Author Topic: Ek is op  (Read 2633 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Ek is op
« on: August 15, 2018, 07:59:12 PM »
Die Here hoor my. As jy n gewapende aanval as gesin oorleef het, n pistool teen jou kop gevoel het en in die vuur van haat se oe gekyk het, jy pas nuus gekry het van nog n aanval met dieselfde modus operandi om die hoek van jou buurt. En steeds vertel jou man wat op die bank op die naat van sy rug Le en TV kyk jou jy is paranoies wanneer jy sleepvoetend met jou kruk van deur tot deur loop om seker te maak alles is gesluit. Ek is so oor slapgatgeit. Ek was die bondel wasgoed oor ek op is. En span dit oor die stadsplein. Ek is moeg vir maskers
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Ek is op
« Reply #1 on: August 15, 2018, 08:06:19 PM »
Seg 'n vriendin so pas sy bid vir my.  Sy beter nie vir my bid vir krag nie.  Dit gaan 'n moles afgee.  Daardie krag.  Vir hom.   :angel4:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is op
« Reply #2 on: August 15, 2018, 11:12:44 PM »
Mater, ek haal my hoed af vir jou. Weet jy na ek moes skiet op 'n swartman in ons kombuis het dit ons almal so getraumatiseer dat ons een deel van ons huis glad nie meer gebruik het nie. Ek het ons kamer geskuif na die eetkamer en die manne se nuwe slaapkamer was in die TV kamer wat uitgeloop het na die eetkamer. Ons het saam gestap as iemand toilet toe wou gaan en buite die deur 'waggestaan'. Daardie gevoel sal NET iemand verstaan wat deur so situasie was. Vou my arms om jou.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Ek is op
« Reply #3 on: August 16, 2018, 05:32:03 AM »
Dankie, Meraai, net iemand wat daardeur is sal begrip hĂȘ.  Ek het vanoggend die woorde kom herbesoek, want ek reken dis dalk bietjie kras gestel, en veral die sweepslag na ou ander helfte.  Maar ek en my seun is die enigste twee wat hierdeur wakker geskud is na die tyd.  Ek weet nie of dit geloof, dom astrantheid is of net soos ek genoem het, slapgatgeit is nie.  My ou wederhalf gaan steeds voort op sy ou manier.  Sluit nie 'n deur agter sy stere nie.  Sal nooit gaan seker maak nie.  Neem aan geluide is maar die katte ens.  En lag in sy mou vir my wat 'paranoid' is. 

Voor die rooftog het ek twee maal in die oggend wakker geword met ons skuifdeur en trelidoors net toegetrek en nie op knip nie in die oggend vroeg as ek die katte laat uitgaan.  Groot gevegte daaroor gehad.  Die nag wat ek wakker word met ta wat met die pistool oor my buk, was dit 'n koue beklemmende gevoel, en die volgende gedagte was:  'Daar het jy dit!  Die deur was seker weer nie gesluit nie.'  Ek maak nog altyd seker voor ek gaan slaap dat die deure gesluit is, maar soms staan hy op in die nag en gaan rook buite.  En sluit dan nie weer nie.  Ek was oortuig dis dit.  En het in my diep binneste hom vervloek in daardie sekondes van vrees.

GELUKKIG was dit nie die geval nie, en het hulle deur die kombuis venster se binneruit wat hul uitgehaal het, waar op daardie stadium nie diefwering was nie, ingekom.  Anders dink ek die ding sou vir ewig 'n wig tussen ons twee kon bring.  Die feit veral dat my kroonprins (my seun) geskiet was. 

Maar die feit dat ek moet lig slaap, nie net omdat ek die 'alarmstelsel' in die huis is nie, maar ook omdat ek die een moet wees wat te alle tye moet luister of  iemand hier die deure oopsluit, en of dit weer toegesluit word, is besig om my op die randjie te laat oorstort die afgrond van vreeslike lelike baklei in.  En veral die feit dat ek gemaak voel word ek is 'n nutcase!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is op
« Reply #4 on: August 16, 2018, 05:42:58 AM »
Ons vroue is anders geaard deur die Liewe Vader en soms grens die las van daardie anders wees baie na aan 'nutcase word'. Gebore versorgers kan ons nie anders as om seker te maak alles is veilig. Vir klein en groot. Die is lewensbelangrik en veral in julle geval mag jy nie verslap nie mater. Maak nie saak wie wat voel nie!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Ek is op
« Reply #5 on: August 16, 2018, 05:44:38 AM »
 :toothy4:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!