Author Topic: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?  (Read 7654 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
« Reply #15 on: August 02, 2018, 12:18:09 AM »
Dis hoeka hoekom ek so baie eet, om al daai mense te voer. En as hulle dors raak... Ek drink darem nou bietjie minder. Drie van hulle het by die AA aangesluit.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
« Reply #16 on: August 02, 2018, 12:31:09 AM »
My lagpil in vir die dag! Dankie Naas  :headbang: :`ip2:

Sou dit nie wonderlik wees as ons regtig bymekaar kon uitkom soos Anastasia voorgestel het en ons be(d)rading doen nie! Die voorreg om mekaar 'n drukkie te kon gee :icon_biggrin: Dink net aan al die gedeelde seer/spanninge/wroeginge/openhartige erkennings en en en... die geld wat ons sou spaar aan medikasie en doktersbesoeke!

Anastasia se opmerking het my diep getref: "My liggaam is in die swak fisiese toestand, geheel en al te wyte aan baie stres oor 'n lang periode in my lewe.  Dit saai verwoesting hoor."

Wil gou iets met julle deel.

Ek was hierdie week besig met navorsing (op aanvraag) oor die verband tussen o.a. die spanning van konflik en migraines. Soos gewoonlik is ek gefassineer oor hoe wonderlik ons liggame geskape is en was dit vir my 'n voorreg om te graaf en delf vir meer inligting. 

Die persoon het probleme met haar nek en spiere wat dan na enige fisiese inspanning 'n reeks migraines veroorsaak, soms tot drie, vier keer per week.

Medikasie bring verligting en is wel 'n tydelike oplossing maar die newe effekte veroorsaak ander gesondheidsprobleme wat ongelukkig weer ander medikasie benodig. Bose kringloop...

Uit haar verduidelking kon ons aflei dat die onstaan soms nie te wyte is aan die fisiese besering aan haar nek nie. In hierdie geval begin die waarskuwingsligte voor die tyd brand op 'n ander deel  ('n band wat styf strek om haar voorkop) en dan was dit gewoonlik na konflik. Veral oor ou onverwerkte situasies wat weer kop uitgesteek het. Hernude afkrap van ou rowe en elke keer groter letsels op die gees laat. Bose kringloop van spannings gepaard met migraines.

Daar is twee aspekte van migraine:

*Eerstens is daar 'n vermindering in 'n chemiese stof in jou brein nl. serotonien.

*Tweedens is daar 'n toename in die produksie van histamien.

Wat gebeur fisies met ons wanneer hierdie chemiese reaksies in die brein plaasvind?

Ons weet dat die hipotalamus die area in jou brein is wat die skakel vorm tussen ons verstand en liggaam. Dit is medies bewys deur talle nuwe navorsings dat alles wat deur ons gedagtes gaan, in 'n fisiese reaksie omskep word. Die manier waarop en waaraan ons dink, beïnvloed dus ons hele liggaam!

Die hipotalamus reageer spontaan wanneer ons byvoorbeeld angstig of negatief raak, deur die vlakke (hoeveelheid) van die  serotonien in die brein te verlaag. 
 
Wanneer die serotonienvlakke verlaag word, veroorsaak dit dat die hele sentrale gedeelte van jou brein (die diep-limbiese-stelsel) onsteek raak en dit lei tot die oor-afskeiding van histamien wat 'n chemikalieë is wat ontsteking veroorsaak!

Serotonien het verskeie funksies in die brein, waarvan een die normale deursnee (wydte) van die bloedvate beheer sodat hulle die korrekte hoeveelheid bloed aan elke area van die brein teen die regte druk kan verskaf.  Serotonien is 'n vasokonstriktor - met ander woorde hierdie chemikalieë verminder (krimp) die deursnee van ons bloedvate.

Kortliks verrig die medikasie wat ons neem om migraine te verlig,  die volgende funksies en daarom verdwyn jou hoofpyn:

• Verminder die histamienvlakke deur stadium 2 en 3 stresreaksie (wat byvoorbeeld deur vrese en angs veroorsaak word) te stop.

• Dit verhoog die serotonienvlakke (wat verminder word wanneer ons negatief oor onsself voel deur byvoorbeeld skuldgevoelens en veroordeling van ander. Herleef van seerkry in ons lewens en onvergifnis, is gif vir ons liggaam).

Serotonien is 'n gemoedschemikalieë (endorfiene) of te wel 'feel good hormone'. Hierdie hormoon is 'n neurotransmitter – ’n chemiese boodskapper in jou brein wat volgens wetenskaplikes vir ons gevoel van geluk/tevredenheid verantwoordelik is.

Navorsers glo hierdie natuurlike chemikalieë aktiveer dieselfde verbindings as wat pynstillers soos morfien doen.

“Oefening verhoog ’n hele paar gemoedschemikalieë, waaronder serotonien,” sê dr. Joseph Mercola, die skrywer van Effortless Healing. As jy nie fisies welgesteld is vir intenste oefeninge, kan joga dieselfde uitwerking hê as wat antidepressante het deur die neurotransmitters te beïnvloed,” volgens dr. Mercola.

