Author Topic: Raaitjie waar is jy?  (Read 4868 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Raaitjie waar is jy?
« on: July 31, 2018, 09:33:54 AM »
Kuier of kamp jy iewers matertjie.  Ek het jou tussen die lyne verloor.  Weet jy wat het van Anastasia geword?
Ons gaan vandag Thaba toe, sal later weer kom inloer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #1 on: July 31, 2018, 11:19:37 PM »
Skiesie mater. Ek is hier  :headbang: Skarrel tussen navorsing vir 'n familielid en tussen terugvoering en verder grawe het tyd my ingehaal. Was besig met 'n plasing vir die forum so midde alles en een verkeerde kliek op 'n X, toe is dit skoonveld en my moed in my skoene :crybaby2:

Noorderliggie loop ek so van tyd tot tyd raak op FB. Weet sy het 'n moeilike tydjie gesondheidsgewys.
« Last Edit: July 31, 2018, 11:21:14 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #2 on: August 01, 2018, 11:04:02 AM »
Dankie vir die besorgdheid oor my, PM.  Ek is maar besig so tussen die aanlyn skoolwerk en die veg teen die ouderdom en skete.  Maar ek is hier, en ek is 'fighting fit'. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #3 on: August 01, 2018, 12:01:48 PM »
Sjoe! Dankie tog. Ek was ook al bekommerd dat jy ons weer verlaat het.
Ek is ook maar stillerig omdat die geld en die data my nie altyd goedgesind is nie. My seun praat daarvan om vir ons by die nuwe vinnige optiese kabels aan te sluit dan sal ons almal in die huis plafonvrye data he. 
Kan nie wag nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #4 on: August 02, 2018, 12:39:21 AM »
Ek tel my seeninge vanoggend - ons het plafonvrye data diekant van die aardbol. Naas, ek lief jou uitdrukking!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #5 on: August 02, 2018, 10:47:16 AM »
Ek is vreeslik bederf met die sterretjies kombuis (soos liewe Heksie) data (plafonvry, sien!).  My seun betaal dit, en ma werk heerlik daarop. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #6 on: August 02, 2018, 11:06:14 AM »
Ek is dankbaar dit gaan goed met julle almal.   :hello2:   Hierdie kant het die tyd my ook ingehaal.  Sjoe, ek het gedink wanneer 'n mens met pensioen is het jy te veel tyd op hande.  Nou het ek uitgevind "n mens" het te veel om te doen.
Iemand sê noudie dag: wanneer jy met pensioen is word jy 'n mens.  Dan vertel vroulief vir jou - 'n mens moet nou hierdie doen en 'n mens moet nou daardie doen.   :icon_biggrin:


Nastasie, ek hou ook van jou sterretjieskombuisdata.  Pragtig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #7 on: August 02, 2018, 10:58:24 PM »
Tussen julle drie word 'n mens slimmer en slimmer  :headbang:

Die woordmandjie is afgestof en ek voel skatryk met my vonds: Plafonvrye data - sterretjieskombuisdata  :notworthy: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Raaitjie waar is jy?
« Reply #8 on: August 03, 2018, 04:21:11 PM »
Ek lief dit en gaan lees daar by Emmerentia se verwelkoming waar ek in haar afwesigheid van haar skinder. 
Om te weet is om te verstaan.