Author Topic: Net 'n liniaal vêr  (Read 2104 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Net 'n liniaal vêr
« on: August 13, 2018, 03:44:29 PM »
Daardie sinkende, lam gevoel... My motor se sleutels is weg. Of liewer, dis nie in my sak waar ek dit altyd sit nie.
Terug op my spore deur die wandelgange van So-dom en Cremora op soek na my sleutels. Vra by elke winkel of daar nie ‘n stel sleutels met ‘n flitsie en ‘n deurmekaar Rubik Cube aan ingegee is nie. Altyd dieselfde antwoord en meerwaardige kyk. “Ongelukkig nie. Jammer Meneer.” Al die pad terug tot by die motor.
Partykeer val dit uit my sak of steek ek my sak mis as ek die sleutels daarin bêre. Daar’s my sleutels nog veilig in die aansitter binne in die motor toegesluit. Dank vader! Ek dag ek het dit verloor.
Ek is terug winkel in om my inkopies klaar te maak. Nog een item wat bykom, ‘n liniaal om die motor se deur mee oop te maak. Daar was ‘n tyd wat vroulief my gemiddeld so twee keer ‘n week gebel het om te sê sy het die sleutels in die motor toegesluit. Dan moet ek alles los, ‘n motor by ‘n vriend leen en met my liniaal gewapen, die deur gaan oopmaak. Dis of dit, of ek slaap weer in die bad daai aand, al was die penarie waarin sy verkeer nie my skuld nie. Ten einde raad trek ek vir Wouter nader. (Dis nou my seun van 7 jaar) Ek spandeer ‘n paar minute om hom liniaalopleiding te gee en sommer gou raak hy die kuns om die deur met die werktuig oop te sluit baas. Om die waarheid te sê, hy doen dit vinniger as wat ek dit doen met die sleutel. Ek redeneer so dat, aangesien straatkinders dit kan doen hy seker ook die voorreg kan geniet. Toe is dit lekker, want as mammie bel oor die sleutels in die motor sê ek net. “Vra vir Wouter.”
 
Een Saterdag oggend stop ek by die kitsbank. Langs my staan daar ‘n soortgelyke motor met ‘n baba op die agtersitplek. Die baba skreeu blou moord. Die ma staan buite histeries en gil en al wat ‘n ridder op ‘n wit perd, en nog ‘n paar op swart perde en een op ‘n skimmelhings, staan en sukkel om die bestuurder se deur oop te kry, want... die sleutels is saam met baba in die motor toegesluit vir veilige bewaring.
Ek sê vir Wouter hy moet gou langsaan by die winkel ‘n liniaal gaan haal en die deur vir die tannie oopmaak terwyl ek gaan geld trek, want ek is bietjie haastig.
Toe ek uitkom is daar eers chaos.
Die tannie staan met die baba op die arm en die ridders staan en skel op my kind. Maar Wouter staan sterk en gee niks toe nie.
Ek maak die spulletjie stil en vra vir Wouter wat gaan nou aan?
“Nee Pa,” sê hy “ek het die liniaal gaan haal, maar toe ek die deur wil oopmaak, jaag die ooms my weg en sê dat hier nie plek is vir snuiters se speletjies nie. Hulle is besig met ernstige sake. Toe vat ek maar die liniaal en maak die ander deur oop om die baba solank vir die tannie te gee.”
“Nou wat is dan nou die probleem?”
“Nee Pa sien, toe ek die baba klaar uitgehaal het, sluit ek weer die deur agter my sodat die ooms kan aangaan met hulle ernstige sake. Nou is hulle kwaad vir my.”
Ek vryf hom oor die kop.
“Dankie ou grote. Gee vir my daai liniaal en dan gaan jy solank motor toe”
“Ridders,” sê ek terwyl ek die deur oopmaak. “geen probleem is onmeetbaar vir ‘n kind met ‘n liniaal nie. Partykeer is dit makliker om ‘n muis per voet dood te maak as bo van ‘n perd af.” Ek draai om en los die fronsende wonders net daar om aan daai deurmekaar gesegde te suig.
 
