Author Topic: Ingelegde Pepers (Pickeled Peppadew)  (Read 2822 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ingelegde Pepers (Pickeled Peppadew)
« on: August 05, 2018, 11:47:36 AM »
Pikantpepers of soetrissies of altwee gemeng. 
'n Halwe teelepel koeksoda


Maak 'n asynsous
2 Koppies suiker
3 Koppies asyn
1 Teelepel sout
Kook als saam.


Metode:
Sny die pepers in stukke (repe) en verwyder pitte.  (Ek hou die pitte)
Gooi die pepers in kokende water en kook vir 5 minute
Gooi nou die koeksoda in en roer.
Gooi deur 'n sif.


Vul die flesse met die pepers en gooi 'n paar koljander- en swart peperkorrels oor. Vul die bottels met die kokende asynsous en seël.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ingelegde Pepers (Pickeled Peppadew)
« Reply #1 on: August 05, 2018, 10:55:14 PM »
Ons is baie lief vir pepers. Sal die ene onthou!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ingelegde Pepers (Pickeled Peppadew)
« Reply #2 on: August 06, 2018, 09:58:38 AM »
Hierdie is regtig baie lekker.  Ek het die resep by my vriendin Hermi gebedel. 
'n Ruk gelede het ek 'n groot houer vol "pickling spice" gekoop en gebruik dit sommer orals in die kos.  Een groot eetlepel vol word by die sous gevoeg as dit gekook word en ons geniet dit. 
Om te weet is om te verstaan.