Author Topic: Aanspreekvorm  (Read 4767 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Aanspreekvorm
« on: July 23, 2018, 04:16:30 PM »

Aanspreekvorms

Jonger kinders, tieners of selfs volwassenes spreek gewoonlik ouer persone spontaan aan as
Oom en Tannie, ongeag hul ras, klas of nasionaliteit.  Let wel:  ongeag hul ras, klas of nasionaliteit.

Hier op die platteland is dit opvallend dat die werkers almal Oom en Tannie noem.  Party noem ons Ouma en Oupa.  'n Paar dae gelede het ek gehoor hoe 'n blanke manspersoon 'n jong werker uittrap omdat hy nie sy "Oom" is nie.  Wat is tog fout met mense.  Dit doen tog geen skade nie, dit is net 'n aanspreekvorm om respek te betoon.  :crybaby2:


Nou wil ek weet.  Hoe skryf ons die oom en tannie.  Met hoofletters of kleinlettertjies?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aanspreekvorm
« Reply #1 on: July 23, 2018, 09:33:17 PM »
Soos enige naam. Wanneer jy direk met die persoon praat is die oom of tannie met hoofletters maar wanneer jy slegs van die persoon praat is dit kleinletters.
Oom, kan Oom asb vir my die sout aangee.
Die oom het vir my die sout aangegee.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Aanspreekvorm
« Reply #2 on: July 23, 2018, 10:57:40 PM »
Nou weet ek ook. In Engels is die gewoonte om persone op hulle naam te noem, ongeag ouderdom. Vir my was dit baie vreemd want ek is groot gemaak dat jy enige persoon wat tien jaar ouer as jy was, aanspreek as oom of tannie  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aanspreekvorm
« Reply #3 on: July 24, 2018, 02:23:27 PM »
As ek dit nie mis het nie skryf die Engelse Mr. and Mrs. (ens) met hoofletters in 'n sin, maar ons skryf dit met kleinlettertjies.  Reg so Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aanspreekvorm
« Reply #4 on: July 25, 2018, 01:53:07 AM »
Dieselfde geld as vir oom en Tannie.  As jy die persoon direk aan spreek is dit hoofletters maar as jy na meneer of mevrou verwys is dit klein letters.
Goeie more Mevrou Van Der Berg. Maar: More gaan mevrou Van Der Berg saam met ons.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Aanspreekvorm
« Reply #5 on: July 25, 2018, 01:55:48 PM »
Tyd om te giggel ... oor daardie 10 jaar en ouer oom-en-tannie-aanspreekvorm wat ons geleer is toe ons klein was ...
In Februarie ontmoet ek Chris se kinders, sy dogter maar 15 jaar jonger as ek en ek voel nie dat sy my tannie hoef te noem nie. Sê haar pa so oor my skouer 'tien jaar is die norm'
Toe noem ek hom oom, want hy is dan 'n ronde 11 jaar ouer as ek  :toothy4:
 
« Last Edit: August 02, 2018, 01:31:46 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aanspreekvorm
« Reply #6 on: July 25, 2018, 02:25:37 PM »
E het vanoggend vir my baas gese hy moet my assebliuef as oom aanspreek want hy is dertien jaar jonger as ek.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aanspreekvorm
« Reply #7 on: July 26, 2018, 12:18:50 PM »
Wha julle!  :hello2:   Dit voel vir my asof ons weer begin saam kuier.  Ek wens ons kon almal in 'n bus klim en saam gaan wyn proe en kaas eet.   :bootyshake:


Hoeveel keer het julle al gehoor dat die "oumense" (die voor ons) mekaar oom en tannie aangespreek het, al was hulle ouer as die ander persoon.  Dit noem 'n mens mos respek, of hoe?  :read2:
« Last Edit: July 26, 2018, 12:21:03 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Aanspreekvorm
« Reply #8 on: July 26, 2018, 11:24:14 PM »
Giggel ek lekker saam hoor.  Het 'n eie aanspreekvorm tuis vir my wederhelf behalwe 'Outop'  -  hy is vir my 'Oom Lock' uit respekte want hy is darem 8 maande ouer as ek waarop hy my gereeld wys :angel4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aanspreekvorm
« Reply #9 on: July 27, 2018, 10:11:55 AM »
Ja, maar as jy jou oortyd bytel dan maak dit jou tien jaar en agt maande ouer as hy.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.