Author Topic: Botswana 1B  (Read 4009 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Botswana 1B
« on: June 30, 2011, 10:26:11 AM »
Het daar gekamp vir een nag en die vlg oggend oor die delta gaan vlieg. Dit klink lekker om te hoor jy gaan een uur lank vlieg en hoekom so kort maaaaaaaar ai die stampery is na 30 minute ook nie meer lekker nie. Faffa het erg siek geraak ons ander al stiller en warmer om die kraag en benoud. Vrek mooi en interessant om delta van bo te kyk. Ons was almal baie bly om weer op die grond te wees en kon nie gou genoeg uit die benoude vliegtuig kom nie. Heelwat diere gesien ook.

Foto 0011 A

ons is nog vol smiles met die inklim in die vliegtuig, min wetende die lekker gaan verby.

Foto 0012 A


Faffa eet alleen chips. Nee, ek het hom erg jammer gekry hy was erg lugsiek al het hy seesiek pil gedrink.

Foto 0013 tot 16 A









delta uit lug.

Foto 0017 F

delta uit die lug. Dit lyk baie mooi en mens kan sien hoe baie water daar is.


Foto 0018 K


 weer veilig op die grond.

Foto 0019 A




Albertus het die regte ideë om dors te les na die benoud wees in vliegtuig.

Foto 0020 A


 faffa voel baie sleg na die vlug en sien nie eers kans om iets te drink nie.

Foto 0021 A

Nolene probeer die bottel oopmaak.

Foto  0022  A

Nolene en Alida is baie bly om iets oor die lippe te kry wat dors kan les.

Die vorige aand het ons in Crocodile Camp by Maun geslaap. Baie mooi en lekker gekuier. Daar is lekker bar wat oor rivier uitkyk en swembad ook om in af te koel. Na paar drankies is ons terug kamp toe om kos te maak. Ek bederf toe ons met lekker kreef wat ek in die pan gaarmaak

Foto 0023 F

Kobus het verjaar en ek het bottel vonkelwyn saam geneem en op die regte manier oopgemaak deur sy kop af te kap, nou weliswaar nie met my swaard nie maar sommer met ‘n lekker swaar mes.

Foto 0024 F


vonkelwyn

Ons het by Riley’s hotel in Maun aangegaan net om te kyk hoe die kroeg lyk want daar word voor in die Magnum tydskrif altyd ‘n blad afgestaan aan jag stories wat daar vertel word. Die kroeg was nog toe maar hulle het spesiaal vir ons oopgemaak om te kyk nie om iets te drink nie.Hier is Warick en Albertus in die binnehof van die hotel. Die foto’s in die kroeg wil nie lekker uitgekom het nie want die flash het in die spieel’s weerkaats.
Die kroeg se naam is Harry’s bar.

Foto 0025 A


Riley’s binnehof

Van daar ry ons toe na noorde kant toe en gaan slaap in Kazakini kamp.
Baie oulike plek sowat 30 km noord van Maun.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Botswana 1B
« Reply #1 on: July 01, 2011, 08:32:03 AM »
Dit is darem een voordeel van kiekies kyk,  'n mens voel nie die lugsiek so erg nie!   :icon_biggrin: 

Baie goeie raad vir enige bewegingsiek:  Gemmer.  Gemmerkoekies help ook baie maar daardie gemmerstukke wat so versuiker is, is net die beste!  Vra my, ek weet!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Botswana 1B
« Reply #2 on: July 01, 2011, 08:52:28 AM »
ek het al daai gehoor maar nogie beproef nie. ek gebruik epanutin wanneer ek duik.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.