'n Drukkie en omgee-gebare is medikasie opsigself: “Drukkies, soene, omhelsings en om hande vas te hou sal ook dieselfde uitwerking hê,” sê dr. Jenn Mann, ’n psigoterapeut. In hierdie omgee-gebare vind nog 'n wonderlike proses plaas: oksitosien - 'n chemikalieë wat ons gemoed opkikker word vrygestel.

Bronne: https://www.goeiehuishouding.co.za/8-maniere-om-jou-serotonienvlakke-te-verhoog-en-gelukkiger-te-voel/

 :toothy4: :icon_biggrin: :love7: :hello2:

https://www.goeiehuishouding.co.za/10-maniere-om-gelukkiger-oor-die-lewe-te-voel/?Upprev

As 'n gelukkige gemoed soos morfien en antidepressante kan werk, hoe keer ons dat die dinge wat ons ontstel en hartseer van vooraf veroorsaak, ons fisies siek maak weens chemiese reaksies in ons liggaam?

Dit is werklik belangrik dat ons die snellerpunte wat die rowe van ons innerlike seer weer afkrap en ons gemoed laat sweer, verwerk. Vir my was die snellerpunt 'n laning bome weerskante van die pad wat die angs en onsekerheid van wag op uitslae, weer laat manifisteer.

Angs en spanning is giftig en ons liggaam val homself aan as jy vasgevang word in 'n kroniese kringloop daarvan!

Ons mater Anastasia se woorde is dus 'n perfekte opsomming en in die kol:  "My liggaam is in die swak fisiese toestand, geheel en al te wyte aan baie stres oor 'n lang periode in my lewe.  Dit saai verwoesting hoor."








« Last Edit: August 02, 2018, 01:41:24 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
« Reply #17 on: August 02, 2018, 10:39:03 AM »
So waar en kosbare feite wat jy hier kom deel, Meraai.  Dankie ook vir die lekker binnegesprek wat ons vanoggend kon gehad het op ons facebook poskaartjies.  NAAS, jy het my nou so laat lag, ek was dankbaar dat ek nie koffie drink nie, anders was dit reg oor die skerm!  Dis die snaakste wat ek in 'n lang tyd gehoor het!  Eet om al die mense in jou kop te voer, en dat 3 gelukkig by AA aangesluit het.  Dis vrek snaaks! 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
« Reply #18 on: August 02, 2018, 11:50:22 AM »

 :icon_biggrin:   Ek het ongelukkig niemand wat in my kop raas nie.  Ek drink om my stress te verlaag, en het ek baie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
« Reply #19 on: August 03, 2018, 12:18:52 AM »
Nou weet ek van vooraf hoekom die uwe dolverlief is op die saamkuier van ons forumkringetjie. Menige dae gespot met 'ek het my lagpil in vir die dag'. Met humor tel ons mekaar op uit die gate van die lewe en dra oor die steiltes.

Ek het vanoggend die nuutste inligting oor PH navorsing ontvang op die poskoets en weereens besef hoe belangrik optimisme vir ons emosionele welstand is.

Wil graag 'n klein gedeelte hier ook deel: Optimisme is die beste gratis 'doepa' vir emosionele welsyn. Navorsing het dit bewys in 'n studie om die rol van 'Lewenstevredenheid en Optimisme' te bepaal by pasiënte met PH.

Hierdie resultate dui daarop dat emosionele welstand van mense met PH, veral met betrekking tot die vlakke van angs en depressie, beter verduidelik kan word deur die pasiënt se lewensomstandighede in ag te neem en nie die erns van hul siekte alleen nie, aangesien dit die gevolge van pulmonale hipertensie kan reguleer/moduleer," het die navorsers bevind.

Hulle het beklemtoon dat "die hoër voorkoms in hierdie monster van klinies-betekenisvolle simptome van angs, in vergelyking met depressie, daarop dui dat gevoelens van vrees en onsekerheid spesiale aandag onder pasiënte met pulmonale hipertensie vereis."

Ek wil dus 'n drukkie kom los en 'n mandjie vol dankies aan ieder en elk vir elke keer wat julle my lewensomstandighede en optimisme opgekikker het met die humor tussen lyne.

 :love7: :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: August 03, 2018, 12:32:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
« Reply #20 on: August 03, 2018, 04:45:14 PM »
Enige tyd sustertjie.  Jy het mos al gehoor: for you I de kille de bull, but for your sister I de kille de you!   :icon_scratch:   Daar is niks wat ons nie vir jou sal doen nie.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
« Reply #21 on: August 04, 2018, 06:17:22 AM »
En ek kom steeds nie oor die stemme in Naas se kop wat hy moet voer nie.  En die drie wat by die AA aangesluit het!  Ek het dit tot met my facebook maters gedeel.  Sommige mense is aspris snaaks gebore!   :hello2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!