Author Topic: Die ouderdom pla  (Read 1834 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die ouderdom pla
« on: September 17, 2021, 06:58:40 AM »
Wat nog pla van die ouderdom is daardie gepur-pur - soos my oom sou ou Vespa help my trap-.  Soms, net soms as jy mense het, dan pur-pur dit agterna en natuurlik wil hulle hulle so dood lag terwyl jy bloedrooi vinnig stap om iets te gaan doen. 
Ai, die ouderdom.   :color:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die ouderdom pla
« Reply #1 on: September 17, 2021, 07:35:15 AM »
Wat nog pla is die tyd wat so verby swoosh!  Ek kan sweer ek het net twee dae terug my bloeddrukpille, wat tien in 'n pakkie is, oopgemaak het en ek het vanoggend net 5 in elke pakkie oor.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die ouderdom pla
« Reply #2 on: September 17, 2021, 10:25:00 AM »
Dis soos die is. Hoe ouer 'n mens word hoe vinniger gaan die tyd. Op my ouderdom vlieg die tyd al in 'n jet. Ek wil daai jet aan die SAL verkoop dan weet ek ten minste hy gaan nie gou erens heen nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die ouderdom pla
« Reply #3 on: September 17, 2021, 12:30:47 PM »
Die bankrot SAA se baas se hulle het nuwe vliegtuie nodig om kompeterend te wees met oorsee se lugrederye. HKGK met 'n groot hoofletter.
Ek stap eerder as om verniet saam met hulle te verongeluk.

 :mumum:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die ouderdom pla
« Reply #4 on: September 17, 2021, 12:32:02 PM »
Dis maklik om die SAA vliegtuie uit te ken. Hulle het die roofcarriers op.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die ouderdom pla
« Reply #5 on: September 17, 2021, 10:25:19 PM »
Ja nê!  Wat jy waar kry?  SAL vlieg met Singapore en Emirates.  Wat 'n klug!   :pottytrain5:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die ouderdom pla
« Reply #6 on: September 17, 2021, 11:07:57 PM »
Gelukkig mag ek nie vlieg nie, so ek staan op die kantlyn en hou die spulletjie dop. PM, daardie pur-pur ken ek tot my skande nou ook. Al die jare vir moederlief gelag as sy so knyp-knyp wegstap. Moes dit nooit gedoen het nie.  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die ouderdom pla
« Reply #7 on: September 20, 2021, 10:31:17 PM »
My moedertjie het altyd gesê:  Met spotter gaat u naar bed. 
Sy was maar 56 toe sy oorlede is, dit was nog lank voor die pur-pur-stadium.  Ek het 'n moedertjie gehad wat stout was van die humorsin.  Lag was haar motto.  Sy het egter 'n erge knou weg toe my oudste broer op 26 dood is in 'n motorongeluk.
Ek was maar 28.  Nog vis nog vlees en ek het dit dikwels betreur dat ek nie genoeg ervaring gehad het van die lewe om haar meer by te staan nie.
Ek onthou dat sy my soms geskakel het en gesê het:  Ek sit vandag op die klip.  Ek sien haar so in my verbeeldingsoog.  Op die klip met haar kop in haar hand. 
Die lewe is 'n wrede plek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die ouderdom pla
« Reply #8 on: October 20, 2021, 05:53:36 AM »
((((PM)))) die lewe is hard, iemand het geseg dit is niekerbolhard. My raad is suig die soete hel uit hom uit en moenie vergeet om hom tussen deur uit te haal, gaan steek dan jou tong voor die spieel uit en verkrukkel jou in die kleurverandering. Sit terug en suig hom op op op...solank jy net nie letterlik opgee of oorgee nie. Dit is hartbrekend as mens nie in staat is om te kan troos nie. Genadiglik het ons hier op die forum die voorreg om te deel in ander se seer maar ons kan nie mekaar se niekerbols suig nie.

O hel nee wag biekie, laat ek dit anders stel. :icon_bigsmurf: Ag toemaar ek glo jy verstaan.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die ouderdom pla
« Reply #9 on: October 20, 2021, 06:22:31 AM »
Ek is nou goed deurmekaar.  Wat praat julle van niekerbols, bokse en dose vanoggend?  :angel12:
Dink nou net as ons kon bolle ruil hoe pers-swart sou ons tonge lyk.
 
Dink ek nou aan die grappie van die ou wat gaan dobbel het.  Hy kom platsak anderkant uit en vertel  (Hy praat tho thnaakth) hoe hy sy geld op nommer 7 gesit het en oor en oor gewen het.   Toe staan iemand langs hom en sê hy moet nou al sy geld op nommer 8 speel.  So gesê so gemaak en daar verloor hy alles. Sê sy vriend vir hom, man ek sou sy niekerbols uitgebyt het!  "Ek heth, hierr ith die een in hierjdie kieth en hier ith die anner een in hierjdie kieth!"
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die ouderdom pla
« Reply #10 on: October 20, 2021, 06:29:18 AM »
 Lang storie daai wat net tong innie kies vertel kan word.
Ek moet eers verdwyn om taxi te speel vir die huis vir bedaardes.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.