Author Topic: Kerriegereg met beesvleis  (Read 4201 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kerriegereg met beesvleis
« on: August 22, 2015, 01:09:14 PM »
Hierdie resep het ek gister gemaak en luister mooi, dit is nie elke dag dat my oudste vra vir die resep nie.  Ek steek altyd by hom kers op.

Dit klink na 'n hele affêre, maar die ergste is om die geurmiddels bymekaar te kry en die uie, knoffel en gemmer op te kerf.
Die res is 'n fees.  'n Mens kan sommer 'n hele laatmiddag voor die potjievuur deurbring, of maak dit op die stoof in die kombuis. 

Dit is belangrik dat jou potjie lank en stadig kook sodat al jou kruie en spesserye goed gaar word en dat die "geure getroud raak". 

Kerrie alla Petronella. 

So om en by 2 kg beesvleis.  (Ek gebruik sommer die "potjiekosvleis" met min vet en beentjies aan.)
So om en by 10 naeltjies. ('n Halwe teelepel gemaalde naeltjies kan ook werk as jy nie heel naeltjies het nie.
10 Kardamom sade, liggies fyngedruk. 
50 gram (so 'n duim lank) vars gemmer, geskil en fyn gekap.  (Gemaalde gemmer werk as jy nie vars gemmer het nie.
Knoffel soos wat jy daarvan hou.  Ek gebruik 'n heel knoffel se huisies fyngekap.
1 Teelepel turmeric
4 Teelepels vars gemaalde cuminsaad
4 Teelepels gemaalde koriandersade
'n Halwe teelepel garam masala (As jy nie het nie kan jy dit uitlaat.)
1 Teelepel kaneel
'n Half teelepel nutmeg
2 Steranys
3-4 Kerrieblare
Rissies sal bepaal hoe sterk jou kerrie moet wees.
      Ek gebruik 'n teelepel rissiepoeier (dit is te sê as ek nie vars of heel gedroogde rissies het nie) en 'n teelepel rooipeper.
2 Teelepels sout
Gooi al hierdie kruie en spesserye in 'n bakkie.

Sny drie tot vier groot uie fyn.  (Dit hang af hoe mal jy oor uie is.)
Neem so 150 ml olie en plaas dit in 'n pan en braai die uie tot ligbruin.
Gooi nou die bakkie met geurmiddels in die pan en braai nog so twee minute. 
Plaas die vleis in die uiemengsel en braai nog so 'n rukkie tot dit droog is.
Voeg nou genoeg kookwater in die pot/pan totdat alles bedek is en kook oor matige hitte totdat die vleis bykans sag is.
Skil en sny soveel aartappels as wat jy wil in die vleis en kook verder.

Neem een pomelo (grapefruit) en sny dit in die helfte.  Druk die een helfte se sap uit en rasper die skil daarin.                     Gebruik suurlemoen in die plek van pomelo as jy wil.
Voeg by die vleis en kook verder. 
As die vleis sag is en jy is tevrede met die smaak daarvan kan jy swart peper oorgooi en dit voorsit.  Onthou die bladjang!
As jy van klapper en piesangs daarby hou, doen dit!  Geniet dit en dink aan my. 

Ek kook sommer so uit die kop uit.  As ek later iets onthou wat ek vergeet het sal ek dit kom byvoeg.  Dit kan egter nie so belangrik wees nie.  Ha-ha.


« Last Edit: August 22, 2015, 01:11:30 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.