Author Topic: 'n Lys van kruie om te plant en hulle voordele.  (Read 13400 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
'n Lys van kruie om te plant en hulle voordele.
« on: August 07, 2018, 06:17:08 AM »
*geleen van 'n kunstenares vriendin Maree.  :notworthy: :icon_salut:

Bergpatat help met gewigsverlies omdat dit die metabolisme stabiliseer.

Bitterbos help om die lewer te ontgif en kan met sukses gebruik word vir mense wat lewerkanker, hepatitis en lewerkwale het.

Dasbos en Balderjan help om 'n verkoue uit te sweet.

Dasbos en Karmedip help met blaasontsteking en ander blaasprobleme, asook prostaatprobleme aangesien dit verseker dat die blaas behoorlik geledig word.

Dasbos en Klipgruis ontgif die liggaam en help met nierprobleme omdat dit die waterbalans in die liggaam reguleer.

Dasbos en Renostertop versterk die longe in pasiënte met tuberkulose (TB).

Dawidjie-wortel help met die geheue.

Dermpoeier bestaan uit 14 verskillende soorte wortels wat op ‘n maalklip gemaal word en help met toestande soos spastiese dikderm, geïrriteerde dermsindroom, maagsere en hardlywigheid.

Gifbolblare versnel die genesing van wonde en bedsere.

Grashout verlig winde op die maag.

Kalmoes help mense wat wil ophou rook deur rooklus meer hanteerbaar te maak.

Kaneelbol stabiliseer bloedkondisies soos bloedduk, bloedsomloopprobleme en spatare, en cholesterol.

Kankerbossie en Karmedip verlig die simptome van blaaskanker, prostaatkanker en kanker van die pankreas.

KANKERBOSSIE, DIE KONING VAN KRUIE
Kankerbossie is die kruie met die meeste streeksname, dit word in die Karoo Willekeur, Kalkoentjies of Gansies genoem,  in die Overberg word dit Keurtjies genoem en in die Weskus word dit Jantjie Berend. As n mens met ouer mense praat en vra watter kruie hulle die meeste gebruik het, is die antwoord meestal ‘Keurtjies’.

Meeste kruie wat 'n mens gebruik, word gebruik vir 'n 3-maande periode, dan los 'n mens dit vir 3 tot 4 maande om die liggaam tyd te gee om die genesing verder te vat. Dit bly vir my interessant dat die moderne mens klaarblyklik vergeet het dat die menselike liggaam so ontwerp is, dat die liggaam homself keer op keer self kan genees. Dis hier waar Kankerbossie inkom, dit hou die immuunstelsel sterk en as dit sterk is, word al die organe ondersteun. Hierdie krui is al een wat jy jaar in, jaar uit kan drink, elke dag.

Daar is onlangs baie navorsing gedoen oor Sutherlandia frutescence en wetenskaplikes het onteenseglik bewys dat Kankerbossie die immuunstelsel versterk en dat dit die hoof-kruie is om voorkomend kan drink. Mans hoef nie te wag om 40 jaar oud te word om Kankerbossie saam met Karmedip te drink om n gesonde prostaat te verseker nie en vrouens kan Kankerbossie saam met Katjie-3-Blaar gebruik om te help met die geweldige simptome van menopouse.

Dis wetenskaplik bewys dat Kankerbossie TB en HIV pasiënte help met hulle geweldige gewigs-verlies, want dit help om pasiënte 'n eetlus te gee, asook met die bou van spiere, na 'n lang siekbed. Hierdie kruie help ook met angstigheid, die vloek van die moderne eeu, omdat dit die Kortisol vlakke in die liggaam verhoog. Kankerbossie het ook anti-inflammatoriese en anti-oksidant komponente en kan ook verligting gee vir mense met tipe 2 Diabetes. Hierdie kruie moet langdurig gebruik word, mens kan dit nie net vir 3 weke gebruik en dan tot die gevolgtrekking kom ‘dat die kruie nie werk nie’.

As ‘n mens kruie gebruik, is 'n mens deel van die proses van jou genesing, want jy moet toegewyd wees om te onthou om dit daagliks te gebruik, dit gereeld voor te berei en ook emosioneel betrokke te word met jou fisiese herstel. Toe ek begin kruie gebruik, het ek begin leer om te luister na my liggaam en besef elkeen van ons ken ons liggame die beste en deur bewus te wees van hoe jou liggaam werk, so kan jy voorkomend te werk gaan.

Katjiedrieblaar help met hormoonbalans, premenstruale-sindroom (PMS), menopouse en warmgloede. Kan met groot sukses gebruik word in die plek van hormoonvervangingsterapie. In kombinasie met kankerbossie kan dit gebruik word om die immuniteit van kankerpasiënte te verbeter.

