste draad hou die stingeltjie hele aand regop in die brose menslike rangskikking.
Wil nie halfpad verlep voorkom nie.

Vir die res van die aand was daar net lekker gesels en gekuier met 'n wonderlike verwagting. So leer ons mekaar vooraf ken. En ek sit en top met een vraag - hoe vêr mag 'n ordentlike vryer nou weer gaan met die eerste afspraak?

By die huis gekom het ek vir ons musiek opgesit en nooi my blosende maat vir die aand om te dans.

Weggevoer na die paradys. Suspenders en mooiste kantgoedjies het die koets se wiele geolie laat voortsnel en my asem laat wasem maak teen my brilglase.

En toe laat my Eva die vye blaar val. En ons het gewandel deur die tuin van goed en kwaad. En dit was spring gety en die manlikheid het gedy. Eb en vloed afgewissel. Die vuur se vlam gloei ...

Maar weet dit, om weer te "date" is nie maklik nie! Al is dit met jou lewensmaat.
« Last Edit: August 16, 2018, 11:24:19 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #5 on: August 16, 2018, 06:36:35 AM »
Dierbaar!  Ek het mos anderdag op facebook ook so 'n aanbeveling gesien, toe het jy my van hierdie vertel.  Ai, my ou halwe sal nooit so iets aanwaag nie.  Ondernemingsgees daar maar laag vir 'stuitighede' soos hy sou se
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #6 on: August 16, 2018, 10:40:23 AM »
Ek het dit nou baie geniet en die beeldspraak is uitstekend.  Ek is mal oor die "onskuldige" vertelling Raaitjiie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #7 on: August 16, 2018, 11:27:43 AM »
Hiehiehie, ek het nou eers gesien hoeveel foute daar deurgesluip het. Gewoonlik moes ek proeflees vir hom. Gelukkig is hy nie naby nou nie. Die 'date' ding was iets wat ons saam besluit het, nie weer nie. Vaderland mens is te senuweeagtig. Bly jy het ook geniet PM.
« Last Edit: October 08, 2019, 01:44:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #8 on: October 08, 2019, 12:54:50 AM »
So sit Oom en Tante by die dokter.
Oom vra dat dokter asseblief vir hom die bloutjie moet voorskryf.
Sekerlik antwoord dokter.
Tannie vra vir 'n klem in die kaak inspuiting.
Dokter wil weet hoekom.
'Het Dr al gesien hoe lyk dit as iemand met 'n geroeste spyker gesteek word?'

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #9 on: October 08, 2019, 01:40:51 AM »
Hahahaha, ek gaan die ene vir Outop werk toe stuur  :headbang: :icon_biggrin: :`ip2:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #10 on: October 08, 2019, 07:54:23 AM »
Outop se weergawe ....

het ek dit nou geniet, maggies, hy moet dalk 'n outo-bio-lekkerleesboek oor julle lewe skryf.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #11 on: October 18, 2019, 01:38:03 AM »
Ek sal hom bietjie aan die kraag beetkry mater. Tot nou het my gesoebat geen vrugte afgewerp nie en jy weet hoe passievol die ouvrou kan word - my gesoebat sou die exodes uit Egipte op dag 1 laat plaasvind het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Outop en die halwe blou pilletjie
« Reply #12 on: March 12, 2020, 03:23:48 PM »
Ek sal eers ek ekstra botteltjie suurstof moet kry.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.