Author Topic: Hoe werk die program?  (Read 9691 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Bestuur

  • Guest
Hoe werk die program?
« on: April 21, 2011, 12:00:52 PM »
Hoe werk die program?

'n Volledige aanlyn handleiding is beskikbaar op http://docs.simplemachines.org/index.php?board=5.0.

Hieronder is ook 'n opsomming van die werking van Die Afrikaanse Forum

Jy registreer en kry toelating per e-pos.

Eers moet jy aanteken anders kan jy net lees en nie plasings doen nie.  Jy teken aan met jou e-posadres en jou wagwoord.

Show unread posts since last visit.”  As jy op hierdie skakel klik sal jy ‘n lys kry van al die plasings wat gemaak is sedert jy die laaste keer op die forum was.  Kies daaruit wat jy wil lees en klik op die onderwerp.

Die Afrikaanse Forum  As jy op hierdie skakel druk sal jy al die onderwerpe sien waaruit jy kan kies.  Klik op die verlangde onderwerp,  dit sal vir jou ‘n lys van onderwerpe gee en daaruit kan jy kies wat jy wil lees.

Kom deel jou woordwerke is een van die onderwerpe.  Onder hierdie opskrif sal jy ‘n ry name vind,  soek jou plek  (bv.  PM se plek) en klik op die skakel.  Daar kan jy jou gedigte of stories plaas.  

Bo aan die regterkant van die skerm sal jy die volgende sien:    Mark Read  |  Notify  |  New Topic  |  Post new poll   As jy jou werk wil plaas klik jy op “New Topic”.  Daar sal ‘n venstertjie oopmaak waarin jy kan skryf.    (die program laat “haak en plak” toe)
Onder aan die venstertjie is twee blokkies -  Post  en  Preview.  As jy die werk eers weer wil lees om seker te maak dat dit reg is,  sal dit bo-aan die skerm verskyn.  As jy tevrede is kan jy die Post blokkie klik.  Onder die plasing is 'n koevertjie.  As jy iets wil verander dan klik jy daarop en die koevertjie sal weer oopmaak om jou die geleentheid te gee om die nodige te doen.  

Bo aan die skerm,  links, sal jy die volgende sien:   Home   Help Search Profile My Messages Members Logout    
Klik op “Profile”  en stel die program na jou eie voorkeure.  Ek het byvoorbeeld gekies om die laaste plasings heel bo aan die bladsy te kry wanneer ek die onderwerp oopmaak.  Jy kan kies of jy die “avatars” wil sien of nie. Jy kan kies of jy ‘n boodskap wil kry wanneer daar e-pos in jou mandjie is.   Indien jy onseker is oor iets,  gooi ‘n briefie vir my in “My Messages”.  Klik daarop.  Jy gaan na “New Message” en klik daarop.  Bo in die venstertjie staan:  
To:  Tik die persoon se naam daarin.  Sodra jy die persoon se naam begin tik sal die program outomaties die naam aantoon.  Klik net regs van die naam en kies ‘n onderwerp en skryf die briefie.  
Lees gerus die “Help” artikel.
« Last Edit: June 01, 2013, 04:11:11 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe werk die program?
« Reply #1 on: October 18, 2015, 12:02:01 PM »
André het die forum opdateer en ons sal maar 'n bietjie moet wik en weeg, maar dit lyk nie vir my moeilik nie. 
Nuwe inligting is steeds by die ou adres hier onder beskikbaar.   :angel4:

Baie dankie André en Willa.  Julle is staatmakers.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe werk die program?
« Reply #2 on: August 16, 2018, 01:33:33 PM »
Nuwe ouens kan gerus hier kom lees as hulle sukkel of enige vrae het.  Hier is darem 'n klomp slimkoppe wat kan help. 
Om te weet is om te verstaan.