Kraalbos versterk die kopvel sodat dit verhoed dat hare uitval en die teruggroei van hare stimuleer. Dit verbeter ook algemene kondisie van hare.

Knoffel – Koning in jou tassie van winter-doepas
Die winter is die tyd dat die imuunstelsel oortyd moet werk om al die verkoues, griep en brongitis hok te slaan en hier is organiese knoffel 'n uitstekende bondgenoot. Rou knoffel, knoffel in sop, knoffel saam met Dasbos en Klipkruie help om die liggaam sterk te hou deur die wintermaande.

Die meeste knoffel wat mens in supermarkte koop, word ingevoer uit China uit, waar dit baie keer geneties gemanupileer word om min of meer almal dieselfde te lyk en bestraal word om te voldoen aan invoer vereistes. In die Karoo, naby die klein dorpie Loxton, is Johan Scholtz al n paar jaar besig om organiese knoffel te verbou. Ek het dit onlangs begin gebruik en ek kon nie die verskil glo nie! Die knoffel smaak anders, “lewendig”, sou ‘n mens dit kon noem. Ek is baie gelukkig dat ek so naby die knoffellandery woon, want ek sal van nou af sorg dat ek nie sonder hierdie bondgenoot is nie. Johan se tel nr is 0533 813 905 en sy e-pos adres is elandshcoltz@gmail.com.

Onder Boererate, is daar ‘n resep vir gout en artritis, waar ‘n mens 1kg knoffel gebruik en hier is ‘n geleentheid om organiese knoffel te gebruik. Trouens, dit is noodsaaklik om organiese knoffel te gebruik, as jy knoffel medisinaal gebruik.

Kruitjie-roer-my-niet verlig tenniselmboog, heupprobleme en verstuite gewrigte. Dit is uiters giftig en moet slegs uitwending en met groot versigtigheid gebruik word.

Lukwartboomblare en Rooivergeetwortels verbeter suikervlakke in diabetes-leiers wie terselftertyd ‘n gesonde dieetprogram volg.

Manskruie verminder impotensie.

Manskruie en Vrouekruie kan help vir mense wat sukkel om swanger te raak.

Oogbossie help met oogprobleme soos oë wat baie water, asook met katarakte.

Oondbos verlig hoofpyn, gewoonlik in kombinasie met ander kruie wat waarskynlik die hoofpyn veroorsaak.

Rooivergeetwortels en Jakkalsbos help met hartprobleme, veral na hartomlynings aangesien dit bloed versterk en die orgaan help om trauma te hanteer.

Velpoeier help met ekseem, psoriase, gordelroos en kopluis.

Vlak-grashout is ‘n vinnige maar sterk manier om van ‘n verkoue ontslae te raak.

Wildepampoen verlig rugpyn.

Wynruit, Wilde-als en Nieshout genees longkwale, asma en brongitis.

BRON: Met erkenning aan Maree en haar oes vanuit: Vanaf Kruie Kraai Koning
« Last Edit: August 07, 2018, 11:30:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Lys van kruie om te plant en hulle voordele.
« Reply #1 on: August 07, 2018, 06:47:13 AM »
Katjiedrieblaar se voordele baie kostelik beskryf:
https://www.youtube.com/watch?v=1BCrdJXC2z0

Kankerbossie:
https://www.youtube.com/watch?v=hzzMM28AigA
« Last Edit: August 07, 2018, 06:49:25 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lys van kruie om te plant en hulle voordele.
« Reply #2 on: August 07, 2018, 09:15:07 AM »
Dit is nou regtig interessant en ek het myself skoon verloor in al die boererate.  Ek is laat , moet Northern toe gaan!  Sien julle later!


Ek kan nie eers Northam spel nie.   :icon_scratch:
« Last Edit: August 08, 2018, 02:41:43 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: 'n Lys van kruie om te plant en hulle voordele.
« Reply #3 on: August 07, 2018, 10:18:08 AM »
Dankie Meraai, dit is baie oulik en handig  :notworthy:

Ek het dit sommer op kampforum ook gaan plaas   :toothy4:  https://www.kampforum.co.za/node/2404
Kamp is koning!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Lys van kruie om te plant en hulle voordele.
« Reply #4 on: August 07, 2018, 12:00:28 PM »
Laat my dink aan daardie oulike tantetjie wat altyd smiddae op RSG praat oor die kruie.  Te kostelik.  Ek dink ons onderskat die wondergenesing van kruie.  Meeste van ons siektes is as gevolg van hierdie chemiese meds wat dokters in ons kele afwurg.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Lys van kruie om te plant en hulle voordele.
« Reply #5 on: August 07, 2018, 12:03:21 PM »
Mater jy is soooo reg oor die chemiese meds. Ek het vandag inligting ontvang wat my hare laat rys het  :mumum: