Author Topic: 5 Augustus 2018  (Read 2077 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
5 Augustus 2018
« on: August 05, 2018, 06:29:33 AM »
Versvriende, goeiemôre

Ek blaai na Christus se woorde in Markus 13:28
‘En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.’

Dis vir my maklik om depressief te voel wanneer ek koud kry … wanneer ek sukkel omdat my bene styf raak, want ek loop te min. Ek sit liewer op ‘n hopie en kry myself jammer, as om die veld in te vaar en na die eerste lenteblommetjies te gaan soek. Dan praat ek minder, doen omtrent niks, kuier minder, gaan nie uit nie want dis makliker om in my kluisenaarsgrot te sit en tob. Ja, selfs my Bybelstudie ly skade.

Maar wanneer die koue effens skuinskant toe staan, kry Lente mos 'n voet in die deur en raak my litte weer los. Kyk, nog voor Lente om die hoekie loer, gaan soek ek al na haar. Want soos God se skeppingsorde jaar na jaar dieselfde bly, so bly ook sy Liefde vir my. Dit herinner my weer dat God ons Ewige Vader is. Hy verander nie en sy skeppingsorde ook nie.

Met ‘n vars geel blommetjie in my hand, lees ek verder. Lees ek weer Markus 13 en besef die diepte van God se Liefde.
‘En die Evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.’ Vers 10 uit die hoofstuk waar die einde van die wêreld soos dit nou bestaan, verduidelik word. Wees dus waaksaam, wees elke oomblik gereed! Moenie tob en in ‘n winter-depressie vasval nie, maar wees ‘n dissipel van Christus wat help om sy Evangelie aan almal te vertel, met jou lewe, dade en woorde wanneer dit nodig is. Stop om ander te oordeel en te veroordeel weens hulle houding teenoor jou, of oor hul ras of kultuur, maar bid dat God hulle harte sal oopmaak om sy Liefde te verstaan.

Onse Vader wat in die Hemel is, en op die aarde, die ergste koue wyk al effens en drooggeteisterde dele het hierdie winter bietjie reën gekry. Ek vra steeds Here, Vader van die heelal, wees ons genadig. Gee asseblief uitkoms waar dit nog so bitter droog is. Sonder U kan ons nie met innerlike vreugde en vrede vorentoe gaan nie.

Wys ons hoe en waar om u Evangelie aan ander te vertel. Ons skeer almal oor dieselfde kam en vergeet dat enige iemand ons naaste is, elkeen wat op ‘n gegewe tydstip naby ons is. Maak ons harte oop en reinig ons van alle versoekings. Om Christus ontwil.
Amen, amen Here.

©adéle theron

adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 5 Augustus 2018
« Reply #1 on: August 05, 2018, 11:11:52 AM »
Altyd lekker om jou skrywes te lees Adele.  Jy sit so lekker knoes hier in my hart.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 5 Augustus 2018
« Reply #2 on: August 05, 2018, 12:00:44 PM »
 :love7:
adéle  :grommit: