Die Klaskamer > Taalhulp

Aanspreekvorm

(1/2) > >>

PM:

Aanspreekvorms

Jonger kinders, tieners of selfs volwassenes spreek gewoonlik ouer persone spontaan aan as Oom en Tannie, ongeag hul ras, klas of nasionaliteit.  Let wel:  ongeag hul ras, klas of nasionaliteit.

Hier op die platteland is dit opvallend dat die werkers almal Oom en Tannie noem.  Party noem ons Ouma en Oupa.  'n Paar dae gelede het ek gehoor hoe 'n blanke manspersoon 'n jong werker uittrap omdat hy nie sy "Oom" is nie.  Wat is tog fout met mense.  Dit doen tog geen skade nie, dit is net 'n aanspreekvorm om respek te betoon.  :crybaby2:


Nou wil ek weet.  Hoe skryf ons die oom en tannie.  Met hoofletters of kleinlettertjies?

Naas:
Soos enige naam. Wanneer jy direk met die persoon praat is die oom of tannie met hoofletters maar wanneer jy slegs van die persoon praat is dit kleinletters.
Oom, kan Oom asb vir my die sout aangee.
Die oom het vir my die sout aangegee.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Nou weet ek ook. In Engels is die gewoonte om persone op hulle naam te noem, ongeag ouderdom. Vir my was dit baie vreemd want ek is groot gemaak dat jy enige persoon wat tien jaar ouer as jy was, aanspreek as oom of tannie  :icon_biggrin:

PM:
As ek dit nie mis het nie skryf die Engelse Mr. and Mrs. (ens) met hoofletters in 'n sin, maar ons skryf dit met kleinlettertjies.  Reg so Naas?

Naas:
Dieselfde geld as vir oom en Tannie.  As jy die persoon direk aan spreek is dit hoofletters maar as jy na meneer of mevrou verwys is dit klein letters.
Goeie more Mevrou Van Der Berg. Maar: More gaan mevrou Van Der Berg saam met ons.

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version