Author Topic: 14 Julie 2018  (Read 1682 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
14 Julie 2018
« on: July 14, 2018, 08:55:47 PM »
Goeie middag versvriende
Ek het die laaste week drie keer direk gehoor dat ons ons sonde moet bely en vergifnis bo-aan enige iets moet stel, in ons onblusbare geloof in God. Wat 'n voorreg!
Ek het verder gaan lees ....

‘En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.’ (Luk 4:41) Satan weet dat die God wat hemel en aarde geskape het en in wie ons van harte glo, die enigste God van ewigheid tot ewigheid is. Hier vertel Lukas hoe Jesus die duiwels stilgemaak het.

Hoeveel keer in jou lewe het jy al gewens iemand kon eerder stilgebly het oor jou? Skinder, noem ons dit. Want dit gaan oor ons sonde, ons swakhede, ons foute en gebreke. En daar word altyd ekstra stertjies aangelas. Soms gaan dit oor ons hartseer en trane, en soms oor ons berou en dan ook, wil almal weet wat het jy verkeerd gedoen. En kry ons menswees nie lekker oor ons naaste se foute nie, o ja, ons verlustig ons daarin, veral as iemand iets reggekry het wat jy nie kon nie, en toe geval het.

Maar hoe voel jy as die skoen aan die ander voet is en niemand oor jou goeie dade praat nie? Minderwaardig? Later sommer die hoenders in, ja selfs vernederd. Jy sal nie weer iets vir dié of dáárdie vriend of familielid of instansie doen nie; selfs kerk bedank as dit daarop aankom. Ons eie-ek is darem só belangrik. En die fondse wat jy skenk, maak jou darem mos stukke beter mens, as dié aan die verkeerde kant van die spoorlyn.

Maar wat sou Christus doen as Hy nou in jou skoene sou staan?

Jesus Christus het die duiwels stilgemaak, omdat hulle nie tóé al moes vertel wie Hy werklik is nie. Hy moes as mens, nog ‘n jaar of drie hier op aarde wees. En hulle kon nie oor Hom skinder nie, want Hy is volmaak. Daar was niks om oor te skinder nie.

Mense, soos die Fariseërs, het egter dinge opgemaak, gelieg en sy woorde verdraai … enigiets solank hulle net goedkeuring by die Romeine kon kry om Hom dood te maak omdat hulle Hom gehaat het, want Hy het hulle foute uitgewys. Hy het dit gedoen omdat hulle met verwaandheid gedink het hulle is volmaak. Maar Hy het nooit die nederiges se foute uitbasuin nie.

‘En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal …’ (Luk 23:2) Maar aan die kruis het Hy gesê: ”Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” (Luk 23:34)

As Jesus nou in jou skoene kom staan, sal Hy nie elkeen vir wie jy kwaad is, vergewe en sy Vader vra om daardie persoon, en ook vir jou, te vergewe nie? Moet ons nie dieselfde doen nie?

Gaan heen en lê jou berou en bekentenis voor God neer en vra sy ewige vergifnis. Mag jy dan met ‘n ligte hart, verder in Jesus se voetspore volg.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 14 Julie 2018
« Reply #1 on: July 18, 2018, 07:17:21 PM »
Ek glo ook aan vergifnis.  In teen deel, ek is te dom om iets teen iemand te hou, want more het ek klaar vergeet van die onreg wat ek beleef het.
Ek wil myself ook nie belas met "ander se sondes nie".  Dit is regtig hul eie probleme en hulle moet die las maar self dra.  Ek wil nie my eie lewe versuur met haatdraende gevoelens nie. In kort:  ek vergewe vir my eie saligheid, vir my eie vryheid!


Jesus het 'n wit lendedoek gedra.  ???  Wat beteken dit vir jou?  Die lendedoek het Sy skaamdele bedek. (Wit beteken vlekloos).  Dit beteken ons moet mekaar se sondes en "skaamdele" toe maak. 
Ons is eintlik veronderstel om mekaar se sondes te bedek.  Ons moet vir mekaar opstaan en mekaar beskerm, nie beskinder nie.

Liefde is 'n gawe!  Dit is nie almal beskore om lief te hê nie en ek bedoel, liefde sonder voorwaardes. Ek was vandag by 'n byeenkoms en ek het eenkant allen gesit en almal bekyk, van die een na die ander en ek het die warm gevoel wat in my hart opgedam het ontleed en tot die gevolgtrekking gekom:  ek het hulle lief, sonder voorwaardes.  Almal van hulle, selfs die wat ek nie ken nie.  Daar en dan het ek dank betuig!  Dankie vir die liefde wat in my hart vasgelê is.  Dankie vir die Heilige Gees wat my Meester is.  Dankie,  baie baie dankie! Dankie vir die liefde!
« Last Edit: July 18, 2018, 07:22:20 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 14 Julie 2018
« Reply #2 on: July 18, 2018, 11:03:56 PM »
WOW! Ons besef nie altyd hoe belangrik vergewensgesindheid vir ons eie gesondheid is nie. Die stres wat bitterheid meebring knak menige kniee. Dankie Adele en PM vir hierdie bydrae. Liefde is voorwaar een van die kosbaarste gawes wat ons ontvang het.