Author Topic: Gebruike van asyn  (Read 6115 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Gebruike van asyn
« on: July 25, 2018, 06:48:43 AM »
Die inligting gegaps van die gevreetboek af by 'n mater wat ook gedeel het.  As ek aan asyn dink, dink ek aan slap skyfies en as Outop ons ketel uitkook met dit om die kalk te verwyder :icon_biggrin:

'n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het, maak dit weer sag.

'n Verfkwas met harde hare kan 30 minute lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.

'n Bietjie asyn in die olie, verhoud dat vleis wat in krummels gerol is, gou vasbrand in die pan.

'n Lepel asyn in die water wanneer jy 'n eier posjeer keer dat die wit versprei.

'n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.

Aanpaksels aan 'n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn

Asyn en koeksoda maak vir 'n baie goeie bleikmiddel, ontsmettingsmiddel (disinfectant) en werk beter as Handy-Andy.

Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf en vleis sag te maak.

Asyn en warm water kan ontslae raak van 'n mierplaag.

Biervlekke kan uit 'n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Citrus Soda en asyn maak 'n aangebrande pot sommer vinnig skoon!

Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water waarin dit kook gegooi word.

Gebruik een deel asyn met twee dele lyn-olie in 'n spuitbottel. Skud goed en spuit en smeer en poleer aan soos meubelpolitoer.

Gooi 'n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal 'n lieflike ligbruin kleur en 'n aangename geur aan die uie verleen.

Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.

Gooi asyn by vleis om dit sag te maak.

Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water - word sag gemaak deur die handdoeke in warm water met seep en ongeveer
'n handvol sout by (los die sout op in die water) gegooi is. Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 3 eetlepels wit asyn in die laaste uitspoelwater.

Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.

Indien jy hardnekkige watervlekke in 'n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan 'n paar uur en verwyder dan met 'n
skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)

Klein geroeste artikels kan 'n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.

Maak 'n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.

Maak 'n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag om sweetmerke te verwyder.

Maak jou stoof skoon met 'n mengsel van sout en asyn.

Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in 'n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met 'n ou
tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig.

Week pêrels slegs sowat 'n uur. Moenie pêrels oornag week nie.

Meng lou water met 'n handvol sout en 60ml asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore.

'n Teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem ook hik weg.

Neem houertjies en gooi asyn daarin, as dit kan, hoe sterker die asyn hoe beter [met ander woorde die persentasie asyn wat op die bottle staan] plaas dit nou oral rond, in die somermaande plaas ek 'n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal.
Dit verfris die vertrek en hou miskiete en vlieë weg.

Om glans terug te bring in kristalglase – gooi 'n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.

Om hoendervleis sag en sappig te hou, gooi 'n koppie asyn oor voordat dit gaargemaak word.

Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Smeer dadelik asyn aan brandwond – dit neem brand weg en keer blase.

Smeer 'n bietjie asyn op 'n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg.

Stop 'n skoon vloerlap in 'n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op 'n mat met 1 deel witasyn en
3 dele water. Wit asyn haal ook bloed en rooiwynvlekke uit matte uit.

Verwyder verfkolle op vensters met asyn.

Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

Voeg 'n bietjie asyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

Voeg asyn by uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.

Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.

Voordat 'n nuwe pan gebruik word, kook 'n bietjie skoon asyn vir 'n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand.

Vryf Koperware blink met sout en asynmengsel.

Vuil mikrogolf oond - Verhit 'n 125ml asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los.
Vee mikrogolf met sagte lap uit.

Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die
tenk leeg.

Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.
Dit voorkom verkalking.

« Last Edit: July 26, 2018, 12:28:38 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebruike van asyn
« Reply #1 on: July 25, 2018, 11:54:24 AM »
Baie dankie jou ou woorddief!  Ha-ha, ek lief jou stinkend.  (Nou mis ek my gevreetjies eers!) 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebruike van asyn
« Reply #2 on: July 25, 2018, 01:02:07 PM »
Lief jou meer  :love7: :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gebruike van asyn
« Reply #3 on: July 25, 2018, 02:29:58 PM »
PM, maak jy gebruik van die Quick reply opsie onder aan elke post. Daar is nie gevreetjies. Jy moet op reply bo aan die post klik.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebruike van asyn
« Reply #4 on: July 25, 2018, 06:21:58 PM »
O genade nou het jy my in 'n hoek!  Neeeee Naaaaas!  Ek reply altyd bo!  Jy weet mos ek is nie onderduims nie!  Oe lala!
Wat het Miss  :snorting:  (o wraggies waar, daar werk dit weer) Ek mis ons Miss  :snorting:  (varkie) 'n hond uit 'n bos uit!
Ek is so dankbaar dat onse Noordeliggie weer hier is.
Jammer, ek is nou besig om die gebruike van asyn heeltemal te oordonder.  Skuus Raaitjie, maar ek het 'n moeilike dag gehad en geniet nou die samesyn!  Sjuus, ag ek bedoek shoes, ag ek bedoek ek lief julle!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebruike van asyn
« Reply #5 on: July 27, 2018, 05:23:51 AM »
Samesyn en asyn, rym hand om die lyf, so wat se skade of skande kan afwyk vir 'n wyle tussen geliefde vrinne nou meebring?
:bootyshake: :love7:
« Last Edit: July 27, 2018, 05:27:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebruike van asyn
« Reply #6 on: July 27, 2018, 10:43:11 AM »
Dankie dat jy altyd 'n verskoning het vir my swak gedrag.   :icon_biggrin:   Dit was nog nie eers laatal  nie.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.