Author Topic: Om lief te wees vir mooi …  (Read 1772 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Om lief te wees vir mooi …
« on: July 15, 2018, 08:01:21 PM »
Om lief te wees vir mooi …

Dis ‘n lieflike, maar ysigkoudkoue Sondagoggend, iewers reën dit dalk, of sneeu; elders net die ysblou lug waar die wind aanvoelbaar ver onder vriespunt is. Dis nou in die Vrystaat in ons mooi land. By iemand van julle is dit heerlik warm, of matig, of soos jy daarvan hou …

Ek hou van mooi om my. Romanties en sagmooi in my kamer en my badkamer; mooi in my leefvertrekke en my kombuis; mooi in die tuin (al lyk dit nou na niks) Dit beteken nie dat ek hiper-netjies is nie, inteendeel. Maar tussen die mooi in my huis, daar leef ek. Daar staan ek op, eet en slaap ek. Mooi beteken nie klinies nie.

Ek is baie lief vir die natuur, veral wanneer dit groen en blomryk is. Maar ek gaan haal die mooi in die woestyn of die rotsagtige strand ook, waar daar min groen is, en nog minder blomme. Selfs in droogtetye laat God, op die naaste aan normale tye, nog kleur in veldblomme verf.

En so is God se liefde vir ons mense ook. Hy is baie meer as ons, lief vir mooi. Daarom wil Hy ons verander; ons in ons woestynlewe mooi maak. Hy wil hê dat ons moet blom waar ons geplant is.

Is jy dalk nou woestyn, met drie jaar selfs sonder dou? Is jy dalk ‘n wydblou see sonder horison of kantomsoomde strand, soms kalm, maar meestal stormagtig rof?

Raak dan stil en gee oor. Gee jouself, jou lewe en jou huis oor aan Hom wat jou geskape het; jou lewe en asem gegee het. Laat Hy jou mooi maak. Laat Hy jou hart en siel en gees vul met geur en kleur, of dit rose en orgideë, of vetplantjies en karoobossies is. En blom-vertel met jou elkedag-lewe sy Evangelie, sodat enigiemand dit kan raaksien. 

Here, ek kom na U toe met elke streek wat nog smag na reënwater, elke dier en plant wat nog swaarkry soos ons mense, en ek smeek U, Here van die heelal, verlig asseblief hierdie dele se droogte. Op baie plekke is dit nog lewensgevaarlik droog. Gee uitkoms in die oorvloed van U genade. Maar ook dankie, dankie vir die reën wat U al oral gegee het, vir genade en oorvloed-seëninge. Laat ons land en mense nog steeds besef dat dit nie gaan oor onsself nie, maar om verootmoediging voor U, terugdraai na U. Om Christus ontwil, sy lyding uit liefde vir ons, smeek ons hiervoor. Amen amen Here.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Om lief te wees vir mooi …
« Reply #1 on: July 15, 2018, 10:58:57 PM »
Hoe kosbaar! Vandag neem ek hierdie woorde van jou met my saam op die lewenspad: En blom-vertel met jou elkedag-lewe sy Evangelie, sodat enigiemand dit kan raaksien. 
 :icon_salut: :notworthy:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Om lief te wees vir mooi …
« Reply #2 on: July 16, 2018, 08:59:32 AM »
 :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Om lief te wees vir mooi …
« Reply #3 on: July 18, 2018, 06:36:21 PM »
Dan vra hulle vir my hoekom drink ek, dan vertel ek vir hulle, as ek so 'n bietjie gedrink het, dan sien ek net die mooi dinge en ek huil oor my vriendin se mooi vertelling, want ek assosieer met haar siening en ek gee oor!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.