 
 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #1 on: August 13, 2018, 04:21:45 PM »
Dankie Naas.  Ek hoop almal luister na die opname, ek dink die dame het dit baie goed gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #2 on: August 13, 2018, 05:54:22 PM »
Geniet ek nou weer daai liniaalstorie, kyk dit bly skerp   :icon_biggrin:   :icon_biggrin: 

En dit laat my ook onthou van die sondagaand toe ons na kerk (nog aandkerk se tye) by vriende gaan koffiekuier het en 'n muis daar aangetref het. Vriendin het ons opgekommandeer, een elk by die twee deure van die eetkamer en sy met besem om die tafel terwyl muis met skrefiesoë vir haar loer. En toe vat muis se kind koers na my kant toe. Ek besluit toe daar is nie 'n manier wat ek hom gaan doodslaan met my besemstok nie, maar twv die opdrag, sal ek maar na muis toe skop, dan kan hul nie sê ek het nie probeer nie. Wel, vandag nog, na omtrent 36 jaar, gril ek nog by herinnering aan die gevoel van my kerkskoen se hak in muis se lyfie in ... tuisgekom, het ek gehuil daaroor. Dit was nie regverdig nie.  :crybaby2:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #3 on: August 13, 2018, 11:19:59 PM »
As hier nou 'n like knoppie was het ek hom aanmekaar gedruk  :icon_biggrin: en saam  :crybaby2: oor die hakskoenmoord.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #4 on: August 14, 2018, 01:30:03 AM »
Wanneer Liewe Heksie haar besempie met 'n hakskoen aan die brand skop word dit lewensgevaarlik vir muise.
Ek wil nou daai hakskoentjies leen want hier by ons is daar oombliklik 'n muisplaag van epidermiese proporsies.

(kan julle nou vir julle indink hoe proebeer Naas se nommer veertien voetjies in Adel se nommer vyf hoehakkies muise jag op "oooo laat julle rokkies swaai... swaai. Ooo laat julle rokkies swaai. Wieg julle koppies fraai... "  Eina pyn!!!! Breek ek nou 'n geestesheup'



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #5 on: August 14, 2018, 02:15:46 AM »
Wat 'n prentjie teken my verbeelding nou hieheiheiehiehie.

Smaak my daardie muisplaag is wereld-epidermiese-porposie Naas. Selfde probleme diekant, Outop voer hulle rottegif maar o wereld as daai muis iewers vrek waar jy hom nie dadelik kan sien nie moet jy agter die doodsreuk aan begin spoorsny  :crybaby2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #6 on: August 14, 2018, 02:39:33 AM »
Die rattax hier by ons vrek en droog die muis uit sodat hy nie nog aromaties onwelvoeglik kan wees nie. My probleem is dat ons hond en die buurt se katte dan daai muis optel en onskuldig vergif word. Ek gebruik nou maar die chinese muisvalle maar dis vir my meer grusaam as Adele se hoehakkies.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #7 on: August 14, 2018, 03:14:21 AM »
Ons het so oulike lokva. Dit is so draadagtige gedoente met 'n opening wat tuitgewys van bo in die hokkie ingaan. Die lokaas (ons muise is mal oor  harde skyfies - zimba skyfies) se geur trek hulle en as muis eers in is, kan hulle nie maklik weer uit nie MAAR die geneuk is dat die slimmes dit regkry en vir hom of haar vang jy nie weer. Hulle vreet hulle dik aan die chips. Dan moet die gif maar die werk doen.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #8 on: August 14, 2018, 11:59:49 AM »
Daar is darem GEEN meer magtelose gevoel as wanneer jy besef jou sleutel is mooi veilig binne in jou voertuig toegesluit nie!  Been there, done that, misplaced the T-shirt!  Ek is nou al vir so 7 jaar net 'n passasier.  My lisensie het verval sedert ek 'gestremde' status gekry het, en te arm is om 'n spesiale James Bond 007 voertuig te kan aanskaf wat 'beenloos en graatloos' deur die slaggate kan seil!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #9 on: August 14, 2018, 12:20:49 PM »
Anastasia dit is vir my so kosbaar dat jy met so pragtige humorsin deurgans verwys na jou drie-been-status. Knak my knieg en lig die hoed in respek en simpatie. Pragtige voorbeeld vir ons almal  :love7:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #10 on: August 14, 2018, 01:35:42 PM »
Meraai, jy sal my nie glo wie my "Sensei" in hierdie gevegskuns is om aanvaarding te kon vind in die toestand nie - my driebeen Koningkeiser kat Caesaer.  Hy galop so vreugdevol deur die lewe op sy drie pootjies.  Terwyl mamma daar is, sy bordjie vol kos en sy bedjie sag is elke aand, is die lewe vir die klein rakker 'n lied!  En so glo ek ook nou, en doen ons tweetjies saam voort! 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Net 'n liniaal vêr
« Reply #11 on: August 14, 2018, 10:55:39 PM »
Kosbaar inderdaad  :love7: