Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

Raaitjie waar is jy?

(1/2) > >>

PM:
Kuier of kamp jy iewers matertjie.  Ek het jou tussen die lyne verloor.  Weet jy wat het van Anastasia geword?
Ons gaan vandag Thaba toe, sal later weer kom inloer. 

Meraai vannie Baai:
Skiesie mater. Ek is hier  :headbang: Skarrel tussen navorsing vir 'n familielid en tussen terugvoering en verder grawe het tyd my ingehaal. Was besig met 'n plasing vir die forum so midde alles en een verkeerde kliek op 'n X, toe is dit skoonveld en my moed in my skoene :crybaby2:

Noorderliggie loop ek so van tyd tot tyd raak op FB. Weet sy het 'n moeilike tydjie gesondheidsgewys.

Anastasia:
Dankie vir die besorgdheid oor my, PM.  Ek is maar besig so tussen die aanlyn skoolwerk en die veg teen die ouderdom en skete.  Maar ek is hier, en ek is 'fighting fit'. 

Naas:
Sjoe! Dankie tog. Ek was ook al bekommerd dat jy ons weer verlaat het.
Ek is ook maar stillerig omdat die geld en die data my nie altyd goedgesind is nie. My seun praat daarvan om vir ons by die nuwe vinnige optiese kabels aan te sluit dan sal ons almal in die huis plafonvrye data he. 
Kan nie wag nie.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ek tel my seeninge vanoggend - ons het plafonvrye data diekant van die aardbol. Naas, ek lief jou uitdrukking!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version