Voorstelle en klagtes > Baie geluk... Baie welkom

Anton Louw, baie welkom by die forum.

(1/3) > >>

PM:
Goeie more Anton.  Baie welkom by die forum.  Kom stel jouself en jou forum aan ons bekend asseblief.  Wees welkom en gesels saam.

Anton Louw:
 :wave: :wave:  Goeie dag Almal en baie dankie vir al die eposse en verwelkoming!   Dit lyk na 'n lekker plek wat julle hier het.   Ek hier uitgekom d.m.v.  gesellig.co.za  via blik.co.za.

Hoe gaan ek nou 'n uitnoding om www.kampforum.co.za aan julle bekend te stel weerstaan?



Julle is welkom om te kom inloer by kampforum.  Ons is so 1 en 1/2 jr oud en 'n lekker groeiende groep meestal afrikaans sprekendes ('n paar soutjies ook) wat hou van kamp en kuier en gesels en ook baie lief is vir ons land.
Gerigistreerde lede het toegang tot alle inhoud.

Lekker dag en week vir almal en ek hoop om tussen al die afrikaanse forums saam met julle ook te kuier.

Groete - Voortrekker

Meraai vannie Baai:
Welkom welkom weereens. Kan nie wag om te gaan loer by julle kampgroep nie. Ons is selferkende kampverslaafdes hier oor die waters. Sien uit na jou deelname hier by ons Anton Louw!

Anton Louw:
Hallo Meraai, dankie!    Waar is julle gunsteling kampeerplek?
Groete aan Metewis  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Ons kamp graag in die natuurreservate, veral as dit teen die kus gelee is. Dan het ons orals gratis kampeerplekke hier in Australia wat baie gewild is. Jy moet natuurlik selfonderhoudend wees (toiletgeriewe, water ens). Hier is ook spesiale kampering vir oornag as jy lang afstande ry. Dan is daar toiletgeriewe en speelparke vir kinders.  Ons ouer gardes hier (grey nomades) toer ons kinders se erfporsies uit  :angel4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version